Saturday, December 26, 2015

Advent afsluiting - Vrede


“The word ‘advent’ means expectation,” Giglio explains. “It is building into our framework of Christmas the confidence that God is going to come through for us.” – Louis Giglio

Isa 9:6-7 ANV  (9:5) Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.  (7)  (9:6) Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

Die implikasie van ‘n vredevors….heerskappy wat uitbrei, vrede en voorspoed bring. Hy sal regeer,reg en geregtigheid sal geskied en Hy sal daarvoor sorg.

In die OT word die woord vrede (shalom) meer as 250 keer gebruik wat beteken: Completeness/Wholeness….in die NT word die woordjie (Eirene) ( kom 91 keer voor) gebruik wat beteken: “om ‘n omgewing te skep waarin seën en voorspoed gekweek word”

Luk 10:5-6 ANV  As julle in 'n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis.’  (6)  As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom.

Elke mense het hierdie begeerte na vrede, ek en jy is gemaak vir vrede, ons is desperaat vir vrede, hierdie omgewing van seën en voorspoed.

Ons uitdagings: ‘n Weeskind mentaliteit, ons ingesteldheid oor die lewe, hoe ons optree.

Hoe lyk hierdie vrede?

Eph 1:3 AMP  May blessing (praise, laudation, and eulogy) be to the God and Father of our Lord Jesus Christ (the Messiah) Who has blessed us in Christ with every spiritual (given by the Holy Spirit) blessing in the heavenly realm!

Elke mens op hierdie aarde sonder Christus is ‘n weeskind (victim), hulle het nog nie ontdek dat hulle het ‘n Vader wat dit moontlik gemaak het deur Jesus dat alles wat hulle nodig het is beskikbaar…in kort, daar is ‘n oop hemel oor ons, alles wat ek in Christus kan vind is myne. Ek dink ons het nodig om desperaat te raak oor wat ons het.

Desperaatheid lei of na ‘n plek van mismoedigheid (ek het so lankal vertrou, maar het nog nie gebeur nie) of dit lei na ‘n plek van geloof.

Hoe werk dit? Ek het nodig om te weet dat ek inkoop op God se visie, die oomblik as ek dit weet, dan belyn ek myself sodat wat ek ookal vra in Sy naam sal Hy vir my doen…dit is die plek tussen mismoedigheid en geloof. God sal niks antwoord as dit my “purpose” op hierdie aarde ondermyn nie!!!

Act 3:19 AMP  So repent (change your mind and purpose); turn around and return [to God], that your sins may be erased (blotted out, wiped clean), that times of refreshing (of recovering from the effects of heat, of reviving with fresh air) may come from the presence of the Lord;

Petrus genees ‘n kreupel man wat so gebore was en praat met die mense oor hoe hulle hulself sien

Geestelik beteken “die sien van die bonatuurlike”. Jesus se lewe is vol hiervan (Luk 4), die vrou wat aan bloedvloeiing gelei het, die melaatses wat hy gesond gemaak het, die legioen duiwels wat Hy in die varke gejaag het.

“People often come to me and ask me to pray for them, that they would discover God’s will for their life. I already know God’s will for their life – heal the sick, raise the dead, cast out devils, cleanse lepers. They say, ‘Yes, but I need to know if I should be a schoolteacher or a missionary.’ I say, ‘Well, just pick one, and then heal the sick, raise the dead, cast out devils, cleanse lepers.’ Or they will say, ‘I just don’t know whether I should be married or should be single.’ I reply, ‘What do you want to be?’ ‘I really want to be married.’ ‘Then get married... and heal the sick, raise the dead, cast out devils, cleanse lepers.” ― Bill Johnson, Manifesto for a Normal Christian Life

Tweede element van oorvloed is….

Joh 10:10 AMP  The thief comes only in order to steal and kill and destroy. I came that they may have and enjoy life, and have it in abundance (to the full, till it overflows).

Ons bid baiekeer net oor die eerste gedeelte, Here gee vir my ‘n antwoord, ek gaan vas tot ek die antwoord het. Jesus se lewe het nie gagaan om ‘n antwoord te kry vir die probleme nie, dit het gegaan oor ‘n lewenswyse van vas en gebed sodat wanneer Hy die probleem tee kom Hy weet hoe om op te tree, Hy het geleef in oorvloed. Hierdie is net moontlik in ‘n plek van Rus.Hoe maak ek seker ek is in Rus?

1. Versterk jouself in die Here (1 Sam 30:6 – Dawid se storie..hulle wil hom kruisig,
2. Bewaar die gesindheid van jou hart (Spr 13:12 AOV ‘n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ‘n wens wat uitkom, is ‘n lewensboom.)

Jack Coe se storie oor die vloed: Grootste vloede in die VSA, Kansas City.…p369-370

Hier was ‘n man wat homself versterk het in die Here en in die midde van dit alles sy hart bewaar het. 2016 verdien mense wat hulle purpose in God sien, wat so desperaat is vir die Here se teenwoordigheid in elke plek wat hul instap, dat hul wyer om op te gee maak nie saak wat die uitkoms nie.

We’ve been designed as a resting place for the Spirit of God, changing every environment that we walk into – Bill Johnson

Thursday, December 24, 2015

Advent - 'n Christus Fees

Advent - 'n Christus Fees

Wat beteken Advent? – Latynse woord Adventus – aankoms, afwagting, verwagting
“Advent is a time of  – Expectant Waiting
      Hopeful Anticipation
      And Cheerful Preparation” – Louis Giglio


Die profete het ‘n afwagting geskep dat ‘n Messias gaan kom wat verlossing gaan bring.

Die afwagting was nie vir ‘n kind nie, maar vir ‘n Koning.

Jes 9: 5 Want ’n Kind is vir ons gebore,
’n Seun is aan ons gegee.
Hy sal die heerser wees
met die koninklike titels:

  • Wonderbare Raadsman,

(Woorde kan nie Sy liefde, wysheid en grootheid beskryf nie. Hy is die Koning wat die antwoord vir elkeen van ons het.)

