Saturday, May 14, 2016

One: DIe Heilige Gees leer my lewe


Vir drie jaar het die dissipels die geleentheid om aan die voete van Jesus te sit. Hier kon hulle sien hoe Hy geleef het, sodat hulle ook so kon leef.

Daarom verstaan ons dat Jesus se laaste opdrag die volgende is:

Matt 28:19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Jesus vertel sy dissipels net voor hy sterf die nuus dat Hy weggaan.

Joh 14: 2 In die huis van my Vader is daar baie kamers. As dit nie só was nie, sou Ek dit aan julle gesê het. Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak. 3En as Ek gegaan en vir julle plek ingerig het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is. 4Julle weet mos waarheen Ek gaan, en hoe om daar te kom.”

Hy bemoedig hulle met die wete dat Hy die Vader sal vra om die Heilige Gees na hulle te stuur.

Joh 14:16 En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees;

Ander beteken : Ek stuur iemand soos ek.

Iemand wat julle sal leer, soos ek die dissipels geleer het.

Joh 14:26  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Joh 16 5 Alles waaroor die Vader beskik, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: ‘Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle meedeel.’”

Dit is beter as wat ek by julle sal bly: Waarom sê Jesus dit? 

John 14:16: … om vir altyd by julle te wees
Ek gaan vir julle die Heilige Gees gee – asof ek saam met julle gaan wees:
Die Heilige Gees gaan 24/7 by jou wees.

Moet nooit dat hierdie waarheid alledaagse nuus word nie.

Waarskuwing

Ef 4:30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing

Jameson
"Whereby ye are sealed" -- this tells us that we can grieve the Holy Spirit, but we cannot grieve Him away, because we are sealed in Him. How wonderful this is! You were sealed in the Holy Spirit at the moment of regeneration.

Hierdie gedeelte eindig met die waarheid van julle is verseël: Julle is in ‘n eenheidsband verseël met die Heilige Gees

Eph 4:30  Don't grieve God. Don't break his heart. His Holy Spirit, moving and breathing in you, is the most intimate part of your life, making you fit for himself. Don't take such a gift for granted.

Die woord bedroef beteken: Die Heilige Gees raak hartseer oor die effek van jou eie keuses.

Wat is die rol van die Heilige Gees?
Om jou te help groei sodat jy kan optree soos wie jy in Christus is.
En om jou te stuur na ander in nood .

Selgroep vraag: Wat sien julle as die rol van die Heilige Gees verder?

Die Heilige Gees leer jou om n nuwe wyse van leef. Soos Jesus 

Joh 14 16 En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees; 17dit is die Gees van die waarheid

Joh 16:7 Laat Ek julle egter die waarheid vertel: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Raadgewer, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie. As Ek egter weggaan, sal Ek die Raadgewer na julle toe stuur. 8 En wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sy sonde, van God se regverdige oordeel, en dat die oordeel hier is.
13 Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel. 14 Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My sal ontvang, aan julle sal meedeel. 15 Alles waaroor die Vader beskik, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: ‘Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle meedeel.’”

Die Heilige Gees wil jou leer en in jou innerlike wese jou oortuig wat is die regte besluit.

Selgroep vraag: Hoe het die Heilige Gees jou al gelei?

Hy is jou raadgewer 

Joh 16 14 Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My sal ontvang, aan julle sal meedeel
Sy doel is om jou te leer en om jou optrede in lyn te bring met:

1. Wie Jesus is
2. Wat jou ware identiteit is:
Dit is primêr om jou te help transformeer en sekondêr om jou nood aan te spreek.

Rom 12: 2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.


Tweedens: Die Heilige Gees stuur jou ook om soos Jesus na ander uit te reik in Sy krag.

1 kor 12:7 Elkeen van ons ontvang ’n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel.

Jy is deel van ‘n gemeente: Dit is belangrik om tyd uit te koop sodat jy deel kan raak van ‘n gemeenskap en
om verantwoordelikheid op te neem vir mekaar.

Sodoende kan Jesus jou in die gemeenskap gebruik om na mekaar uit te reik. Jy kan die instrument wees waardeur Hy ander kan bemoedig en versterk.

Bid vir ander en skep spasie waar jy kan luister.
Deel gedagtes van bemoediging.
Ondersteun mekaar.

Selgroep vraag: Vertel n storie waar die Heilige Gees deur jou gewerk het om ander se lewens aan te raak.



No comments:

Post a Comment