Showing posts with label Bybel. Show all posts
Showing posts with label Bybel. Show all posts

Saturday, September 24, 2016

Mag dit met jou goed gaan. Emosies


Ons tema-teks vir die reeks is:'

3 Joh 1:2 Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.

Emosie het ‘n groot invloed om jou sielsmens.

Jesus self bring emosie in die hartklop van ons verhouding met Hom.

MARKUS 12:30 NLV
Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.
Jy het hom lief (emosie), dit bring oorgawe en passie

Die skrywers wat Jesus se lewe opteken het, beskryf Sy emosie in hulle verhale oor Hom.
Medelye, droefheid, benoud  ens.  is almal emosies wat Jesus beleef het.

Ons poitiewe sowel as negatiewe emosies kom van God af.

Twee ekstreme pole van Emosies
Mense wat dink dat alles van die lewe gaan oor hoe hulle voel en word gelei deur hulle emosies.

Mense wat vir niks emosie wys nie en dit ignoreer.

Hoekom moet ek leer om my emosies te bestuur ?

Die geheim is dat jou emosie nie jou moet bestuur nie, maar jy moet leer om jou emosie te bestuur.

Ons emosies is somtyds onbetroubaar.
Spreuke 14:12 Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

Ons emosies  kan ons manipuleer.
Dit gaan jou dinge laat doen waaroor jy later spyt is.
Spr 25: 28 Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie,
is soos ’n stad sonder ’n muur wat beskerming bied.

Die duiwel gebruik hierdie negatewe emosies om jou in n gevangene te hou.
1 Petrus 5:8 Wees nugter (be alert/be self-controlled) en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

Dit kan jou help om in die lewe suksesvol te kan wees (EQ vs IQ)

Moenie die rol van positiewe emosie onderskat nie
Proverbs 5:23 Hy kon homself nie beheer nie; daarom gaan hy sterf.
Hy verdwaal omdat hy dwase dinge doen.


Hoe kan ek my emosie bestuur?

Joyce Meyer - “God wants you to use wisdom. Wisdom says wait a little while until the emotions settle down, then check to see if you really believe it's the right thing to do. Don't let your emotions make your decisions. A good statement to remember is this: "Wisdom says wait; emotions say hurry."
1 Peter 4:2 (TEV) From now on you must live the rest of your earthly lives controlled by God’s will and not by human desires.

1 Petrus 1:13 Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter (keep yourself under control/do not let yourself go in every direction) en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.

1. Leer van jou  emosie

Identifiseer jou gevoel/gee dit ‘n naam.

Vra die vrae: Hoe voel ek regtig?

  • Watter emosie het jou optrede gedryf?
  • Wat is die motivering agter my gevoel?


2. Konfronteer die negatiewe emosies

Moenie die gevoel net aanvaar nie, is dit gebou op die waarheid?
Is dit regtig nodig om so intends te reageer?
Is dit so erg soos wat ek dink?
Bou dit my of breek dit my af?
Drie vrae
Wat is die regte rede waarom ek so voel?
IS dit waar?
Help dit my? Leer ek daarby. Of breek dit my af?

3. Verander die gevoel

Fil 2:5 Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees:

Hoe sal Jesus in so situasie optree?
Sal hy toelaat dat die emosie Sy optrede bestuur?
Bv. Jesus sal nie bitter wees nie,
Bv. Jesus sal dink voor hy praat.

Vervang die leun of dit wat jy glo met die waarheid wat ‘n positiewe emosie sal na vore sal bring.


Vra die Here om jou te help
Psalm 26:2 (GNT) Examine me and test me, LORD; judge my desires and thoughts.

Gal 2:22 Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 23sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie.

Spreek die waarheid 

Jak 3: 4 En ’n klein roertjie maak dat ’n groot skip draai net waarheen die stuurman wil, selfs wanneer sterk winde waai. 5  So is die tong ook iets kleins, en tog kry dit groot dinge reg
Dit is ’n onbeheerbare kwaad, vol dodelike gif. 9 Partykeer loof daardie tong ons Here en Vader, en ander kere vloek dieselfde tong mense wat na die beeld van God gemaak is

Herinner jou wie jy in Christus is.

