Saturday, October 29, 2016

Vaderskap: Ons verantwoordelikheid om ander te leer

Vaderskap 2 

Ons het ‘n verantwoordelikheid om ander te dissipel.

Die vraag is:  “Hoe lyk  dit prakties?”

Jou doelwit 

Hebr 5:12 As ’n mens dink aan hoe lank julle reeds gelowiges is, moes julle eintlik al self onderrig in die geloof gegee het. En nou het ’n mens werklikwaar weer nodig om julle die mees elementêre aspekte van die woord van God te leer!

Jou doelwit is om die basiese fondasie beginsels:
te verstaan.
toe te laat dat dit jou lewe verander.
en dit aan ander te leer.

Moenie by ‘n kind bly nie.

Hebr 5: 12 ... Julle is soos babatjies wat nog net melk kan drink en nie vaste kos kan inneem nie.13 Mense wat nog van melk leef, kan nie werklik saampraat oor die suiwer leer nie. Hulle is dan nog maar net kinders

Groei as ‘n  jongman wat stories het om te vertel.

Hebr 5:14 Vaste kos is bedoel vir grootmense – vir hulle wat in die skool van die lewe ingeoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.

Daar is twee basiese omgewings waarin jy as Vader kan optree:
In groepslewe (lewenswyse)
Een tot een (Proses).

In groepslewe.

Die eerste lees ons in Hebr 12:12

Wees dan versigtig, broers en susters. Maak seker dat daar nie by enigeen van julle ’n verkeerde gesindheid van ongeloof posvat wat julle vervreem van die lewende God nie

Les 1 Ongelukkig beweeg mense maklik weg van wat hulle glo.
As jy alleen is, is daar niemand om jou te keer nie,

Maar...
13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word

Ons moet mekaar aanspoor (motiveer, herriner, vermaan)

En so mekaar help, om nie weg te beweeg van ons nuwe lewenswyse nie.
1. Let op na mekaar se lewenswyse.
2. Gebruik jou, stories van oorwinning en waarhede wat jy geleer het.
3. Praat vanuit genade en egtheid.

Een tot een (Proses)

1 Kor 4:14 Wat ek skryf, bedoel ek nie kwetsend nie, maar om julle te vermaan soos ’n mens maak met kinders wat jy liefhet. 15Want selfs al sou julle tienduisend ander leermeesters hê om julle omtrent Christus te onderrig, het julle net een geestelike vader. Ek het tog julle vader in Jesus Christus geword toe ek die Goeie Nuus aan julle verkondig het. 16Daarom vra ek julle dringend: Volg my voorbeeld!
17 Ek het Timoteus juis om hierdie rede na julle toe gestuur – om julle hierin by te staan. Hy is my geliefde en betroubare kind in die Here. Hy sal julle herinner aan my Christelike optrede en onderrig, soos ek dit oral in elke gemeente doen.

1 Paulus verwys na mense in wie hy belê het, bv. Timoteus.
2 Hierdie belegging het Timoteus tot ‘n vader ontwikkel.
3 Daarom het Timoteus soos Paulus  ander onderrig.

Jesus se opdrag

Matt 28:19 Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. 20 Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het.

1 Skep omgewings waar vriende Jesus kan leer ken.
2 Doop hulle.
3 Leer hulle uit jou lewe.
4 Gehoorsaam - Sodat hulle lewe in lyn kom met hulle nuwe indentiteit.



Saturday, October 22, 2016

Vaderskap die eindprentjie van geestelike volwassenheid.


Vaderskap die eindprentjie van geestelike volwassenheid. 

Church will always be renewed when our attention shifts from ourselves to those who need our care. -- Henri Nouwen

Skrif gedeelte vir die dag

1 John 2:13 Ek skryf aan julle, pa’s:
Julle leef van die heel begin af
in ’n persoonlike verhouding
met Hom.
14 Ek skryf aan julle, pa’s:
Julle leef van die heel begin af
in ’n persoonlike verhouding
met Hom.

Vaders ontdek die hart van Jesus en gee dit uitdrukking in die elke dag lewe.

