Kom dié November saam op reis deur Ps. 119.
• Ontdek God se Ja, dit sal jou help om vir die regte goed Ja en Nee te sê.
• Dit nooi ons om te God vra: “Asseblief help my.”
• Ook om God se goedheid raak te sien en dankie te sê.
Ex 6 – Die fondasie van die Joodse huwelik. God wat JA, sê vir Israel.
Hy hoor hoe die Israeliete om hulp vra.
Ex 6:5 Jy kan verseker weet dat Ek gehoor het hoe die mense van Israel kla omdat hulle soos slawe vir die Egiptenaars werk. Ek het onthou van my ooreenkoms met hulle.
- Hy reageer daarop.
Ex 6:6 “Daarom moet jy vir die Israeliete gaan sê: ‘Ek is die Here. Ek sal julle verlos van die slawewerk in Egipte. Ek sal julle bevry met krag en met sterk vergeldingsdade. 7 Ek maak julle my eie volk. Ek sal julle God wees. Julle sal weet dat dit Ek, die Here julle God, is wat julle van die slawewerk in Egipte bevry het. 8 Ek sal julle laat kom in die land wat Ek onder eed vir Abraham, Isak en Jakob belowe het. Dit sal julle eie land wees. Ek is die Here.
- Die Israeliete glo nie dit nie, maar God hou aan om na hulle uit te reik.
In 2 Kor. 1 maak Paulus verskoning dat hy die beloofde besoek aan hulle moes uitstel.
Hy gebruik die geleentheid om te verduidelik dat die Here se Ja, altyd vasstaan.
2 Kor. 1: 20 want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ’n volmondige “ja”. Daarom is dit ook deur Christus se toedoen dat ons, om God te verheerlik, daarop “Amen” sê
- Elke belofte wat die Here maak dra ‘n stempel van JA.
Wanneer ons retrospeksie hou van die verlede, sal ons soos Josua kan sê: “God was getrou.”
Jos. 23: 14“Ek sal binnekort sterf. Julle moet egter in julle diepste binnekant oortuig wees dat al die wonderlike dinge wat die Here julle God vir julle beloof het, alles reeds plaasgevind het. Daar is nie een van hulle nog uitstaande nie.
Jy kan jou lewe bou op Sy beloftes. Jy kan Hom vertrou.
Ps. 119 Herinner ons aan God se beloftes soos.
Ps 119 116 Hou my staande
soos U beloof het
sodat ek kan lewe.
41 Here, laat u troue liefde
my oordek,
die redding
wat U my belowe het.
68 U is goed en doen net
wat goed is;
leer my u voorskrifte.
90 U trou is vir geslag na geslag,
116 Hou my staande
soos U beloof het
sodat ek kan lewe.
151 Maar U is naby, Here,
en al u gebooie is betroubaar.
- Baie mense voel dat God se beloftes nie op hulle van toepassing is nie.
Hulle voel hulle kwalifiseer nie daarvoor nie.
Ps 119:18 Maak oop my oë
sodat ek die wonders
kan sien wat opgeskryf is in u gebooie.
Rom 4:13 Dit is dus duidelik dat God se belofte om die hele wêreld aan Abraham en sy nasate te gee nie berus het op wetsgehoorsaamheid nie, maar op die nuwe verhouding wat tot stand kom deur die vryspraak deurdat iemand glo.
- Jy kwalifiseer nie op grond van wat jy gedoen het nie, maar omdat jy in verhouding met Hom staan.
Geloof is die sleutel.
Rom 4: 16 Die geloof is dus die sleutel! God se belofte word as ’n genadegeskenk gegee en ons as sy nageslag sal dit baie beslis ontvang – nie net dié wat die wet ontvang het nie, maar almal wat deel in Abraham se geloof. Want Abraham is die vader van ons almal wat glo.
Ek moet glo dat Hy my wil seën, en dat ek die Here se seën mag en kan beleef.
Gal 3:29 Verder, omdat julle aan Christus behoort, ís julle die nageslag van Abraham en dus erfgename van die belofte!
- Omdat jy aan Christus behoort is jy ʼn erfgenaam vir seën.
Die Heilige Gees wil geloof in jou hart aanwakker.
1 Kor. 1:22 Hy het ons as sy eiendom gemerk en die Gees in ons harte gevestig as deposito wat as waarborg dien van alles wat Hy nog vir ons gaan gee.
Ps. 119:38 Bevestig opnuut aan my
u belofte,
wat bedoel is vir hulle
wat U dien.
Onthou en herhaal die beloftes
Ps 119: 49 Onthou die beloftes
aan u dienaar,
want U het my laat hoop.
50 U belofte laat my weer lewe,
dit vertroos my
in al my ellende.
In elke opdrag is daar ’n belofte van lewe – Daar is ’n JA stempel.
Ps 119: 81 Ek verlang na u redding;
ek vertrou op u woord.
PS 119:18 Maak oop my oë
sodat ek die wonders
kan sien wat opgeskryf is in u gebooie.
Ps 119: 27 Leer my verstaan
die betekenis van u bevele,
sodat ek u wonders
kan oordink.
TPT Ps 119: 33 Give me revelation about the meaning of your ways
so I can enjoy the reward of following them fully.
64 Give me more revelation of your ways,
for I see your love and tender care everywhere
• Jesus soek die beste vir my.
• In Sy koninkrykslewe is ’n belofte van seën opgesluit.
Ps. 119 TPT
1 You’re only truly happy when you walk in total integrity,
walking in the light of God’s word.
2 What joy overwhelms everyone who keeps the ways of God,
those who seek him as their heart’s passion!
14 I find more joy in following what you tell me to do
than in chasing after all the wealth of the world.
Daarom kan ek JA sê.
PS 119: 20 Ek word voortdurend verteer
deur ’n begeerte
na u bepalings.
Die belofte van seën bring mee dat ek eerder “wil”, as wat ek “moet”.
No comments:
Post a Comment