  • Magtige God,

(Hy is by magte om te doen ver bo wat ons kan bid, dink of vra)

  • Ewige Vader,

(Sy koms strek oor tydsgrense heen. Sy hart is die van ‘n omgee Vader, wat die beste vir jou soek)

  • Vredevors.

(Sy teenwoordig bring innerlike vrede)

Dit is die belofte waaraan die engel Maria kom herinner het.

Luk. 1:31 Hy het jou uitgekies vir ’n spesiale taak: jy sal binnekort begin verwag. Een van die dae sal jy ’n Seun in die wêreld bring. Jy moet Hom Jesus noem. 32 Hy sal baie belangrik wees; so belangrik dat Hy die Seun van die allerhoogste God genoem sal word. 33 Die Here God sal Hom aanstel om te heers oor die koninkryk van sy voorvader Dawid. Jesus sal vir altyd oor Israel regeer. Sy koningskap sal nooit ophou nie; nooit nie.”


Die afwagting word vervul: Jesus kom betree ons wêreld

Luk 2: 9 Skielik het ’n engel van die Here aan hulle verskyn en die glans van die Here het om hulle geskyn. Hulle het vreeslik bang geword, 10 maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou! 11 Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore! 
13 Skielik was daar saam met die engel ’n groot menigte ander engele, ’n leërskare uit die hemel, wat God prys:
14 “Eer aan God in die hoogste
hemel, en vrede op aarde
vir almal in wie Hy ’n welbehae het.”

Dan begin ‘n storie van ‘n Ewige Vader omvou waar Hy die bron van:
  •  Hoop
  • Vrede
  • Blydskap en
  • Liefde raak.

Hy kom en  stap in die dissipels se lewe in en sê: “Volg my!”
Hy word n vriend vir Lasarus, Maria en Martha.
Hy daag Saggeus uit om sy lewe te belyn met God se wil vir Hom.

Jy raak die Koning wat leiding kom gee.

So kom Jesus in ons “elke-dag-lewe" en wil die Koning van jou  lewe wees.
Jesus wil jou uitdaag om te groei,  te verander en te volg,  sodat jy in Hom, blydskap, vrede, hoop en liefde kan f.

Om Hom te volg is dit om bewus raak van God met ons en ONS MET GOD.

Om Hom in elke oomblik te sien en toe te laat dat Hy as Koning ons kan lei.


Saturday, December 19, 2015

Advent - week 4


WAT IS LIEFDE?

Wie van julle onthou die ‘Love is …’ cartoons:
- Letting her have the first bite
- Finding time for each other
- Not letting him go to work without a kiss
- Sharing everything
- Having your picnic indoors on a rainy day
- Saying a prayer for each other every night
- Catching a break together
- Someone to cuddle during a storm
- Seeing in him what others cant see
- A lazy morning sleep-in
Dis alles sulke normale, alledaagse goed.
Die belangrikste boodskap was EK IS SAAM MET JOU
Luk 2:10-11 (GNB)
But the angel said to them, "Don't be afraid! I am here with good news for you, which will bring great joy to all the people.  This very day in David's town your Savior was born---Christ the Lord!

Tussen Maleagi en Mattheus is daar 400 jaar se stilte
Profete het nie gepraat nie
Dan word Jesus gebore
Hy word genoem Immanuel – God met ons

GOD GEE SY TEENWOORDIGHEID

Joh 3:16
Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy Seun gegee het ….

Omdat God lief het gee Hy, dis die aard van liefde
Hy gee nie ‘n fancy kar, mansion, vakansie ens nie
Hy gee iets baie meer waardevol as dit! Sy Seun.  Sy teenwoordigheid.  Hy is by ons.
‘Moenie bevrees wees nie – Ek is by jou!’ Herhaal telke male in skrif
Nog voorbeelde –
- Tuin van Eden – God wandel met die mens in Genesis
- Joshua – Elke plek waar jy jou voet neersit is ek met jou/ Soos ek met Moses was sal ek met jou wees
- Jesus praat van die HG – Ek los jul nie as weeskinders nie, maar ek stuur die Trooster.
Jdg 6:12(AOV) En die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die HERE is met jou, dapper held!
Jdg 6:13  Toe vra Gídeon Hom: Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die HERE ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.
Jdg 6:14  Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?
Jdg 6:15  Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie.
Jdg 6:16  Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.

Let op die transformasie van die bangste man in die Bybel voor en na hierdie ontmoeting met God.
Daar is krag/sterkte in die teenwoordigheid van ‘n ander persoon.
Hoeveel te meer nie met God nie!
‘Teenwoordigheid’ volgens woordeboek –
- Iets was bestaan maar nie met die blote oog gesien kan word nie
- ‘n groep polisiemanne of soldate gestasioneer in een plek
- Indrukwekkende verskyning van ‘n persoon

Ek weet nie van jou nie, maar ek stoei so bietjie met die gedagte – ek wil liewers die persente he, die antwoorde, die maklikste roete …
Trippie na Amerika/antwoorde/seilboot & anker

Kunswerk

2Jn 1:12 (MSG)
I have a lot more things to tell you, but I'd rather not use paper and ink. I hope to be there soon in person and have a heart-to-heart talk. That will be far more satisfying to both you and me.

Tyd met die Here - gejournal
Laaste 3 maande se journals, kan ek sien waarmee God besig is
Ek het nie al die antwoorde, maar Ek voel connected met Hom, ek het verander om meer soos Hy te lyk, ek het insig en sien goed op n ander manier
Ek voel Hy is betrokke in my lewe.
Nou kan ek sien Hy praat wel met my

Job 33:14(MSG)  God always answers, one way or another, even when people don't recognize his presence.
Job 33:31(MSG)  "Keep listening, Job. Don't interrupt--I'm not finished yet.
Job 33:32  But if you think of anything I should know, tell me. There's nothing I'd like better than to see your name cleared.
Job 33:33  Meanwhile, keep listening. Don't distract me with interruptions. I'm going to teach you the basics of wisdom."

Om suksesvol te kan bestaan vereis ‘n verhouding met God.
Daar is geen ander manier om vervuld te kan leef nie.

