Friday, October 5, 2018

Wie sê julle is ek? Jesus die koning.



Wie sê julle is ek? 

Matteus se perspektief oor Jesus
.

  • Matteus skryf aan die Joodse gemeenskap, om hulle te oortuig dat Jesus die Messias, die lang verwagte Koning is.
  • 130 Ou-Testamentiese profesieë  word vervul. 


Bv. Die wyse manne volg die ster op soek na die Koning.
Num. 24:17 en word vervul in Matt. 2:1

Selfs die geslagregister is deel van die profesie wat vervul word.
Jes. 9: 5-6 Vanuit Dawid se troon sal ’n heerser opstaan wie se heerskappy nooit beeindig sal word nie.
Matt 1:1 Hier volg die familieregister van Jesus Christus. Hy was die Seun van Dawid, en uit die nageslag van Abraham.

 Die tema “die koning uit die geslag van Dawid” word gereeld raak gelees.


  • Lees Matt. 21 Die verhaal waar Jesus met ʼn donkie in Jerusalem inkom.


Matt. 21:5 “Sê vir die volk van Israel:
‘Kyk, julle Koning
kom na julle toe.
Hy is saggeaard
en Hy ry op ’n donkie,
ja, op die vul
van ’n pakdier.’”


  • Jesus self verwys na Hom as die Koning van die Jode. 


Matt 27:11 Jesus het voor Pilatus, die Romeinse goewerneur, verskyn. Die goewerneur het Hom gevra: “Is jy die Koning van die Jode?”
Jesus antwoord: “Dit is soos u sê.”

En selfs op sy kruis staan die woorde:

Matt 27: 37 Hulle het ’n plakkaat, met die rede vir Jesus se kruisiging daarop, bokant sy kop vasgesit. Dit het gelui: “Dit is Jesus, die Koning van die Jode.”

Koningsheerskappy of Koninkryk van die Hemel.

Johannes kondig aan dat Jesus ’n koninkryk kom vestig.

Matteus 3: 1 Op ’n dag verskyn Johannes die Doper in die woestyn van Judea en kondig God se boodskap aan 2 deur te sê: “Kom tot inkeer! God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin!”

Matteus kom leer ons oor die beginsel om in die koninkryk te dien.

Jesus daag ons uit om Hom te volg as koning, en die koninkryksbeginsels ons wyse van lewe te maak.

Dit is waarom Matteus die skrywer, begin met die bergpredikasie.

Lees Matt. 4:17 tot Matt. 7 en sien waar jy nog moet groei.


  • Hier is lewenslesse oor elke faset van jou lewe. 
  • Jesus verwys daarna as die manier om gelukkig te lewe – Matt. 5


Daarom leer Jesus dat die koninkrykslewe ons hoogste prioriteit moet wees.

Matt 6: 33“Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.


  • Jou keuse is om jou huis op die rots of sand te bou Matt 7:24-28


Matt  8 en 9 Leer ons  dat die koning van die koninkryk met gesag regeer.

Matt 9: 35 Hy het die mense in hulle sinagoges onderrig, die Goeie Nuus van God se koningsheerskappy aangekondig en elke siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.

Wanneer kom die koninkryk?

Matt 10: 7 Gaan kondig aan: ‘God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin!’ 8 Maak siekes gesond, laat dooies opstaan, reinig dié met ernstige velsiektes, dryf duiwels uit. Julle het hierdie volmag verniet ontvang. Doen daarom julle werk ook verniet.


  • Dit het gekom en is in sy volheid in jou. 
  • Dit is besig om te kom, waar ons duisternis vervang met lig.
  • Dit sal in sy volheid kom as Jesus vir altyd kom regeer.


Wie se julle is ek? 

Matt 16: 13Toe Jesus in die omgewing van Sesarea-Filippi kom, vra Hy sy dissipels: “Wie dink die mense is Ek, die Seun van die Mens?”


  • Die vraag is ook relevant vir jou. Wie is Jesus vir jou?


Petrus se antwoord:

Matt16:16  Simon Petrus het geantwoord: “U is die Messias, die Seun van die lewende God.”
17Jesus het hom geantwoord: “Gelukkig is jy, Simon seun van Jona, want my hemelse Vader het dit aan jou bekendgemaak. Hierdie wete het jy nie van enige mens ontvang nie.
Maak jou hart oop en ontdek die waarheid van wie Jesus is.

Matt 16:18“Ek verklaar nou vir jou: ‘Jy is Petrus. Op hierdie rots sal Ek my kerk oprig, en al die magte van die doderyk sal dit nie oorwin nie. 19Ek vertrou die sleutels van God se koninkryk aan jou toe. Wat jy ook al op aarde toesluit, sal ook by God toegesluit bly, en wat jy ook al oopsluit, sal ook by God oopgesluit bly.’”


  • Jesus het kom woning maak in jou, Sy “koninkryk” is in jou. 
  • Daarom kan jy sy ambassadeur wees wat Sy lig in duisternis in dra.


No comments:

Post a Comment