Saturday, October 3, 2015

Knowing God - Versoeking


Waarom is dit, dat dit wat ons nie wil doen nie – doen ons? Hoekom kry ons dit nie reg nie?

Is ons beskadigde goedere? Gekraakte erdekruike? Is daar iets met ons verkeerd of is dit deel van die menslike natuur, ons menswees?

Elke gelowige word geroep tot 'n lewe van integriteit, maar die vyand van itegriteit is versoeking.

1Kor 10:12 – 13
Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar
God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek 
word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat
julle dit sal kan verdra. 

Wat is versoeking – Versoeking is enige iets wat vervulling belowe ten koste van gehoorsaamheid aan God. 

Waarhede rakende versoeking:
1.  Dit is nie sonde om versoek te word nie
Heb 4:15
Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

2. Jy is nooit groter as versoeking nie – jy is nie bo versoeking 
1 Kor 10:12
Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

3.  God versoek ons nooit nie
Jak 1:13 – 15
Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God       kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle               ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

    Every temptation—is an invitation—to depend on Christ

4. Daar is altyd ‘n uitkoms
1 Kor 10:13
maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

2 Kor 12:19
“My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 

God’s solution to our vulnerability is to embrace His word on our needs



No comments:

Post a Comment