Saturday, November 10, 2018

Woorde - NEE



Laat jou Ja, ja wees en jou Nee, nee

Elke besluit wat ons neem is JA of ‘n NEE. Elke ja, beteken ook ‘n nee vir iets anders. Elke nee is op grond van ‘n groter ja wat jy het.

Die besluite wat ons neem vorm ons lewe

Nou kom Jesus en sê -  Laat jou JA, JA wees en jou NEE, NEE

MATTEUS 5:37
“Sorg dat julle ja altyd ja bly en julle nee altyd nee . Enigiets meer as dit is uit die bose.”

Wat is opgesluit in hierdie woorde?
1. Dat ons ‘n vermoë het om Ja en Nee te kan se
2. Dat ons moet ja se vir die regte goed en nee se vir die regte goed

Jesus nooi ons uit om ons vermoë te gebruik om Ja en Nee te kan se

Daar is ‘n deel van ons lewe wat ons nie kan beheer nie – Buite ons beheer
Dan is daar ‘n groot deel van die lewe waaroor jy ‘n groot invloed kan uitoefen
Dan is daar ook ‘n groot deel van die lewe wat onder jou beheer is



Efes 6:6-7
Moenie mense probeer tevrede stel deur net gehoorsaam te wees wanneer hulle julle kan sien nie. Nee, werk as slawe van Christus wat met volle oorgawe God se wil doen. Doen julle werk entoesiasties, asof julle dit vir die Here doen en nie vir mense nie.

“When you say Yes you define your values, when you say No you define your boundaries”

Shauna Niequist aanhaling
..... if you, like me, have said too many yeses, and found that all that hopeful, exciting, wide-open intention has actually left you scraped raw and empty, the word that can change everything is NO.
I know. I don’t like it either.
Yes is fun and sparkly and printed on tote bags. No? What if you saw someone wearing a sweatshirt that just said no? I do not want to sit next to that bundle of fun.
But NO became the scalpel I wielded as I remade my life, slicing through the tender tissue of what needed to go and what needed to remain.


Die Bybel is vol wonderlike nee’s
- Josef (Gen 37-50)
- Daniel (Daniel 3) se drie vriende – Sadrag, Mesag en Abednego
- Nehemia

Die enigste manier hoe jy dit gaan reg kry om nee te sê is presies  soos hierdie voorbeelde uit die OT – ek weet wat my identiteit is en ek weet wat my roeping is – wie is ek en waarom is ek

Psalm 119 – God wil vir my net die beste hê
Die hele Psalm herinner ons dat God se karakter gereflekteer word deur Sy Woord.

PSALMS 119:1-2
Geseënd is hulle wat opreg lewe, wat leef volgens die gebooie van die Here. Geseënd is hulle wat sy waarskuwings gehoorsaam, Hom met volle oorgawe dien,

Psalm 119:9
Hoe kan ’n jongmens ’n skoon lewe lei? Deur sy lewe in te rig volgens u woord.
Psalm 119:11
Ek het u woord in my hart gebêre zodat ek niet teen U sou bondig die.
Psalm 119:18
Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sien wat opgeskryf is in u gebooie.
Psalm 119:32
Ek sal die pad van u gebooie navolg, want U sal my begrip verbreed.
Psalm 119:105
U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad.
Psalm 119:165
Hulle wat u gebooie liefhet, het groot sekuriteit en niks sal hulle laat struikel nie.

Heb 4:15
Hierdie Hoëpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie.

Die 3 groot NEE van Jesus – Daar staan geskrywe

LUKAS 4:1-12
Jesus het vol van die Heilige Gees die Jordaanrivier verlaat. Hy is deur die Gees na die woestyn toe gelei, waar die duiwel Hom vir 40 dae lank versoek het. Hy het die hele tyd niks geëet nie en aan die einde daarvan was Hy baie honger. Die duiwel het toe vir Hom gesê: “As jy die Seun van God is, verander hierdie klip in ’n brood.” Maar Jesus het vir hom gesê: “Nee! Die Skrif sê: ‘’n Mens het meer as brood nodig om van te lewe.”

Daarna het die duiwel Hom na ’n hoogte geneem en in ’n oogwink vir Hom al die koninkryke van die wêreld gewys. Die duiwel het vir Hom gesê: “Ek sal vir jou die glorie en die mag oor al hierdie koninkryke gee, want hulle is myne om vir enigeen te gee vir wie ek wil. Ek sal dit vir jou gee as jy neerbuig en my aanbid.” Jesus het geantwoord: “Die Skrif sê: ‘Jy moet die Here jou God aanbid en Hom alleen dien.”

Toe het die duiwel Hom na Jerusalem geneem, na die hoogste punt van die tempel, en gesê: “As jy die Seun van God is, spring hier af! Want die Skrif sê: ‘God sal aan sy engele opdrag gee om jou te beskerm. “En: ‘hulle sal jou op die hande dra sodat jy nie dalk jou voet teen ’n klip stamp nie.” Jesus het hom geantwoord: “Die Skrif sê ook: ‘Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”

- Ek is wat ek het
- Ek is wat ek doen
- Ek is wat mense van my dink

‭‭Titus‬ ‭2:11-12‬ ‭NIV‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬
“For the grace of God has appeared that offers salvation to all people. It teaches us to say “NO” to ungodliness and worldly passions, and to live self-controlled, upright and godly lives in this present age,”

No comments:

Post a Comment