Saturday, September 24, 2016

Mag dit met jou goed gaan. Emosies


Ons tema-teks vir die reeks is:'

3 Joh 1:2 Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.

Emosie het ‘n groot invloed om jou sielsmens.

Jesus self bring emosie in die hartklop van ons verhouding met Hom.

MARKUS 12:30 NLV
Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.
Jy het hom lief (emosie), dit bring oorgawe en passie

Die skrywers wat Jesus se lewe opteken het, beskryf Sy emosie in hulle verhale oor Hom.
Medelye, droefheid, benoud  ens.  is almal emosies wat Jesus beleef het.

Ons poitiewe sowel as negatiewe emosies kom van God af.

Twee ekstreme pole van Emosies
Mense wat dink dat alles van die lewe gaan oor hoe hulle voel en word gelei deur hulle emosies.

Mense wat vir niks emosie wys nie en dit ignoreer.

Hoekom moet ek leer om my emosies te bestuur ?

Die geheim is dat jou emosie nie jou moet bestuur nie, maar jy moet leer om jou emosie te bestuur.

Ons emosies is somtyds onbetroubaar.
Spreuke 14:12 Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

Ons emosies  kan ons manipuleer.
Dit gaan jou dinge laat doen waaroor jy later spyt is.
Spr 25: 28 Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie,
is soos ’n stad sonder ’n muur wat beskerming bied.

Die duiwel gebruik hierdie negatewe emosies om jou in n gevangene te hou.
1 Petrus 5:8 Wees nugter (be alert/be self-controlled) en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

Dit kan jou help om in die lewe suksesvol te kan wees (EQ vs IQ)

Moenie die rol van positiewe emosie onderskat nie
Proverbs 5:23 Hy kon homself nie beheer nie; daarom gaan hy sterf.
Hy verdwaal omdat hy dwase dinge doen.


Hoe kan ek my emosie bestuur?

Joyce Meyer - “God wants you to use wisdom. Wisdom says wait a little while until the emotions settle down, then check to see if you really believe it's the right thing to do. Don't let your emotions make your decisions. A good statement to remember is this: "Wisdom says wait; emotions say hurry."
1 Peter 4:2 (TEV) From now on you must live the rest of your earthly lives controlled by God’s will and not by human desires.

1 Petrus 1:13 Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter (keep yourself under control/do not let yourself go in every direction) en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.

1. Leer van jou  emosie

Identifiseer jou gevoel/gee dit ‘n naam.

Vra die vrae: Hoe voel ek regtig?

  • Watter emosie het jou optrede gedryf?
  • Wat is die motivering agter my gevoel?


2. Konfronteer die negatiewe emosies

Moenie die gevoel net aanvaar nie, is dit gebou op die waarheid?
Is dit regtig nodig om so intends te reageer?
Is dit so erg soos wat ek dink?
Bou dit my of breek dit my af?
Drie vrae
Wat is die regte rede waarom ek so voel?
IS dit waar?
Help dit my? Leer ek daarby. Of breek dit my af?

3. Verander die gevoel

Fil 2:5 Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees:

Hoe sal Jesus in so situasie optree?
Sal hy toelaat dat die emosie Sy optrede bestuur?
Bv. Jesus sal nie bitter wees nie,
Bv. Jesus sal dink voor hy praat.

Vervang die leun of dit wat jy glo met die waarheid wat ‘n positiewe emosie sal na vore sal bring.


Vra die Here om jou te help
Psalm 26:2 (GNT) Examine me and test me, LORD; judge my desires and thoughts.

Gal 2:22 Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 23sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie.

Spreek die waarheid 

Jak 3: 4 En ’n klein roertjie maak dat ’n groot skip draai net waarheen die stuurman wil, selfs wanneer sterk winde waai. 5  So is die tong ook iets kleins, en tog kry dit groot dinge reg
Dit is ’n onbeheerbare kwaad, vol dodelike gif. 9 Partykeer loof daardie tong ons Here en Vader, en ander kere vloek dieselfde tong mense wat na die beeld van God gemaak is

Herinner jou wie jy in Christus is.

Kanaliseer jou emosie na areas waar dit lewe wek. 

So kry jy “purpose” uit negatiewe gebeure.

No comments:

Post a Comment