GOD VERLANG JOU TEENWOORDIGHEID

Nes Jesus se teenwoordigheid ‘n geskenk was aan die mensdom
Is jou teenwoordigheid ‘n geskenk aan die wêreld om jou.
Hul benodig nie jou ‘PRESENTS’ nie, maar jou ‘PRESENCE’.

Joh 20:21(GNB)  Jesus said to them again, "Peace be with you. As the Father sent me, so I send you."
Joh 20:22  Then he breathed on them and said, "Receive the Holy Spirit

Act 1:6(AOV)  Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?
Act 1:7  En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;
Act 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Jy gaan nie altyd al die antwoorde hê.
Jou teenwoordigheid is genoeg
Krag kom in die teenwoordigheid van die Persoon van Jesus.

My ma & wiskunde eksamens

Martin Luther King – voel oorweldig – staan vir reg en geregtigheid – Ek is by jou

David Hogan – na 5 weke ministry trip oppad huistoe – wil net slaap – business class – op vliegtuig terug na ekonomiese klas – omgekrap – man hartaanval en oorlede – opgewek uit die dood uit – besef God het hom daar nodig gehad.

Hierdie Kersfees het Jesus jou nodig in jou familie, werksfunksie, gemeenskap
Sodat hulle die teenwoordigheid van Jesus kan ervaar.
Sy liefde vir hulle sê EK IS MET JOU!

Act 4:13(AOV)  En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.

Saturday, December 12, 2015

Advent - week 3

“The word ‘advent’ means expectation,” Giglio explains. “It is building into our framework of Christmas the confidence that God is going to come through for us.” – Louis Giglio

Wat beteken Advent vir my?

Kersfees ‘n tyd van hoop, ‘n Redder vir die mensdom. Hoe meer ek myself herinner aan dat ek ‘n Redder nodig het hoe meer vier ek Sy geboorte.
Kersfees ‘n tyd van vreugde, Christus wat mens word sodat ek en jy in oorwining kan leef op hierdie aarde. Dit help my om nader te kom aan die realiteit van Christus se geboorte.

Aansteek van die kers
Kers 1: Pers Kers van die profete en Hoop
Kers 2: Pers Kers van Bethlehem en Voorbereiding
Kers 3: Pienk Kers van die Herders(restorasie) en Vreugde (joy)
Kers 4: Pers Kers van die Engele en Liefde
Kers 5: Wit Kers van Christus en Reinheid

Luk 2:8-15 ANV  Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.  (9)  Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik.  (10)  Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is.  (11)  Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!  (12)  En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.”  (13)  Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê:  (14)  “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!”  (15)  Nadat die engele van hulle af weggegaan het na die hemel toe, sê die skaapwagters vir mekaar: “Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het.”

Herstel van vreugde

Nehemia 8
‘n profetiese prentjie van herstel, herstel van vreugde
Die vyand kom in en breek die mure af en dit steel van hulle
Mure – mure van ‘n stad was belangrik om die stad te beskerm teen die vyand, in ons persoonlike lewens beleef ons dat die vyand breek in, in ons stad en ons herbou nie weer daardie mure nie dan word dit leuens wat ons glo en waarmee ons saamstem met die vyand.
Hulle is depressief en platgeslaan
Nehemia begin om te bid en die koning vra vir hom wat is fout en die Here begin ‘n proses wat in 70 jaar nie kon gebeur het nie en in 52 dae bou hulle die mure
Hulle bou die mure en hulle is besig om die die tempel te herbou in hoofstuk 8 vind hulle die Bybel (Wet van Moses)
Kom die hele volk bymekaar staan hul op aandag (alles in Hebrews – lees die wette van oggend tot aand en dan hardloop die priesters rond en verduidelik dit vir die mense

Neh 8:9 ANV  (8:10) Nehemia die goewerneur, die skrifgeleerde priester Esra en die Leviete wat die gemeente onderrig het, het vir die hele gemeente gesê: “Hierdie dag word gewy aan die Here julle God. Moenie treurig wees nie, moenie huil nie.” Dit was omdat die hele gemeente gehuil het by die aanhoor van die wet.

Wat gebeur, ‘n oomblik van genade (ou testament praat baie van verlore kondisie), die woord word gelees mense sien God se standard hier en hulle lewenswyse hier en hulle het nooit geweet daar is ‘n verskil nie, dan begin hulle te huil.
Wat intressant is die priester hadloop ronde en dan sê hulle vir die ouers moenie huil nie.
Hierdie dag is heilig – ek het altyd gedink heilig en ween is in dieselfde kategorie, Dit is wat jy doen om heilig te word, jy vertel vir almal hoe sleg jy is hang jou skouers, sit ‘n ernstige gesig op, dit is heilig. Moenie die heilige dag opmors met geween en klagtes nie

1Pe 1:15-16 MSG  As obedient children, let yourselves be pulled into a way of life shaped by God's life, a life energetic and blazing with holiness.  (16)  God said, "I am holy; you be holy."

Neh 8:10 AMP  Then [Ezra] told them, Go your way, eat the fat, drink the sweet drink, and send portions to him for whom nothing is prepared; for this day is holy to our Lord. And be not grieved and depressed, for the joy of the Lord is your strength and stronghold.

Die woordjie “grieved” beteken om pyn te beleef – hy se stop om daardie pyn te beleef. Hoekom want die vreugde van die Here is jou sterkte. Ons gaan fees vier. Hier is my standard, hier is God se standard, ek moet my sondes bely ek is nie goed genoeg nie, Nee jy het nodig om my te aanbid, ek kan net ‘n liedjie sing of ek kan met vreugde aanbid. Dit is moeilik om Sy goedheid te besing as jy nie weet jy is aanvaar nie. Vreugde in die storie is ‘n keuse.

Neh 8:11-12 AMP  So the Levites quieted all the people, saying, Be still, for the day is holy. And do not be grieved and sad.  (12)  And all the people went their way to eat, drink, send portions, and make great rejoicing, for they had understood the words that were declared to them.