Die sleutelwoord: Persoonlike verhouding
1. Vaders ken hul Jesus se stem,
2. Vaders sal altyd Jesus se voorbeeld volg
Eph 5:1  BE imitators of God [copy Him and follow His example], as well-beloved children [imitate their father].
3. Vaders is gehoorsaam aan Jesus se wil.
Joh 5:30  Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.


Persononal Lordship – Werdergeboorte belangrik.
Pais – Kind van God + Herkenning van God as Heer van my lewe.
Right Believe (standing) - Kind ontdek die waarheid.
Right Living -  Jongman – Belyning hom met die lewe van Jesus.
Public Lordship -  Vaders neem verantwoordelikheid.

Vaderskap is die hoogste vervulling van sinvolheid.

Joh 4:31 Intussen het sy dissipels Hom gesmeek en gesê: “Rabbi, eet tog net iets.” 32 Maar Hy het reageer: “Ék het kos om te eet waarvan júlle nie eers weet nie.”
33 Die dissipels sê toe onder mekaar: “Het iemand anders dalk vir Hom iets gebring om te eet?”
34 Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.

Belangrike verskille tussen Kinders, Jong Manne en Vaders.

Waarvan is ek die meeste bewus? Joh 15:1-8
Kind Myself.
Jong Man Groei areas.
Vader Die hart van my Vader

Wat maak my opgewonde?
Kind Wat ek het.
Jong Man Wat ek kan doen.
Vader Om die Koninkryk van God te vestig. Luk 10:21

Wat beindruk my?
Kind My eie groei en ontwikkeling.
Jong man Sukses te behaal.
Vader Impak, effektiwiteit en wysheid. Spr 4:7 Verwerf wysheid en insig deur al wat jy besit.

Hoe bid ek?
Kind Vir myself en behoeftes.
Jong Man Area van oorwinning en groei.
Vader Vir ander en die stad.

Hoe lees ek Bybel?
Kind. Ontdek wie ek is .
Jong Man Waar moet ek  groei . .
Vader Waarheen wil Jesus my stuur.

Word geestelik vervul deur.
Kind Geestelike aktiwiteite.
Jong Man Bose oorwin.
Vader Deur te gee.

Behoort  nie aan die wêreld nie
Joh17:16 Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie.
Les: Ons is anders.
Joh 17: 15 Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar.
Les: Maar ons is in die wêreld.
Joh 17:18 Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur.
Ek stuur julle in die wêreld in met ’n opdrag.
Hierdie opdrag ontdek ons in verhouding met Jesus.
Joh 17:21 Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in ’n hegte verhouding met My en Ek met U is; dat hulle ook in ’n hegte verhouding met Ons mag leef sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. 22 En Ek het die heerlikheid wat U aan My gegee het, ook aan hulle gegee sodat hulle een kan wees net soos Ons een is.23 Dit beteken dat Ek in ’n hegte verhouding met hulle en U met My moet leef, sodat hulle ten volle een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en dat U hulle liefhet net soos U My liefhet.

Die kerk is meer as ‘n byeenkoms, dit is die opleiding plek om ’n verskil te maak.

Ef 4:11 Hý het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars, 12om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou.


Drie groepe mense
Leiers (Apostel)  - Sien die pyn raak en begin iets daaromtrent doen.
Diensknegte – Wil betrokke raak by bestaande aksies.
Gewers – Wil n projek finansieel ondersteun.

Wees kreatief: 
Why? : Hart: Passie, Roeping, wat se my hart?
How? : Kop:  Proses, strategie,
What? : Hande: hoe gaan ek prakties tot aksie?

I glorified you on earth by completing down to the last detail What you assigned me to do. John 17:4 MSG



Saturday, October 15, 2016

Dieper - Hoe hanteer ek versoeking?


