Saturday, May 28, 2016

Een kerk.


Wat is die eerste gedagte wat by jou opkom jy die woord kerk hoor?

Die Bybel verwys na kerk in drie vorme:
1. Die kerk as God se liggaam, ‘n versamelnaam van alle gemeentes.
2. Kerk in ‘n sekere geografiese omgewing.
3. Die kerk as ‘n enkele gemeente

Ons het nodig om waardering te hê vir alle gemeentes.

God droom om alle mense en kulture te bereik.

Mense verskil, daarom is daar verskillende style om almal te bereik.

1 Kor. 9: 20 Onder die Jode het ek soos ’n Jood geword om hulle vir Christus te wen.
Elke gemeente vorm deel van God se plan  en lewer n spesifieke bydrae.
Daarom moet ons gemeenstes waardeer vir die verskillende rolle en die impak wat hulle maak.

Die kerk se verantwoordelikheid.

Geestelike atmosfeer. 
Mense moet ..
Tot wedergeboorte kom.
Dissipel word.
Versorg word.

Sosiale omstandighede
Versorging van die weduwees en wees.
Armoede-vraagstuk.
Opvoedkunde.

Transformasie
Die kultuur van die omgewing te help verander.

Daarom moet ons deel van God se droom en plan (die kerk) raak.

Die kerk is God se plan 

Matt 16: 15 “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?”
16 Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”
17 “Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is.18 En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

Jy is Petrus : “Petros” en jy sal deel wees van my die Rots (Petra) waarop die kerk gebou sal word.

Twee lesse
Die Kerk is die plan van die Here, gebore uit die hart van die Here om sy naam uit te dra en ons elkeen is “Petrusse” deel van God se kerk.
Die vyand  sal die kerk nie kan keer nie.

Selgroep vraag: Hoe raak die skrifgedeelte julle selgroep?

Petrus het die woord prakties begin uitleef.

Hand 2:  3000 mense kom tot bekering onder Petrus se prediking.

Die kerk kom tot stand en elkeen raak deel van die visie.

Hand 2:46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, 47en God geprys.
Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.

Hand 4:2 Petrus se passie en uitleef van die visie laat hom in die tronk beland.

Hand 4:8 Vertel hy die priesters dat hy sy lewe gee om Jesus (die Rots) se boodskap uit te dra, want dit hou lewe vir almal in.

Hand 4:13 Die raadslede was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se waagmoed sien, want hulle het besef dis gewone mense sonder enige besondere opleiding. Hulle het hulle ook herken as mense wat saam met Jesus was.

Hulle word verbied om om die boodskap verder uit te dra.

Lees net die gebed van die eerste kerk. Gedryf deur passie.
Hand 4:29 En nou, Here, hoor hoe dreig hulle ons. Gee dat ons, u diensknegte, u woord met waagmoed sal verkondig. 30 Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”

Hulle bid nie vir beskerming nie.
Hulle bid vir waagmoed, want die passie  en visie het hulle gedryf.

Hand 5: Selfs nadat hulle weer gevang is, in die tronk gegooi is en ook geslaan is het hulle nie passief geraak nie.
Hand 5: 42 En elke dag het hulle aangehou om mense in die tempel en van huis tot huis te onderrig en die Goeie Nuus te preek dat Jesus die Messias is.

Gee jou lewe vir God en koop in Sy plan, die kerk in

Gee jou tyd, talente en finansies.

1. Dalk is een klein stappie “Commitment”

Hand 2:46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom.

“Commitment” om 
Jou lewe aan te pas om deel van die kerk te wees.
Deel van ‘n groep te word, waar die Here jou kan gebruik
Saam te bid.
Jou tyd te gee om om uit te reik.

2. Waagmoed 
Here ek is bereid om die omgewing te infiltreer en transformasie te bring.
Om geleenthede wat my padlangs kom, nie te laat verby gaan nie, maar in daardie spasie in te stap.

Bid 
Hand 4:29 En nou, Here, .... Gee dat ons, u diensknegte, u woord met waagmoed sal verkondig.

No comments:

Post a Comment