In die wêreld verbly(rejoice) ek my omdat ek blydskap(joy) beleef
In die koninkryk het ek blydskap (joy) omdat ons onself verbly (rejoice)

Php 4:4 ANV  Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
(cheerfulness)

Stop om seer en skuld te voel, kom ons hou partytjie.
Blydskap volg wanneer ek myself verbly in die Here. Vreugde is ‘n werk aan die binnekant van my en jou. Ons is mense van geloof om uitdrukking te gee aan geloof het ek nodig om myself te verbly (rejoice).
Die wolk van negatiwiteit en skuld en seer kan nie bly as ek myself verbly in die Here nie
Wanneer begin ek hier vreugde beleef ? Wanneer ek verstaan wat Hy sê, wanneer Hy met my begin werk dan is dit wanneer ek vreugde beleef, nie wanneer Hy klaar is met my nie, wanneer ek klaar is met die krisis of deur dit is nie maar wanneer Hy met my werk in dit.
Hier is Sy standaard, hier is my lewe…
Laat ek erenstig wees oor vreugde…rich in spirit, will lead to richness on te outside.


“I find joy in every day, not because life is good, but because God is good.”

Skrifte om te lees
Psalm 126:1-6
Zephaniah 3:14-20
Philippians 4:4-7

Bediening
Miskien op jy die plek van ‘n doodloopstraat, soos ‘n engel wat verskyn hier is goeie nuus vandag, Hy het jou verlos…verbly jou in Hom.

Saturday, December 5, 2015

Advent - Week 1&2



Advent

Hoekom vier ons Advent? – Intensionele tyd uitkoop om ons harte in te stel en te fokus op wat Christus vir ons kom doen het.

Wat beteken Advent? – Latynse woord Adventus – aankoms, afwagting, verwagting
“Advent is a time of  – Expectant Waiting
  •       Hopeful Anticipation
  •       And Cheerful Preparation” – Louis Giglio


Simbool van die Advent Krans:
-       Immergroen blare – Altyd groen, lewendig en vars
-       Ronde krans – Nimmereindigend, geen begin of einde
-       5 Kerse:
-       Kers 1: Pers Kers van die profete en Hoop
-       Kers 2: Pers Kers van Bethlehem en Voorbereiding
-       Kers 3: Pienk Kers van die Herdes en Vreugde
-       Kers 4: Pers Kers van die Engele en Liefde
-       Kers 5: Wit Kers van Christus en Reinheid

Kers 1 – Profete en Hoop
Wag oomblikke in ons lewens (rye, verkeer, wagkamers, ens, teenoor tye van afwagting en verwagting (songsopkoms, wolke wat saampak, swanger vrou)
Storie van Ou Testament is ‘n storie van afwagting en verwagting. Gevul met slawerny, dood, donker en oorlog. Talle stories wat wys na ‘n plek  van verwagting van ‘n Redder of ‘n Messias wat moet ingryp.
Stories wat wys na ‘n belofte wat vervul gaan word, ‘n Redder wat oppad is en alles wat reggestel sou word.
574 verwysings na die verwagte Messias en Redder wat oppad is.
(Isa 7:14)  Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.

(Zec 9:9)  Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel—op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselin.

 (Isa 9:6)  (9:5) Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—

Num 23:19  God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie

Kersfees is oor meer as geskenke, familie en lekker eet. Dis die vervulling van ‘n belofte. ‘n antwoord op gebede.

Kersfees is Gid se Koningkryk wat op ‘n visuele, tasbare manier deurbreek na die aarde toe.

Dis ‘n God wat sê: Ek het nie van jou vergeet nie, jy kan op my reken.
Dis ‘n God wat sê: Moenie opgee nie, byt vas.
Dit is ‘n teken dat God ‘n waarmaker van Sy Woord is.
Kersfees is ‘n lig wat in ‘n donker wêreld aangesteek word.
Dis ‘n God wat sê: In my is elke belofte ja en amen

Kersfees is Hoop.

Rom 15:13 Oh! May the God of green hope fill you up with joy, fill you with peace, so that your believing lives, filled with the life-giving energy of the Holy Spirit, will brim over with hope!

Kers 2

Bethlehem: Huis van Brood
(Deut 8:3)  En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.

Kersfees is ‘n tyd van voorbereiding. ‘n Tyd waar jy jou hart voorberei vir dit wat Christus in jou en met jou wil doen. Ook ‘n tyd waar jy dalk die pad moet gaan voorberei in iemand anders se lewe om bewus te word daarvan dat God in hulle lewe betrokke is en wil wees.

2e Advent

Net soos wat die Jode in afwagtig was op die koms van die Messias, so is ons in afwagting vir Christus se wederkoms

(Joh 14:3)  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.









                                                           

Saturday, November 21, 2015

Original: Moses se lewenslesse oor verhoudings.

Original: Moses se lewenslesse oor verhoudings.

Die vakansieseisoen is voor die deur, dit is gewoonlik ‘n tydperk wat ons met vriende en familie spandeer.

1 Petr. 1:22 ... Julle kan mekaar dus as medegelowiges regtig liefhê. Daarom moet julle sorg dat julle mekaar van harte liefhet, al vra dit inspanning.

Petrus gee ons die opdrag om mekaar lief te hê, ten spyte van ons verskille.

In Moses se lewensverhaal is verskillende verhouding intriges ingevleg waarby ons lesse kan leer.

Les 1 Die Here stuur mense op ons pad om ons lewens aan te vul.

Ex 4:10 Moses het by die Here gepleit: “Ag, Here, ek is nie goed met my mond nie. Ek was nog nooit iemand wat goed kon praat nie. Selfs waar U nou hier met my praat, haak my tong vas.”

14 Toe het die Here Hom vir Moses vererg. “Goed,” het Hy gesê. “Wat van jou broer, Aäron, uit die Leviete? Hy kan tog goed praat. Hy is alreeds op pad om jou te kom ontmoet. Hy gaan baie bly wees om jou weer te sien. 15Jy sal vir hom voorsê wat om te sê. Ek sal julle help om te praat en vir julle sê wat moet gebeur. 16 Aäron sal namens jou met die volk praat. Hy sal jou mond wees.

Ons moet besef ons het mekaar nodig.
Die erkentenis van ons tekortkominge sal toelaat dat ons mense intrek in ons lewe.