Kanaliseer jou emosie na areas waar dit lewe wek. 

So kry jy “purpose” uit negatiewe gebeure.

Saturday, May 28, 2016

Een kerk.


Wat is die eerste gedagte wat by jou opkom jy die woord kerk hoor?

Die Bybel verwys na kerk in drie vorme:
1. Die kerk as God se liggaam, ‘n versamelnaam van alle gemeentes.
2. Kerk in ‘n sekere geografiese omgewing.
3. Die kerk as ‘n enkele gemeente

Ons het nodig om waardering te hê vir alle gemeentes.

God droom om alle mense en kulture te bereik.

Mense verskil, daarom is daar verskillende style om almal te bereik.

1 Kor. 9: 20 Onder die Jode het ek soos ’n Jood geword om hulle vir Christus te wen.
Elke gemeente vorm deel van God se plan  en lewer n spesifieke bydrae.
Daarom moet ons gemeenstes waardeer vir die verskillende rolle en die impak wat hulle maak.

Die kerk se verantwoordelikheid.

Geestelike atmosfeer. 
Mense moet ..
Tot wedergeboorte kom.
Dissipel word.
Versorg word.

Sosiale omstandighede
Versorging van die weduwees en wees.
Armoede-vraagstuk.
Opvoedkunde.

Transformasie
Die kultuur van die omgewing te help verander.

Daarom moet ons deel van God se droom en plan (die kerk) raak.

Die kerk is God se plan 

Matt 16: 15 “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?”
16 Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”
17 “Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is.18 En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

Jy is Petrus : “Petros” en jy sal deel wees van my die Rots (Petra) waarop die kerk gebou sal word.

Twee lesse
Die Kerk is die plan van die Here, gebore uit die hart van die Here om sy naam uit te dra en ons elkeen is “Petrusse” deel van God se kerk.
Die vyand  sal die kerk nie kan keer nie.

Selgroep vraag: Hoe raak die skrifgedeelte julle selgroep?

Petrus het die woord prakties begin uitleef.

Hand 2:  3000 mense kom tot bekering onder Petrus se prediking.

Die kerk kom tot stand en elkeen raak deel van die visie.

Hand 2:46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, 47en God geprys.
Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.

Hand 4:2 Petrus se passie en uitleef van die visie laat hom in die tronk beland.

Hand 4:8 Vertel hy die priesters dat hy sy lewe gee om Jesus (die Rots) se boodskap uit te dra, want dit hou lewe vir almal in.

Hand 4:13 Die raadslede was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se waagmoed sien, want hulle het besef dis gewone mense sonder enige besondere opleiding. Hulle het hulle ook herken as mense wat saam met Jesus was.

Hulle word verbied om om die boodskap verder uit te dra.

Lees net die gebed van die eerste kerk. Gedryf deur passie.
Hand 4:29 En nou, Here, hoor hoe dreig hulle ons. Gee dat ons, u diensknegte, u woord met waagmoed sal verkondig. 30 Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”

Hulle bid nie vir beskerming nie.
Hulle bid vir waagmoed, want die passie  en visie het hulle gedryf.

Hand 5: Selfs nadat hulle weer gevang is, in die tronk gegooi is en ook geslaan is het hulle nie passief geraak nie.
Hand 5: 42 En elke dag het hulle aangehou om mense in die tempel en van huis tot huis te onderrig en die Goeie Nuus te preek dat Jesus die Messias is.

Gee jou lewe vir God en koop in Sy plan, die kerk in

Gee jou tyd, talente en finansies.

1. Dalk is een klein stappie “Commitment”

Hand 2:46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom.

“Commitment” om 
Jou lewe aan te pas om deel van die kerk te wees.
Deel van ‘n groep te word, waar die Here jou kan gebruik
Saam te bid.
Jou tyd te gee om om uit te reik.

2. Waagmoed 
Here ek is bereid om die omgewing te infiltreer en transformasie te bring.
Om geleenthede wat my padlangs kom, nie te laat verby gaan nie, maar in daardie spasie in te stap.

Bid 
Hand 4:29 En nou, Here, .... Gee dat ons, u diensknegte, u woord met waagmoed sal verkondig.