Tuesday, April 7, 2020

Opbou na Paasnaweek


Kom ons haal vanaand ons oë so ‘n bietjie af van Lockdown en Covid 19 en fokus vir ‘n ‘n oomblik op dit wat Jesus vir ons aan die kruis kom doen het.

Neem ‘n oomblik en lees hierdie drie teksverse (Lees dit gerus as gesin saam)

1.    Jesus kom wys vir ons hoe verskriklik lief Hy vir ons is

    “God het bewys hoe lief Hy die wêreld het. Hy het sy unieke Seun na die wêreld toe gestuur sodat elkeen wat in hierdie Seun glo, nie verlore sal gaan nie, maar vir altyd saam met God kan leef”. Joh.3:16

2.    Jesus kom verwyder alles wat afstand tussen ons en Hom gebring het

    Dit was soos ’n handelstransaksie: omdat ons so sondig was, was ons God se vyande. Toe kom Jesus en betaal wat nodig is om weer alles tussen ons en God reg te maak. Dit het Hom wel sy lewe gekos, maar die vrede is herstel tussen God en almal wat aan Jesus se kant staan. Dat God so iets gedoen het sonder om te vra wat ons kan terugbetaal, wys net hoe geweldig goed Hy vir ons is. 8Daar is eenvoudig geen einde aan al sy goedheid vir ons nie. Ef.1:7-8

3.    Jesus kom breek die houvas wat sonde op ons gehad het, sodat ons saam met Hom kan regeer

    Ons weet mos dat daardie sondige mens wat ons eenmaal was, kant en klaar saam met Jesus gekruisig is. 7Ons ou self, wat van vroeg tot laat agter elke sonde aangeloop het, is nou morsdood en begrawe. Daarom is ons nie meer slawe van die sonde nie. Sonde het mos nie ’n houvas op iemand wat klaar doodgegaan het nie. Ef 6:6-7


Spandeer ‘n paar minute en maak ‘n lys van hoe die kruis van Jesus nog jou lewe verander het.

Sing gerus hierdie saam en aanbid die Here vir die oorwinning wat Hy aan die kruis vir ons behaal het


No comments:

Post a Comment