 Jy het mense nodig wat jou kan:
Motiveer en aanmoedig.
Help om jou drome in te kleur.
Begelei met wysheid en inspraak.

Aaron was altyd langs Moses om sy hande ophoog gehou te hou.

Ex 17: 11 Solank Moses sy hand in die lug opgehou het, was Israel aan die wenkant. Sodra hy sy hand laat sak het, het die Amalekiete die oorhand begin kry. 12 Moses se arms het naderhand begin moeg word. Aäron en Hur het hom op ’n klip gaan laat sit. Hulle het weerskante van hom gaan staan en sy hande in die lug gehou totdat die son ondergegaan het. 13Josua kon toe Amalek en sy volk verpletterend verslaan.


  • Ons het “Aaron” vriende nodig om ons arms (gemoed) om hoog te hou. 
  • Goeie vriende wat kan saam lag en saam huil. Rom. 12 :15
  • Die sleutel is om eerlik te wees en bereid te wees om jou lewe met ander te deel.


Gal 6 2 Sien raak wanneer ander gelowiges swaarkry en help hulle. Tel hulle probleme op julle skouers en dra dit vir hulle. So doen julle presies wat Christus van julle verwag. Dit is immers sy wet dat julle mekaar moet liefhê.

Sien raak ander mense se swaarkry.

Dra hulle laste saam met hulle
Bou ander op met woorde van lewe.
Bid saam met mense.

Kersfeeswenk: Skryf ‘n persoonlike boodskap van waardering en opbouing vir almal wie saam met jou kersfees vier.

Moses het ingetap in ander se wysheid.

Ons het nie net vriende nodig om ons ego te streel nie, maar ook om eerlik met ons te wees.

Jetro was so ‘n vriend Ex 18:8

Moses maak sy hart oop teenoor Jetro.

Ex 18: 8 Moses het vir sy skoonpa haarfyn vertel van alles wat die Here met die farao en Egipte laat gebeur het ter wille van Israel. Hy het ook vertel van al die probleme wat hulle langs die pad teëgekom het en hoe die Here hulle daarmee gehelp het.

Vriende luister nie net om ‘n antwoord te gee nie, maar om iemand se hart op te tel.
Partykeer het ons nie eens nodig om raad te gee nie, maar die feit dat ek regtig luister bring klaar genesing en in baie gevalle insig.

Wanneer eerlike raad nodig is moet ons bereid wees om dit te deel.

Ex 18 17 Sy skoonpa sê toe vir Moses: “Jy hanteer die saak nie reg nie. 18 Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie.
Raad kan ook in die vorm van vermaning wees: Bv. as jy nie breek met die gewoonte in jou lewe nie kan dit baie skade in jou lewe bring.

As gelowiges moet ons bereid te wees om self die donker van  ons lewe met ons naby vriende te deel.

Jak 5 16 Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking.

Wanneer ons mense toelaat in ons lewe, moet ons ruimte maak dat hulle ons kan teleurstel.

Net so het Aaron sleg van Moses gepraat: Num 12:1-13
Moses het hom vergewe

Oor die feesseisoen kan klein dingetjies groot irritasies veroorsaak.
Vra jouself af of dit die moeite werd is om jou vrede prys te gee vir die situasie.

Maak ruimte dat mense, dinge anders as jy kan doen.

As iemand jou seer gemaak het, bevry jouself deur te vergewe.










Saturday, November 14, 2015

Original: Die storie van Petrus:


Original: Die storie van Petrus: 

Petrus se verhaal leer ons die grootheid van die Here se genade. Daar is altyd nog ‘n kans.

Verhaal 1:  Petrus se roeping : Matt.  4:18-23

Agtergrond: Volgens die Joodse tradisie het Petrus nie gekwalifiseer om ‘n dissipel van ‘n Joodse Rabbi te wees nie. Dit is waarom hy die ambag van sy pa gevolg het.

Les: Jesus as Rabbi kies Hom (ons) die een wat nie al die kwalifikasies gehad het nie, om Hom te volg en aan Sy voete te kom leer.

Verhaal 2 Petrus loop op die water Matt 14:22-32

Agtergrond: Petrus volg Jesus blindelings. Hy glo dat as Jesus op die water kan loop hy ook kan. Die oomblik wat hy op die water loop begewe se geloof hom en sink Petrus.

Les.1 As Jesus sê kom, loop op die water,  volg Hom dan roekeloos in geloof.
Les 2  Jesus leer Petrus om Hom blindelings te vertrou en weer op die water te loop.

Verhaal 3. Petrus verloën Jesus: Luk 22:32-36 en 54-62
Agtergrond: Jesus waarsku Petrus dat hy gaan versoek word en moet vas staan.  Tydens die oomblik  versoeking verloën  Petrus Jesus.

Les 1 Luk 22 32 ... maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie moet begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou medegelowiges ondersteun.”

Jesus leer Petrus (ons) dat wanneer ons foute maak ons nie die waarheid van Sy genade moet miskyk nie en weer moet opstaan.

Les 2 Wanneer ons val, hardloop na Jesus en bely, belyn jou daarna met die Here se uitspraak oor jou lewe. Luk 22:62

Les 3. Jesus reik uit na Petrus  (jou), om sy hand te vat sodat hy weer kan opstaan en herstel kan word na sy oorspronklike plan.  Joh 21: 15-19

Petrus se lewensles uit sy ervaring: 1 Petrus 

1 Pert 5: 12 ... Die doel met my brief is om julle te bemoedig en te verseker dat die genade van God met julle is, ongeag wat met julle gebeur.

Die opsomming van 1 Petrus

Les 1 Wees versigtig en besef,  die duiwel gaan jou aanval en wil jou vernietig.

1 Petr 5: 8 Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.
9 Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly. Julle weet mos: Dwarsdeur die wêreld verduur lede van God se gesin dieselfde soort lyding.


Les 2 Die Here wil Sy krag vir jou gee om sterk te staan.

