Saturday, September 5, 2015

God Is ...


Die Bybel gebruik verskeie metafore om God te beskryf: 
Brood van die lewe
Die Blink Môrester
Hy is die Alpha en Omega

Wat is jou metafoor van God?


Moses se lewensverhaal.

Moses leer God ken deur verskeie geleenthede waar God Homself openbaar het.

Die EK Is …
Ex 3 13  Moses het egter teëgestribbel: “As ek by die volk van Israel kom en vir hulle sê: ‘Die God van julle voorouers het my na julle toe gestuur,’ sal hulle my nie glo nie. Hulle sal vra: ‘En wie is Hy eintlik?’ Wat moet ek dan vir hulle sê?”
14God het hom geantwoord: “Ek is soos wat Ek is. Sê maar net vir hulle: ‘Ek Is het my na julle toe gestuur.’”

Die Here 
Ex 6: 2 Die Here het verder vir Moses gesê: “Ek is die Here.3Ek het My aan Abraham, Isak en Jakob voorgestel as ‘God die Almagtige’. Hulle het My nie geken as ‘die Here’ nie.

God van Genade 
Exo 34:6  En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy  (HERE) geroep (publish, proclaim): HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;

God soek “fellowship” met ons, sodat jy Hom beter kan leer ken.

Open 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die fees-ete saam geniet.
God openbaar Hom in die konteks van jou omstandighede.
God die geneesheer.
God die beskermheer.

Openbaring 4: 8
Hulle het dag en nag, sonder enige ruspouse, aanhou sê:
“Heilig, heilig, heilig
is die Here God
die Almagtige,
Hy wat was en wat is
en wat kom.”

Aanbidding is 'n sleutel om God te ontdek.
Wie Hy was – Wat het jy al van Hom ontdek.
Wat is Hy nou vir jou.
Soek Hom elke dag, om Hom beter te leer ken.

God openbaar homself, sodat jy Hom met jou hele lewe sal vertrou.

Openb 4 9 Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, Hy wat vir altyd lewe, 10val die 24 ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir altyd lewe en sit hulle krone voor die troon neer en sê:


God is in jou more
Die Here vind jou nie net waar jy nou is nie, maar wil jou neem na meer.


Ontdek 

God is lewe: Hy is die bron van jou lewe.
God is lig: Sy krag het duisternis in jou lewe gebreek.
God is liefde:  Onvoorwaardelike liefde.
God is goed: God is altyd goed, jou optrede bepaal nie God se optrede teenoor jou  nie.
God is alomteenwoordig: Jy kan dieselfde kwaliteit verhouding met God hê as Jesus met God die  Vader het.

Laat die nagmaal ‘n herinnering wees van jou ontdekkings van God. 

1 kor 11: 23 Dít is wat die Here self gesê het en wat ek destyds aan julle oorgedra het net soos ek dit ontvang het. In die nag waarin Jesus verraai is, het Hy brood geneem 24en nadat Hy God gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam, dit is vir júlle. Gebruik dit ter herinnering aan My.”25Net so het Hy die wynbeker ná die maaltyd geneem en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond wat verseël is deur my bloed. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, ter herinnering aan My.” 26Want elke keer as julle hierdie brood eet en uit hierdie beker drink, verkondig julle die Here se dood totdat Hy terugkom.

No comments:

Post a Comment