Tuesday, April 7, 2020

Broodresep



Vinnige broodjie

Bestanddele:
500 g (4 koppies) Koekmeel
10 ml (2 tl) Bakpoeier
5 ml (1 tl) Sout
310 ml Melk

Metode:
Verhit oond op 190 °C.
Meng al die droë bestanddele saam.
Voeg die melk by en meng deeglik.
Gooi deeg uit op werksoppervlak en knie deeg liggies tot mooi gebind – nie te lank knie nie net totdat dit gevorm het.
Vorm die broodjie in 'n ronde skyf dikte nie meer as 3cm nie anders gaan dit rou wees in die middel.
Plaas op bakplaat en bak in oond ± 35min.  Die broodjie sal so ligbruin bleek voorkoms hê.
Smeer gesmelte botter of olyfolie oor broodjie sodra dit uit die oond kom.

Die broodjie gebruik nie gis nie daarom is dit nie nodig om af te knie of te laat rys nie. Dit kan dadelik gebak word.
Indien jy nie melk het nie gebruik dan 310 ml water met 15 ml (1 eetl) olie.

No comments:

Post a Comment