1 Petr 5 10 In sy genade het God julle geroep om in Christus deel te hê aan sy ewige heerlikheid. Nadat julle ’n kort tydjie swaargekry het, sal Hy julle self weer herstel; Hy sal julle moedig, sterk en standvastig maak. 11Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen.

Les 3 Wat moet jy doen: Besef Hy is jou bron en kom sit aan Sy voete waar jou siel gevoed word met Sy waarheid en krag.

1Petr 5:5... “God is téén dié wat te veel van
hulleself dink,
maar dié wat besef hoe afhanklik
hulle van Hom is,
aan húlle
gee Hy sy genade.”
6 Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op sý tyd sal Hy julle groot maak. 7 Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.




 

Saturday, November 7, 2015

Original - Ester



1.  Kan God my regtig liefhê soos sy eie Seun?
2.  Ek het teveel “issues” vir die Here
3.  Ek is vir die Here ‘n projek, so ek moet Hom beïndruk met wat ek doen

Rom 8:15 ANV  Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.

Rom 8:15 AMP  For [the Spirit which] you have now received [is] not a spirit of slavery to put you once more in bondage to fear, but you have received the Spirit of adoption [the Spirit producing sonship] in [the bliss of] which we cry, Abba (Father)! Father!

Rom 8:15 MSG  This resurrection life you received from God is not a timid, grave-tending life. It's adventurously expectant, greeting God with a childlike "What's next, Papa?"

Iemand wat hierdie vrae deur haar storie, iemand want soos ‘n kind alles van die Here wil inneem en met so ‘n verwagting wil sien wat is aan die ander kant van die gordyn op ‘n avontuur is Ester

Die storie van Ester…

Die boek is heelwaarskynlik geskryf deur haar Neef Mordegai of Esra
Dit was tydens die tydperk van Koning Ahasvéros van Persia.

Hoofstuk 1-2: Ester word gekies as koningin.
Hoofstuk 3-4: Haar Oom Mordegai wil nie voor Prins Haman buig nie. Haman beplan om die Jode te vernietig.
Hoofstuk 5-10: sien ons hoe Ester die planne van Haman bekend maak en die resultaat is dat Haman gehang word en Ester se deursettingsvermoë en geloof red die volk.

Est 2:7 ANV  Mordegai het as voog opgetree vir Hadassa, dit is Ester, die dogter van sy oom, want sy was 'n weeskind. Dié meisie was mooi, sy was baie mooi. Ná die dood van haar pa en ma het Mordegai haar as dogter aangeneem.

1. Wat beteken dit as ons sê God kan ons nie dieselfde liefhê as Sy Seun nie?

Vasti se storie…

Est 1:11 ANV  Hy het hulle beveel om koningin Vasti, met haar kroon op, na hom toe te laat kom sodat hy vir al die mense, al die hoë amptenare, kon wys hoe mooi sy is. Sy was 'n baie mooi vrou.

Om haar te sien, te respekteer te geniet en ten volle te vertoon. Wanneer die Here sê ek is lief vir jou wil ek jou in jou oë kyk, ek wil jou geniet en ek wil vir jou wys dat almal wat hier voor jou sit jou respekteer omdat hulle kan sien hoe lief ek jou het.

Ester se storie…

Est 2:17 AMP  And the king loved Esther more than all the women, and she obtained grace and favor in his sight more than all the maidens, so that he set the royal crown on her head and made her queen instead of Vashti.

Liefde as ‘n demonstrasie (omhels, emosie gevoel, uitbarstings) van ‘n wonderwerk. Omdat jy die wonderwerk kan sien wat God in jou gedoen het is daar ‘n uitbarsting van vreugde, emosie en opgewondenheid. Ek en jy is deel van ‘n familie wat my waarde kan sien en nou het ek guns want daar is verhouding.

Storie oor Midstream vanaf Durban.

2. Ek het teveel “issues” vir die Here, my “issues” neem die plek van die Here

Twee opsies:
Mordegai wees met “issues” of ‘n Haman wees met “issues”

Haman se agtergrond
Hy was ‘n afstameling van die Amalékiete, Amalék het terwyl Israel Uit Egipte getrek het, het Amalék agterna getrek en die wat swak was uitgewis en Hy het geen vrees vir die Here gehad nie (Deut 25:17-19). Israel het hul tweekeer oorwin en Haman het dit nie vergeet nie. Hy het die koning gemanipuleer om wette uit te vaardig en om die Jode dood te maak (Ester 3) Mordegai wou nie voor hom buig nie (Ester 5:10-14). Die koning kan nie slaap nie en vra sy diensknegte om die Kronieke te lees, hy lees van Mordegai

Mordegai soek die Here, skeur sy klere…gee oor aan die Here
Net soos in Haman se geval versweg ons issues ons partykeer of dit neem die plek van die Here.

Ek het twee opsies….

Est 6:7-10 ANV  Toe antwoord hy die koning: “Met die man aan wie die koning graag eer wil bewys, moet soos volg gehandel word:  (8)  daar moet 'n koninklike kleed gebring word wat die koning self aangehad het en 'n perd waarop die koning self gery het, 'n perd met die koninklike embleem op sy kop.  (9)  Die kleed en die perd moet oorhandig word aan een van die hoogste amptenare van die koning, en dié moet die kleed aantrek vir die man aan wie die koning graag eer wil bewys. Die amptenare moet die man dan op die perd oor die stadsplein laat ry en voor hom uitroep: So word gemaak met iemand aan wie die koning graag eer wil bewys!”  (10)  Toe sê die koning vir Haman: “Vat dadelik die kleed en die perd en maak soos jy voorgestel het met die Jood Mordegai wat in die poort van die paleis sit. Jy moet niks nalaat van wat jy voorgestel het nie.”

Mordegai….

Jas 4:7 MSG  So let God work his will in you. Yell a loud no to the Devil and watch him scamper.

Haman…

Hebrews 12:15 (Phillips)  "Be careful that none of you fails to respond to the grace of God for if you do there can spring up in you a bitter spirit which can poison the lives of many others."

