Saturday, October 29, 2016

Vaderskap: Ons verantwoordelikheid om ander te leer

Vaderskap 2 

Ons het ‘n verantwoordelikheid om ander te dissipel.

Die vraag is:  “Hoe lyk  dit prakties?”

Jou doelwit 

Hebr 5:12 As ’n mens dink aan hoe lank julle reeds gelowiges is, moes julle eintlik al self onderrig in die geloof gegee het. En nou het ’n mens werklikwaar weer nodig om julle die mees elementêre aspekte van die woord van God te leer!

Jou doelwit is om die basiese fondasie beginsels:
te verstaan.
toe te laat dat dit jou lewe verander.
en dit aan ander te leer.

Moenie by ‘n kind bly nie.

Hebr 5: 12 ... Julle is soos babatjies wat nog net melk kan drink en nie vaste kos kan inneem nie.13 Mense wat nog van melk leef, kan nie werklik saampraat oor die suiwer leer nie. Hulle is dan nog maar net kinders

Groei as ‘n  jongman wat stories het om te vertel.

Hebr 5:14 Vaste kos is bedoel vir grootmense – vir hulle wat in die skool van die lewe ingeoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.

Daar is twee basiese omgewings waarin jy as Vader kan optree:
In groepslewe (lewenswyse)
Een tot een (Proses).

In groepslewe.

Die eerste lees ons in Hebr 12:12

Wees dan versigtig, broers en susters. Maak seker dat daar nie by enigeen van julle ’n verkeerde gesindheid van ongeloof posvat wat julle vervreem van die lewende God nie

Les 1 Ongelukkig beweeg mense maklik weg van wat hulle glo.
As jy alleen is, is daar niemand om jou te keer nie,

Maar...
13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word

Ons moet mekaar aanspoor (motiveer, herriner, vermaan)

En so mekaar help, om nie weg te beweeg van ons nuwe lewenswyse nie.
1. Let op na mekaar se lewenswyse.
2. Gebruik jou, stories van oorwinning en waarhede wat jy geleer het.
3. Praat vanuit genade en egtheid.

Een tot een (Proses)

1 Kor 4:14 Wat ek skryf, bedoel ek nie kwetsend nie, maar om julle te vermaan soos ’n mens maak met kinders wat jy liefhet. 15Want selfs al sou julle tienduisend ander leermeesters hê om julle omtrent Christus te onderrig, het julle net een geestelike vader. Ek het tog julle vader in Jesus Christus geword toe ek die Goeie Nuus aan julle verkondig het. 16Daarom vra ek julle dringend: Volg my voorbeeld!
17 Ek het Timoteus juis om hierdie rede na julle toe gestuur – om julle hierin by te staan. Hy is my geliefde en betroubare kind in die Here. Hy sal julle herinner aan my Christelike optrede en onderrig, soos ek dit oral in elke gemeente doen.

1 Paulus verwys na mense in wie hy belê het, bv. Timoteus.
2 Hierdie belegging het Timoteus tot ‘n vader ontwikkel.
3 Daarom het Timoteus soos Paulus  ander onderrig.

Jesus se opdrag

Matt 28:19 Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. 20 Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het.

1 Skep omgewings waar vriende Jesus kan leer ken.
2 Doop hulle.
3 Leer hulle uit jou lewe.
4 Gehoorsaam - Sodat hulle lewe in lyn kom met hulle nuwe indentiteit.



No comments:

Post a Comment