Dieper – Hoe hanteer ek versoeking?
In ons gestelike lewe – gaan ons deur verskillende fases van groei en ontwikkeling waarvan ons lees in  1 Joh 2:12 -14

1 JOHANNES 2:12-14 NLV
Ek skryf aan julle, kinders: Julle sondes is vergewe op grond van wat Jesus vir ons gedoen het. Ek skryf aan julle, pa’s: Julle leef van die heel begin af in ’n persoonlike verhouding met Hom. Ek skryf aan julle, jonges: Julle het as oorwinnaars oor die bose uit die stryd getree.
Ek skryf aan julle, kinders: Julle leef in ’n persoonlike verhouding met die Vader. Ek skryf aan julle, pa’s: Julle leef van die heel begin af in ’n persoonlike verhouding met Hom. Ek skryf aan julle, jonges: Julle is kragtig en die woord van God is deel van julle bestaan en julle het as oorwinnaars oor die bose uit die stryd getree.

God het voorsiening gemaak in Christus dat ons die wereld kan oorwin.
Die wereld hier verwys na dit wat sleg en boos is

Kry ons dit altyd reg – ongelukkig nie

Versoeking staan in die pad van oorwinning


Versoeking is enige iets wat vervulling belowe ten koste van gehoorsaamheid aan God. 

Alan Platt  -  Temptation is when your faith (spirit identity) is challenged, to again accept an inferior identity.

KNOWING YOUR IDENTITY IS THE KEY TO OVERCOMING TEMPTATION.

Hier is ‘n paar waarhede rondom versoeking
 1.  Dit is nie sonde om versoek te word nie
Heb 4:15
Hierdie Hoofpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie.

  2. Jy is nooit groter as versoeking nie – jy is nie verhewe bo versoeking  nie
1 Kor 10:12
Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

  3.  God versoek ons nooit nie

Jak 1:13 – 15 se dit as volg
Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

We do not sin because we are sinners by nature – we sin because we are human by nature.

Martin Luther – die vader van die reformasie het iets interessant gesê – in die gelowige se lewe is drie dinge nodig
-         Gebed – om met God te praat
-         Meditasie – om God te hoor praat
-         Versoeking – om te leer om op God te vertrou

Elke versoeking is ‘n uitnodiging / geleentheid om God te vertrou

  4. Daar is altyd ‘n uitkoms

1 Kor 10:13

maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Daar is altyd ‘n uitkoms

God’s solution to our vulnerability is to embrace His word on our needs

Vers 14 - Ek skryf aan julle, jonges: Julle is kragtig en die woord van God is deel van julle bestaan en julle het as oorwinnaars oor die bose uit die stryd getree.

1.   Ontdek deur doen.            
Jakobus 1:22Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself
·        Doers – from the same root as the word ‘poet’, one who gives creative expression to that which has im-pacted on him, in-spired him to act, speak, communicate
·        Deceiving … deceive = to place one under a false impression.
o   the one who is deceived accepts the false impression as true (valid, genuine, substantial) and functions accordingly (lives out, expresses himself from a non-aligned frame of reference,
o   a point of departure which is not aligned or in harmony with reality as God designed it – see Gen 3:4-6 ).

2.  Ontdek deur sien
Jakobus 1:23Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk
natural = origin / Gr ōpsface = visage, frontal view, full countenance, true or genuine presence
natural face = original countenance … face of his origin / image of his birth / source of his lineage

3.  Ontdek deur onthou.
Jakobus 1:24hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.
     forget (Gr=to lose, to allow to escape attention) in this context, rather to neglect, to make the choice not to act upon or to function from that revelation / insight /      realization)
MSG - have no idea who they are, what they look like
KJV – ‘…what manner of man he was’
             
4.  Die gevolg.
Jakobus 1:25 Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.

1 Joh 2:1
My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sonde doen nie. As iemand egter sonde doen, ons het ’n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige. Hy is die versoeningsoffer vir ons sondes. Nie net vir ons sondes nie, maar ook vir dié van die hele mensdom.

2 Kor 12:19
“My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 

Saturday, October 1, 2016

Mag Dit Met Jou Goed Gaan - Gesonde Verhoudings



Mag dit met jou goed gaan – Gesonde Verhoudings

Ons tema-teks vir die reeks is:

3 Joh 1:2
Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.

God skep hierdie aarde sodat die mens daarop kan leef en heers, sodat ons met Hom in verhouding kan staan. God soek familie en maak die mens ʼn verhoudings wese.

