Saturday, September 26, 2015

Knowing God - Vrienskap


God wil jou vriend wees: 

Een van die mooiste gedagtes wat ons verhouding met Jesus beskryf is die woorde, vriend van God
Jesus self verwys daarna in Joh 15

Die gedeelte bou op na die beginsel vriend van God

Joh 15: 9 “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet aan my liefde verbonde bly. 10 As julle my opdragte gehoorsaam, sal julle aan my liefde verbonde bly, net soos Ek ook die opdragte van my Vader gehoorsaam het en aan sy liefde verbonde gebly het. 11 Dit het Ek vir julle gesê sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees.

God is vir ons:
Omdat God ons liefhet en ons belange op Sy hart dra, is dit maklik om Hom te vertrou.
Daarom wil ek gehoorsaam aan Hom wees.
Die resultaat is volkome blydskap.

John 15:14 Julle is my vriende as julle doen wat Ek aan julle opdra. 15Ek noem julle nie meer slawe nie, want ’n slaaf weet nie wat sy eienaar doen nie. Julle noem ek lankal vriende, omdat Ek alles wat
Ek by my Vader gehoor het, aan julle verduidelik het.

Slaaf – Dit gaan oor die belange van die eienaar en hy moet daarvolgens presteer.
Vriend – Die Here het jou lief en jy is vir Hom belangrik. Ons reageer op Sy liefde.

Dieper dimensie van verhouding

Hebr 10:10 Dít is nou die verbond
wat Ek hierna met die volk Israel
gaan sluit, verklaar die Here:

Ek sal my opdragte inskryf
in hulle verstand
en Ek sal dit in hulle harte
graveer.

Les: Jou  intuïsie, jou gewete, spontane gedagtes is meer as net jou gedagtes. Dit is God se inspraak in jou lewe.

Hebr 10:10 b ... Ek sal hulle God wees
en hulle sal mý volk wees.
11 En hulle sal nie nodig hê
om elkeen sy medeburger
te onderrig en vir sy broer te sê:
‘Jy moet die Here
leer ken’ nie.
Want elkeen van hulle,
van die kleinste tot die grootste,
sal My ken.

Les: Die Here wil in ‘n persoonlike verhouding met elkeen van ons lewe.

12 Ek sal My ontferm oor hulle
ongeregtighede
en Ek sal nooit weer
aan hulle sondes dink nie.”

Les : Die Here bewys jou genade, alles wat afstand kon bring, het Hy deur die kruis verwyder.

Hebr 10:19 Broers en susters, ons het dus nou deur die bloed van Jesus volle vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan. 20Hy het hierdie nuwe, lewegewende pad wat deur die binneste voorhangsel tot by God gaan, vir ons oopgemaak deur vir ons te sterf.


Deur God se vriendskap: verander Hy ons lewe sodat ons lewe al hoe meer in lyn met Sy lewe sal kom.


Daarom moet ons doelbewus tyd skep waar ons Sy hart kan optel.

Een van die woorde wat gebruik word om hierdie oomblikke saam te vat, is gebed.
Gebed is die versamelnaam van jou verhouding met die Here.

Dialoog. God praat met ons

Lees Ps 5 1-3 en beleef die fokus op dialoog
Ps. 5:2 Hoor tog wat ek sê, Here!
Luister hoe ek my hart teenoor U leegmaak. Ek kreun.
3 Red my as ek om hulp kom smeek. U is my God, die Een wat my lewe beheer.
Daarom bid ek tot U.
4 U sal hoor as ek soggens vroeg met U praat, Here.
Soggens sal ek my hart oopmaak en wag op u antwoord.

Ek gee oor aan Sy leiding.  Ek soek Sy hart meer as net om my gedagtes bekend te maak.

Alle tye
Omdat gebed se fokus op vriendskap is, sê Jakobus dat ons ten alle tye moet bid.
Wanneer dit goed gaan en wanneer ons swaarkry moet ons bid.

Jak 5 :13 Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor. En dié wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere sing nie.


God praat terug

Wanneer ons God se leiding begin soek, neem “toevalligheid” toe.

Jy begin antwoorde vind, in jou selgroep, boeke wat jy lees, ens.

Hebr 10 verwys verder na die belangrikheid om saam met ander die lewe te ervaar en die Here daarin te beleef.
Hebr 10 24 Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade.25 En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie

Hierdie ‘saam-oomblikke” is geleenthede waar God deur vriende in ons hart graveer.

Die Here praat as ons aanbid

Dit is in tye van saam wees wat ons Hom aanbid.
Waar ons hart tydens aanbidding ontvanklik is om meer van Hom te ontdek.

Lees Ps 145 en sien hoe God homself openbaar tydens aanbidding.

Die Here praat deur die Bybel 

Een van die belangrike geleenthede wat ons  moet skep om God se hart op te tel, is wanneer ons Bybel lees.Ons moet toelaat dat die Here, deur Sy Woord te mediteer, ons hart verander.

Dieselfde woord vir Meditasie is herkou.

  • Die kerkvaders het dit soos volg verduidelik:
  • Om die Bybel te lees is om soos ‘n bees kos in te neem.
  • Tydens die herkou, laat jy toe dat  God met jou praat, jy haal die voedingstowwe uit die kos.
  • Die sluk verwys na ons wat met God praat. Jy “commit” jouself aan Hom.
  • As die kos deel word van wie jy is, dan pas jy die woord toe.

 
Verbeeldingsgebed
Om die Here se waarhede in die Bybel te ontdek moet jy ook jou verbeelding gebruik.

Lees die storie en plaas jou binne die verhaal.
Beleef: ryk, proe hoor en sien.
Laat Jesus se optrede jou inspireer.

Jesus nooi jou ’n eenheid met God: ’n Intieme verhouding waarin alles gedeel en gegee word en ons lewe diep met God wandel. Hierdie tipe verhouding vra ’n intensionaliteit in hoe ons ons tyd spandeer en met Hom sit.

No comments:

Post a Comment