Haman se “issues” verswelg hom (hy word gehang op sy eie glag) – Ester 7:9-10

3. Ek is nie vir die Here ‘n projek nie ek is Sy Seun/Dogter.

Est 4:14-17 ANV  As jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!”  (15)  Ester het toe vir Mordegai laat weet:  (16)  “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal ook vas. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, moet ek maar omkom.”  (17)  Mordegai is toe weg en het alles gedoen wat Ester hom beveel het.

Vas – maak toe jou mond en geniet.

My doel as seun/dogter van die Here vind ek net op een plek…dit is voor die Koning, in sy teenwoordigheid. Weet jy wanneer stooi ek die meeste met ek is nie goed genoeg nie, my issues is te veel, Hy het my nie lief nie, ek is geafronteerd met die Here want Hy het nie gedoen wat ek gevra het nie…ek het nodig om die Here te geniet, op my mat te gaan lê sonder om enige iets te vra en soos ‘n kind te sê Pappa hier is ek, ek wil jou net geniet, maak my vol van Jou.

Prestasie is selfverheffing sonder intimiteit.
Ek en jy sal altyd dit dra waarvan ons die meeste bewus is.
Ek het agtergekom, mense wil nie graag met my kuier as ek net oor myself praat nie, as ek hulle wil misbruik om my goed te maak werk maar hulle nie sien as waardevol nie. Ek dink dit is met die Here ook so.
Koninkryk kan net gebeur van ‘n plek van intimiteit

“Jesus never scolded anyone for coming to Him because they wanted a gift, instead what He did was provided them with a miracle that directed their heart toward the Father…. if you find His hand look up, He’s connected.” – Bill Johnson

Saturday, October 24, 2015

Original: Jona


Original Jona

Ons gesels in die  reeks oor normale mense, net  soos ons,  wat ‘n groot impak gemaak het en waarby ons lewenslesse kan leer.

Jona is een van die Bybelkarakters waarmee ons onsself kan identifiseer.

Jona kry ‘n direkte opdrag van die Here, maar hy kies om die opdrag te vermy.

Jona.1:1  Die Here het vir Jona, die seun van Amittai, geroep om sy boodskap te gaan oordra. Hy het vir hom gesê: 2 “Gaan sê vir die groot stad Nineve dat Ek hulle gaan straf. Hulle sonde is so groot dat dit al aan die hemel raak.”

Die boek Jona se sentrale tema gaan oor die vraag waarom hy nie God se opdrag uitgevoer het nie.

Jona 1: 3 Jona het die Here se opdrag probeer ontduik. Hy het weg van Nineve af in die teenoorgestelde rigting na Tarsis toe gevlug

Wat is die hardlklop waarom Jona en in baie gevalle ons, nie ons lewe belyn met Jesus se roeping vir ons nie?

Jona 4 

Die antwoord kry ons in Jona 4. Hier help God hom om by die wortel van sy probleem  uit te kom.

Jona gaan sit buite die stad, en is teleurgesteld dat God nie die stad verwoes het nie.

Die storie maak ‘n interessante draai.

Die Here voorsien in sy direkte behoefte en dit verander sy gemoed.

Jona 4: 6 Die Here God laat toe ’n wonderplant opkom. Dit het ’n skaduwee oor Jona gegooi wat dit vir hom baie gemakliker gemaak het. Jona was baie bly oor die wonderplant.

Die Volgende oggend stuur die Here ‘n  wurm om die wonderplant op te eet

Jona 4: 7 Maar die volgende oggend toe die son opkom, stuur God ’n wurm. Hy het aan die plant begin vreet en dit het veroorsaak dat die plant doodgaan.8 Die son het al warmer geword. Soos die dag vorder, het God ’n skroeiende warm wind uit die ooste laat waai. Die son het so warm op Jona gebrand en hom so gedaan gemaak dat hy naderhand gewens het dat hy tog maar liewer dood was.

Hy sê toe weer soos hy gesê het: “Dit is beter as ek nie verder lewe nie.”

Toe sy eie gemak verander toe is Jona weer ongelukkig.

Les : Die Here is besig om Jona te leer dat die lewe nie net oor hom gaan nie.

Jy moet ook jou geluk kan vind in God se wonderwerke in ander se lewens.

Jona 4:10 “Nou toe nou,” sê die Here vir hom. “Jy dink jy het die reg om kwaad te wees oor ’n plant waarvoor jy nie ’n oomblik moeite gedoen het om dit te laat groei nie, wat oornag op sy eie opgekom en weer net so verdwyn het. 11 Maar jy wil nie hê Ek moet bekommerd wees oor die groot stad Nineve nie, waarin daar meer as 120 000 mense bly wat nie reg van verkeerd kan onderskei nie en waarin daar so baie diere is. Het Ek nie die reg om My oor hulle te bekommer nie?”

Jona word geleer om met selfsug, sy eie voorkeure en sy eie gemak  te breek en God se passie vir ander mense te ontdek.

Ontwikkel 'n hart vir 'n stad

Hy leer dat die Here ‘n passie vir ‘n  stad het, en God wil hê hy moet sy hart daarmee te belyn.

  • Die Here bekommer hom oor ons studente wat nie kan studeer nie
  • Oor huwelike wat uitmekaar val. 
  • En Hy het n passie dat n stad moet verander na n plek van lewe.


Die woord passie beteken – Ek is bereid om deur pyn te gaan, Om ‘n martelaar te raak vir n saak.
Passie vir God beteken jy sal jou eie gemak prys gee, om die Koninkryk van die  Here te help vestig.

Jy voel dalk om die wêreld te verander is onmoontlik
Maar die Here vra dat jy n passie vir JOU wêreld sal ontwikkel:

  • Jou werksomgewing
  • Jou blyplek 
  • Jou vriendekring


Jona se ongehoorsaamheid het  amper veroorsaak dat die stad Nineve nie God se genade beleef nie. Die een wat benadeel word is die een wat moes ontvang.

Ons dien ‘n  God van tweedekanse.

