Tuesday, April 7, 2020

Lockdown Nagmaal


Lockdown Nagmaal

Jesus het die laaste ete saam met sy dissipels vol betekenis gemaak en hulle aangemoedig om dit gereeld te doen. (Lukas 22:17)

Ons sien dat die eerste kerk dit so verstaan het en van huis tot huis nagmaal gehou het:
Handelinge 2:46 'En hulle het volhard in die breking van die brood en in die gebede. 46 En van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet.'

Ons moedig jou aan om by jou huis tafel te dek, saam met jou mense, met die volgende elemente. 
. Rooi en wit kleure wat die reiniging van die bloed van Jesus voorstel.
. Sit dalk spykers en/of dorings as ekstra versiering op die tafel.
. Gebruik ‘n kruis of hout as verdere versierings
. Drapeer alles op lappe wat die leë graf kan voorstel. 

Hier is ‘n kort program voorstel vir die ete.
1. Begin as almal sit om eers deur hierdie woorde te lees:
Lukas 22:17 En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle. 19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis. 20 Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.'

2. Drink saam ‘n glas druiwesap/wyn.
Terwyl elkeen ietsie drink kry elke persoon ‘n kans om 1 ding te noem wat Jesus vir ons gebring het in die Nuwe Testament/die Nuwe verbond.

3. Eet ‘n warm broodjie met botter as voorgereg
Iemand lees Johannes 6:51 
'Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.

Kuier oor wat dit beteken om te lewe:
. Lewe beteken dat ons vir ewig aan God vasgebind is
. Lewe beteken ons het betekenis in alles wat ons deurgaan

4. Eet hoofgereg met lamsvleis/enige vleis
Iemand lees JOHANNES 1:29
'Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! '

Kuier oor wat dit beteken dat ons sonde weggeneem is (1 Johanne1:7,9)
. Ons is vergewe
. Ons word gereinig van ons sonde

5. Net voor nagereg
Elkeen moet eers ‘n paar druppels asyn op ‘n teelepel proe voor die poeding geniet word.
Die asyn en die dorings en die bloed herhinner ons dat Jesus vir ons ge’suffer’ het.

Lees Jesaja 53:4-5 
'Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte — dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. 

Bid saam voor poeding vir een uitdaging waarvoor elke persoon die Here wil 
vra.  


6. Eet lekker nagereg en kuier sommer net verder.
Ons doen niks met paaseiers nie maar chocolate sal werk vir nagereg!!

No comments:

Post a Comment