In Gen 3 lees ons van die heel eerste verhouding tussen man en vrou, waar die verhouding perfek begin, maar ook waar skeef geloop het.

Gen 3:9-13
9 Die Here God het toe na die mens geroep: “Waar is jy?” 10 Hy antwoord: “Ek het U hoor aankom in die tuin en gaan wegkruip. Ek was bang omdat ek sonder klere is.” 11 “Wie het vir jou gesê dat jy sonder klere is?” vra die Here God. “Het jy dan van die boom geëet wat Ek jou beveel het om nie te eet nie?” 12 “Ja,” erken die mens, “dit was die vrou wat U aan my gegee het wat die vrugte vir my aangebied het, en toe het ek daarvan geëet.” 13 Daarop vra die Here God vir die vrou: “Hoe kon jy so ’n ding doen?” “Die slang het my bedrieg,” antwoord sy. “Dis hoekom ek geëet het.”

Uit hierdie gedeelte is daar drie basiese vrese wat in alle verhoudings voorkom

-       Die vrees dat iemand sien wie ek regtig is – maak dat ek altyd ‘n afstand hou

9 Die Here God het toe na die mens geroep: “Waar is jy?” 10 Hy antwoord: “Ek het U hoor aankom in die tuin en gaan wegkruip. Ek was bang omdat ek sonder klere is.”

Vrees laat ons ontrek en wegkruip
Jy is bang dat dit wat jy van jouself nie hou nie – ander sal afsit
Adam en Eva is naak (ontbloot) en hulle kry skaam – hierdie skaamte ly tot ʼn gevoel van vernedering en hulle gaan kruip weg.

-       My vrees om nie aanvaar te word nie – maak dat ek myself verdedig en ander blameer

12 “Ja,” erken die mens, “dit was die vrou wat U aan my gegee het wat die vrugte vir my aangebied het, en toe het ek daarvan geëet.”
Adam gee die vrou die skuld. Evan gee die slang die skuld.

-       Die vrees dat ek beheer verloor – maak dat ek wil beheer

Daar is min dinge wat vehouding vernietig soos manipulasie
Menswaardiheid word afgebreek. Dit word ‘n kompetisie.


Hoe oorwin ons hierdie vrese – Wat is die teenvoeter?

1 Joh 4:18 (DB)
Ware, egte liefde – Volmaakte liefde (Wherever God’s love is) verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie. En hoekom nie? Want vrees is net heeltyd bekommerd oor die straf (negatiewe gevolge) wat kan kom.

Wanneer ware liefde by die voordeur instap, loop vrees by die agterdeur uit.
Die teenoorgestelde van vrees is nie geloof nie. Dit is LIEFDE.

1 Kor 14:1 (Message)
Go after a life of love as if your life depended on it - because it does!”

-       Leer om daagliks in God se liefde te leef

1 Joh 4:16 (NLV)
Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ’n hegte verhouding met God en God met hulle.
Efesiërs 2:4 (The Mirror)
Hierdie haglike toestand van die mens het geensins die oorweldigende liefde van God kon demp nie; Hy het ons nog altyd net aanhoudend liefgehad, met dieselfde dringendheid en intensiteit.

-       Jy moet elke dag onthou hoe lief God vir jou is

Hy het my ten volle aanvaar
Tit 3:7 (GW)
As a result, God in his kindness has given us his approval and we have become heirs who have the confidence that we have everlasting life.

Hy het my onvoorwaardelik lief

Jes 54:10
Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie

Ek is ten volle vergewe

Rom 8:1
Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie

Heb 10:17
...en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.

Ek is baie waardevol

1 Kor 7:23
Julle is duur gekoop


-       Jy moet elke dag God se liefde deel met ander

Rom 5:5
en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Gal 5:6 (CEV)
If you are a follower of Christ Jesus ... All that matters is your faith that makes you love others

Joh 13:34
Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle lief het, net só moet julle mekaar ook liefhê.

1 Kor 13:7
Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.



The healthier you are, the healthier your relationships will be – Andy Stanley