Toe Jona terug gaan na die stad – toe beleef die stad n transformasie

Jona 3:6 Toe die koning van Nineve hoor wat Jona sê, het hy van sy troon af opgestaan en sy koninklike klere uitgetrek. Hy het rouklere aangetrek en op ’n ashoop gaan sit. 7 Die koning en sy amptenare het toe die volgende bevel deur die stad gestuur: “Niemand nie, nie eers die diere, mag enigsins iets eet of drink nie. 8 Almal moet rouklere aantrek en ernstig tot God bid. Almal moet ophou om kwaad te doen en geweld te pleeg.

Beginsel: Jou uitreik na JOU wêreld, dra daartoe by om DIE wêreld n beter plek te maak.

Lees Matt 25:31-46
Jou omgee se rimpel effek raak God se hart,

God se hart vir ‘n stad 

 Jer 29: 4 Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel. Hy sê vir al die mense wat Hy uit Jerusalem uit laat wegvat het na Babel toe: 5“Bou vir julle huise in Babel om in te bly. Maak vir julle tuine en eet die kos wat uit die tuine kom.
7 Doen ook julle deel dat daar vrede en voorspoed in Babel sal wees. Vra ook in gebed vir die Here dat dit goed sal gaan met die stad waar julle aangekom het toe julle uit julle land weggevat is. As dit met Babel goed gaan, sal dit ook met julle goed gaan.”

Die opdrag is om God se vrede en voorspoed vir n stad te soek, sodat dit goed kan gaan.
Shalom = Heelheid, oorvloedige lewe.

Les: as dit met die stad goed gaan, gaan dit met Jou goed.

God se ingryping in Nineve het nie net tot die bekering van mense gelei nie, maar tot restourasie van
die stad.

Jona 3:8 Almal moet rouklere aantrek en ernstig tot God bid. Almal moet ophou om kwaad te doen en geweld te pleeg.

Ons betrokkenheid moet tot transformasie lei. Jer 29:4-7

Hoe kan ons transformasie bring? 

Jer 29: 4 Die Here is sterker as alles en almal.
7 Doen ook julle deel dat daar vrede en voorspoed in Babel sal wees

Luk 10:2 Dít was sy instruksies aan hulle: “Die oes is só groot, maar die werkers is so min. Bid tot die Here wat in beheer is van die oes, en vra dat Hy meer werkers in die veld sal stuur. 3 Gaan nou, en onthou dat Ek julle soos lammers tussen wolwe instuur

1. Ons is geroep om n teenoorgestelde gees in n omgewing  te bring.
As daar suinigheid en vergrype is – word ‘n kampvegter vir oorvloed en regverdigheid.

2. Verhoog die geestelike klimaat in jou omgewing.

Jer :29: 7 Vra ook in gebed vir die Here dat dit goed sal gaan met die stad waar julle aangekom het toe julle uit julle land weggevat is
Luk 10 : 5 “Elke keer wanneer julle ’n huis binnegaan, spreek die vredesgroet daaroor uit.
9 Genees die siekes wat daar woon, en sê vir hulle: ‘Die koningsheerskappy van God is nou naby julle.’

Begin bid vir jou omgewing, jou werksplek.
Waar nood is laat die Heilige Gees se gawes deur jou beweeg.

3. Raak prakties betrokke by jou omgewing
Jer 29:5 “Bou vir julle huise in Babel om in te bly. Maak vir julle tuine en eet die kos wat uit die tuine kom.

Saturday, October 10, 2015

Knowing God - ‘n Hart vir Heelwees


To Know God, and to make Him Known

Week 6

‘n Hart vir Heelwees

For my determined purpose is that I may know Him, that I may progressively become more deeply and intimately acquainted with Him, perceiving and recognizing and understanding the wonders of His Person more strongly and more clearly, Philippians 3:10a AMP

God skep ons met ‘n hart om Hom te ken, sodat ons Hom kan vertrou.
Yadah – Om intiem te ken

En Ek sal hulle ‘n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart. Jer 24:7

God our Creator vs. God our Created – Bonhoeffer

There’ll be no limits to the wholenss He brings. Is. 9:7 Msg

Op sy reis na Jerusalem toe het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan. Net toe Hy 'n sekere dorpie wou binnegaan, kom tien melaatse mans Hom tegemoet, maar hulle bly op 'n afstand staan en roep hard: “Jesus, Here, ontferm U oor ons!”  Toe Hy hulle sien, sê Hy: “Gaan wys julle vir die priesters.” Op pad daarheen het hulle gesond geword. En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys. Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank. Hierdie man was 'n Samaritaan. Toe sê Jesus: “Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege dan? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers 'n Jood is nie?”  En vir hom sê Hy: “Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.” LUKAS 17:11-19 AFR83



Sleutels vir Heelword:

Goddelike rus
Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”
Matthew 11:28-30 MSG

“Believers think they must do, do, do. But Christ says: It is done, done, done!” – Joseph Prince

Liggaamlike Genesing

Goddelike Ruiltransaksie
But he was wounded for our transgressions, he was bruised for our iniquities: the chastisement of our peace was upon him; and with his stripes we are healed. Isaiah 53:5 KJV





Saturday, October 3, 2015

Knowing God - Versoeking


Waarom is dit, dat dit wat ons nie wil doen nie – doen ons? Hoekom kry ons dit nie reg nie?

Is ons beskadigde goedere? Gekraakte erdekruike? Is daar iets met ons verkeerd of is dit deel van die menslike natuur, ons menswees?

Elke gelowige word geroep tot 'n lewe van integriteit, maar die vyand van itegriteit is versoeking.

1Kor 10:12 – 13
Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar
God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek 
word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat
julle dit sal kan verdra. 

Wat is versoeking – Versoeking is enige iets wat vervulling belowe ten koste van gehoorsaamheid aan God. 

Waarhede rakende versoeking:
1.  Dit is nie sonde om versoek te word nie
Heb 4:15
Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

2. Jy is nooit groter as versoeking nie – jy is nie bo versoeking 
1 Kor 10:12
Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

3.  God versoek ons nooit nie
Jak 1:13 – 15
Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God       kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle               ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

    Every temptation—is an invitation—to depend on Christ

4. Daar is altyd ‘n uitkoms
1 Kor 10:13
maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

2 Kor 12:19
“My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 

God’s solution to our vulnerability is to embrace His word on our needs