Saturday, October 1, 2016

Mag Dit Met Jou Goed Gaan - Gesonde Verhoudings



Mag dit met jou goed gaan – Gesonde Verhoudings

Ons tema-teks vir die reeks is:

3 Joh 1:2
Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.

God skep hierdie aarde sodat die mens daarop kan leef en heers, sodat ons met Hom in verhouding kan staan. God soek familie en maak die mens ʼn verhoudings wese.

In Gen 3 lees ons van die heel eerste verhouding tussen man en vrou, waar die verhouding perfek begin, maar ook waar skeef geloop het.

Gen 3:9-13
9 Die Here God het toe na die mens geroep: “Waar is jy?” 10 Hy antwoord: “Ek het U hoor aankom in die tuin en gaan wegkruip. Ek was bang omdat ek sonder klere is.” 11 “Wie het vir jou gesê dat jy sonder klere is?” vra die Here God. “Het jy dan van die boom geëet wat Ek jou beveel het om nie te eet nie?” 12 “Ja,” erken die mens, “dit was die vrou wat U aan my gegee het wat die vrugte vir my aangebied het, en toe het ek daarvan geëet.” 13 Daarop vra die Here God vir die vrou: “Hoe kon jy so ’n ding doen?” “Die slang het my bedrieg,” antwoord sy. “Dis hoekom ek geëet het.”

Uit hierdie gedeelte is daar drie basiese vrese wat in alle verhoudings voorkom

-       Die vrees dat iemand sien wie ek regtig is – maak dat ek altyd ‘n afstand hou

9 Die Here God het toe na die mens geroep: “Waar is jy?” 10 Hy antwoord: “Ek het U hoor aankom in die tuin en gaan wegkruip. Ek was bang omdat ek sonder klere is.”

Vrees laat ons ontrek en wegkruip
Jy is bang dat dit wat jy van jouself nie hou nie – ander sal afsit
Adam en Eva is naak (ontbloot) en hulle kry skaam – hierdie skaamte ly tot ʼn gevoel van vernedering en hulle gaan kruip weg.

-       My vrees om nie aanvaar te word nie – maak dat ek myself verdedig en ander blameer

12 “Ja,” erken die mens, “dit was die vrou wat U aan my gegee het wat die vrugte vir my aangebied het, en toe het ek daarvan geëet.”
Adam gee die vrou die skuld. Evan gee die slang die skuld.

-       Die vrees dat ek beheer verloor – maak dat ek wil beheer

Daar is min dinge wat vehouding vernietig soos manipulasie
Menswaardiheid word afgebreek. Dit word ‘n kompetisie.


Hoe oorwin ons hierdie vrese – Wat is die teenvoeter?

1 Joh 4:18 (DB)
Ware, egte liefde – Volmaakte liefde (Wherever God’s love is) verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie. En hoekom nie? Want vrees is net heeltyd bekommerd oor die straf (negatiewe gevolge) wat kan kom.

Wanneer ware liefde by die voordeur instap, loop vrees by die agterdeur uit.
Die teenoorgestelde van vrees is nie geloof nie. Dit is LIEFDE.

1 Kor 14:1 (Message)
Go after a life of love as if your life depended on it - because it does!”

-       Leer om daagliks in God se liefde te leef

1 Joh 4:16 (NLV)
Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ’n hegte verhouding met God en God met hulle.
Efesiërs 2:4 (The Mirror)
Hierdie haglike toestand van die mens het geensins die oorweldigende liefde van God kon demp nie; Hy het ons nog altyd net aanhoudend liefgehad, met dieselfde dringendheid en intensiteit.

-       Jy moet elke dag onthou hoe lief God vir jou is

Hy het my ten volle aanvaar
Tit 3:7 (GW)
As a result, God in his kindness has given us his approval and we have become heirs who have the confidence that we have everlasting life.

Hy het my onvoorwaardelik lief

Jes 54:10
Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie

Ek is ten volle vergewe

Rom 8:1
Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie

Heb 10:17
...en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.

Ek is baie waardevol

1 Kor 7:23
Julle is duur gekoop


-       Jy moet elke dag God se liefde deel met ander

Rom 5:5
en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Gal 5:6 (CEV)
If you are a follower of Christ Jesus ... All that matters is your faith that makes you love others

Joh 13:34
Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle lief het, net só moet julle mekaar ook liefhê.

1 Kor 13:7
Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.



The healthier you are, the healthier your relationships will be – Andy Stanley

No comments:

Post a Comment