Saturday, October 13, 2018

Faith Love Hope 1



In Johannes 6 gebeur die wonderwerk waar Jesus die visies en brode vermeerder. Jesus spreek die volk se fisiese behoefte aan.

Later in die hoofstuk, kom Jesus weer in dieselfde omgewing en Hy verwys na Homself as die Brood van die lewe. Hy is die wonderwerk wat ware lewe bring.

Joh 6: 23 Daar het toe ook ander bootjies van Tiberias af aangekom, naby die plek waar die mense die brood geëet het nadat daarvoor gedank is 26 Jesus het hulle geantwoord: “Ek verseker julle, julle soek My op, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het. 27 Julle moenie werk vir die kos wat vergaan nie, maar vir dié blywende kos wat lei tot die ewige lewe. Dit sal Ek, die Seun van die Mens, aan julle voorsien, want God die Vader het My daartoe bestem.”

Joh 6:35 Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger word nie; en wie op My vertrou, sal nooit weer dors kry nie.

Ek is die bron waarin ware lewe gevind kan word.

Joh 14:6 Ek is die weg die waarheid en die lewe.

  • Die weg… In verhouding met my.
  • Die waarheid – Wat ek jou leer.
  • In My is lewe.


Wat motiveer my om mense te help om Jesus te kies? 


  • Die fokus is nie eerstens om mense te oortuig dat Jesus bestaan nie. 
  • Die fokus moet eerder lê in die lewe wat daar  vir jou is, as jy in verhouding met Hom is.  Jy kan nie bekostig om sonder Jesus te lewe nie.


Ek wil jou help om lewe te kies.

Deut. 30:19 “Vandag gee ek aan jou die keuse tussen lewe en dood, tussen seën en vloek. Ek roep die hemel en die aarde as getuies vir die keuse wat jy gaan maak. Mag jy tog die lewe kies sodat jy en jou nageslag mag lewe! 20 Om die Here jou God lief te hê, Hom te gehoorsaam, jou aan Hom te verbind, bring vir jou die lewe.

Die teenpool van lewe is die dood… Dood  beteken:

  • Buite die skeppingsplan van ware lewe te leef.
  • Onder die invloed van bose te lewe.
  • Om slaaf van sonde te wees.
  • Toestand van onreinheid – dat my sonde afstand bring tussen my en die Here.
  • Ek beleef die effek van sonde – skuld, skaamte en pyn. 


Daarom raak ons missionêr betrokke in mense se lewens.
Soek ‘n punt van kontak. Dit beteken ek is intensioneel besig.
 
Joh 4:7 ’n Samaritaanse vrou kom toe daar aan om water te skep. Jesus vra haar: “Gee vir My asseblief water om te drink.”
Wat kan jy of jou selgroep prakties doen om vriende te help om Ware Lewe te ontdek?
Bring mense in omgewings in waar hulle bewus kan word van Jesus se liefde.

Deel jou storie wanneer vriende meer vrae begin vra oor Jesus, of as jy in die gesprekke kan ontdek daar is honger en dors.
Joh 4:26 Toe sê Jesus vir haar: “Ék is hy – Ek wat nou met jou praat!”

Skep ‘n oomblik van reageer.
Joh 4: 13 Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors word. 14 Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word nie. Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ’n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel.”
15 Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word en hierheen hoef te kom om water te skep nie.”

Verduidelik hulle hoe Rom 5:17 jou lewe verander het.
Gee hulle die volgende gebed as voorbeeld of bid saam met hulle ‘n gebed waar hulle Jesus kan aanneem.
Moedig hulle aan om deur die doop te getuig en vas te maak wat in hulle lewe gebeur het.





No comments:

Post a Comment