Saturday, September 19, 2015

Knowing God: I am

Knowing God:  I am.

God het vooraf ‘n beeld oor wie ons moet wees. Wedergeboorte is die herstel van God se oorspronklik beeld van die mens. Hierdie beeld van wie ons is kan ons in Sy Seun Jesus sien

Rom. 8: 29 Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word.

of soos die Message vertaling dit stel. Rom 9: 29-30 God knew what he was doing from the very beginning. He decided from the outset to shape the lives of those who love him along the same lines as the life of his Son. The Son stands first in the line of humanity he restored. We see the original and intended shape of our lives there in him. After God made that decision of what his children should be like, he followed it up by calling people by name. After he called them by name, he set them on a solid basis with himself. And then, after getting them established, he stayed with them to the end, gloriously completing what he had begun.

Jesus was die eerste van wie ons is, 'n voorbeeld van God beeld na wie ons gemaak is.

Rom 8:29 … en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word. Op hierdie manier sal Christus

Jesus die oudste seun wees, omring deur baie broers en susters.
Wedergeboorte is die aflê van my ou mens en die opneem van n totale nuwe mense
Dit is ook die simboliek van die doop. Met die Doop vereenselwig ek my met my nuwe identiteit.

Rom 6 4 Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef. 5Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot ’n nuwe lewe.

Omdat ek ‘n nuwe identiteit opgeneem  het, deur my ou mens af te lê,  verklaar dit my onskuldig van die verlede.
My verlede bepaal nie meer wie ek is nie, maar my nuwe identiteit in Christus.

Kol 2: 14 Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. 15Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.

n Voorbeeld van ‘n gelykenis waar identiteit en onskuld verduidelik word, is in Luk 15, die verlore seun.


  • Die Kleed is die simbool van wie jy is. Jy is nou deel van ‘n nuwe Koninkrykfamilie.
  • Die ring, Jy dra nou die gesag van die familie.
  • Die Skoene, verwys daarna dat  jy is nie n slaaf van die verlede is nie.

Wat God oor my se dit is ek.

Die krag van verandering begin om my self as veranderd te sien. Hoe meer jy jouself sien in jou nuwe identiteit, hoe meer gaan dit ou optrede verander.

Lesse uit Gal 2: 19 en 20

Gal 2: 19 en 20.  Gevolglik leef ek nou vir God. Ek is saam met Christus gekruisig. 20 Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf.

In die tuin van Eden het die mens homself as god gekroon.

Gen 3: 4 Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, 5maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”

1. By wedergeboorte lê ek myself af en maak God die Koning van my lewe.
Gal 2;20 Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my

St Patrick
Christ beside me, Christ before me,
Christ behind me, Christ within me,
Christ beneath me, Christ within me,
Christ to the right of me, Christ to the left of me,
Christ in my lying, my sitting, my rising,
Christ in the heart of all who know me,
Christ in the tongue of all who meet me,
Christ in the ear of all who hear me.


2. Christus leef nou in my Gees
Hy het nie net kom woning maak nie, maar wil deur my leef.

3. Die lewe wat ek op aarde lewe word beïnvloed deur Jesus wat deur my lewe.

Gal 2:20 ... Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God,
Hy vul my gedagtes  met wysheid, passie en lewensbeginsels
Ek glo dit.
Ek rig my lewe daarvolgens.

No comments:

Post a Comment