Saturday, October 27, 2018

Hope - Restore the Brokeness.



Ons gesels die afgelope 3 weke oor
Reach the lost -  Faith-
Heal the pain - Love
Restore the Brokeness - Hope

Die Here nooi ons om deel te vorm om die gebrokenheid van die wêreld aan te spreek. Anders gestel om sy Koninkryk op die aarde te vestig.

Waarom? 

Joh 10:10 Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.


  • Die vyand se einddoel is om te vernietig.

Ef 6 1-9 verduidelik Paulus hoe God wil hê ons moet leef.

Ef 6:10 -12 verduidelik dat die vyand hierdie waarheid van ons wil kom steel.

Ef 6:10 Ten slotte: Vind krag in julle verbondenheid aan die Here, ja, in die krag van sý sterkte! 11 Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. 12 Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes.

Sy wee staan teenoor die vyand se leuens.

Joh. 14:6 Ek is die weg die waarheid en die lewe.
Die weg… In verhouding met my.
Die waarheid – Wat ek jou leer.
In My is lewe

Jesus het gekom om nie net ons self nie, maar ook die wêreld moet Hom te versoen.
Sy Koninkryk op aarde te vestig.

Kol 1: 19 God het dit goedgedink
om met sy volle Goddelikheid
in die Seun te woon,
20 en om deur Hom alles
met Homself te versoen.
Deur die bloed van sy Seun
aan die kruis
het Hy vrede gemaak.
Ja, deur Hom het Hy alles
op die aarde
en in die hemel
met Homself versoen.

Daarom stuur Hy ons in die wêreld in, om Sy weg te vestig.

Joh 17:15 Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. 16 Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. 17 Laat hulle aan U toegewy wees deur ’n hegte verbintenis aan die waarheid. U woord is die waarheid. 18 Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur. 19 En ter wille van hulle wy Ek Myself aan U toe sodat hulle ook deur ’n hegte verbintenis aan die waarheid aan U toegewy kan wees.

Hab 2 Skryf van die chaos in die wêreld, maar vers 14 verduidelik dat God Sy koninkryk in die chaos wil vestig.

Hab 2:14 Die tyd sal aanbreek
dat die hele aarde vol sal word
met die kennis van die Here
se magtige teenwoordigheid
net soos water die see oordek.

Which means, therefore, that the promise that “the earth will be filled with the knowledge of the glory of the Lord, as the waters cover the sea” is a promise that the earth will be filled with people carrying the glory of God affecting all of creation.

God soek mense om Sy Lig aan te sit in areas in ons samelewing.
Stap 1 Hoe lyk God sy Koninkryksbeginsels in die area?
Stap 2 Wat kan ons doen om Sy beginsels te vestig?
Stap 3 Neem aksie.

In Jesus is daar hoop vir ons toekoms.
Rom 15:13 Ek bid dat dié God wat aan ons ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word deur die kragtige werking van die Heilige Gees.

Hy wil ons gebruik.
2 Tim 1:6 Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe, wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ’n vuur aan te blaas. 7 Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. 8Jy moet dus nooit skaam wees om van ons Here te getuig nie. En moet jou ook nie vir my skaam nie, al is ek ook in die tronk ter wille van Christus. Met die krag wat God jou gee, moet jy gereed wees om saam met my vir die uitdra van die Goeie Nuus te ly.

Hy stuur ons met:
Potensiaal – Krag
Liefde – Motief
Selfbeheersing - Wysheid

Wanneer die Here ons stuur,

  • Raak ons kreatief, 
  • Gebruik Hy ons talente.


Dit bring lewe en herstel in ‘n gebroke wêreld.

No comments:

Post a Comment