Saturday, April 30, 2016

One Reeks 1 - Hoekom Jesus?


Vanoggend het ek een vraag: Hoekom Jesus? Hoekom nie Islam of Buddha of New Age....
Wat is dit wat so anders is aan Jesus dat Hy die Een is?

Die mense se soeke in homself vra altyd...

Waar kom ons vandaan?  - oorsprong
Maak my lewe sin? - betekenis
Maak ek regtig ‘n verskil? – morele standaard 
Waarheen is ek oppad? – ‘destiny’

Elke godsdiens is die wêreld is opsoek na die antwoorde in hierdie verband...so wat maak Jesus dan so uniek, wat Hom laat uitstaan bo elke ander God of godsdiens....

Jesus het vir hom gesê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom." (Joh 14:6-7 ANV)

1. Hy beskryf die mens se kondisie soos wat dit is

Sy unieke beskrywing van ons kondisise in die beskrywing van die mens se kondisie- beskryf jou hart presies soos wat dit is, opstand verwerping van God, mens word velei om soos God te wees in die tuin. Herdefinisie van goed en sleg, In ‘n studie wat gedoen is in 2010 oor wat die nr 1 uitdaging is vir die mens het koeripsie bo omgewing en armoede uit gekom(Gen 3)

…maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken." (Gen 3:5 ANV)

CS Lewis beskryf die mens se kondisie so...
Heaven understands hell and hell does not understand heaven.... To project ourselves into a wicked character, we have only to stop doing something and something we are already tired of doing; to project ourselves into a good one we have to do what we cannot and become what we are not. – C.S. Lewis

Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen. (Jer 17:9-10 ANV)

Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee. (Eze 36:26 ANV)

Natanael se storie...

Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: "Ons het Hom gekry van wie Moses in die wet geskrywe het en van wie die profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van Nasaret, die seun van Josef." Maar Natanael sê vir hom: "Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?" "Kom kyk," het Filippus hom geantwoord. Toe Jesus vir Natanael na Hom toe sien aankom, sê Hy van hom: "Hier is 'n ware Israeliet, 'n man in wie daar geen bedrog is nie." Natanael vra Hom toe: "Waarvandaan ken U my?" "Voordat Filippus jou geroep het," antwoord Jesus hom, "toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou al gesien." Toe roep Natanael uit: "Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!" Daarop sê Jesus vir hom: "Glo jy omdat Ek vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom gesien het? Jy sal nog groter dinge as dit sien." Verder sê Jesus vir hom: "Dit verseker Ek julle: Julle sal die hemel oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na die Seun van die mens toe."
(Joh 1:45-51 ANV)

Die mens val so vas in sy eie kondisie, hy het nodig om in die spieel te kyk en te sien hy kan homself net self vind in Jesus (Jakob se storie – engele uit hemel tot op aarde...die woonplek Gen 28:10-17, Jesus verduidelik - Joh 14)
Elke ander godsdiens sê jy moet maar probeer om uit te kom, of jy is dit in jouself. Christenskap is die enigste plek waar een vir ons die prys betaal, Hy sonder sonde was en ek en jy onsself in Hom kan vind die bloudruk van menswees.

2. Hy kom en gee vir ons die antwoord; vergewe want Ek het die skuld betaal.

maar Jesus het na die Olyfberg toe gegaan. Die volgende môre vroeg was Hy weer in die tempel en die hele volk het na Hom toe gekom. Hy het gaan sit en hulle geleer. Die skrifgeleerdes en die Fariseërs bring toe 'n vrou wat op owerspel betrap is, en laat haar in die middel van die kring mense staan. Hulle het vir Hom gesê: "Meneer, hierdie vrou is op heter daad betrap waar sy owerspel gepleeg het. Moses het ons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig, maar u, wat sê u?" Dit het hulle gevra om Hom uit te lok, sodat hulle iets kon kry waaroor hulle Hom kon aankla. Maar Jesus het gebuk en met sy vinger op die grond geskrywe. Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: "Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi." Daarna het Hy weer gebuk en op die grond geskrywe. Toe hulle hoor wat Hy sê, het hulle een vir een begin wegloop, die familiehoofde eerste. Jesus is alleen agtergelaat saam met die vrou daar in die middel van die kring mense. Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: "Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?" "Niemand nie, Here," sê sy. Toe sê Jesus: "Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie." (Joh 8:1-11 ANV)

Islam sê: jou goeie dade moet jou slegte dade oorweldig. , budisme – jy sal betaal karma, hindu – nirvana- jy sal betaal vir jou dade
Voorbeelde van God se genade...Vrou by die put (Joh 4).
Die vrou met die albaster vles (Mark 4)

Jesus was in Betanië in die huis van Simon die melaatse. Terwyl Hy aan tafel was, het daar 'n vrou gekom met 'n albaste fles egte, baie duur nardusolie. Sy het die fles oopgebreek en die inhoud daarvan op sy kop uitgegiet. Party van die mense het onder mekaar hulle verontwaardiging uitgespreek: "Waarvoor is hierdie vermorsing van reukolie? Hierdie reukolie kon vir meer as drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir armes gegee gewees het." En hulle het teen haar uitgevaar. "Laat staan haar," het Jesus gesê. "Waarom maak julle dit vir haar moeilik? Sy het 'n goeie daad aan My gedoen. Julle het tog altyd armes by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen, maar vir My het julle nie altyd by julle nie. Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam gesalf as voorbereiding vir my begrafnis. Dit verseker Ek julle: Oral waar die evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot 'n herinnering aan haar." (Mar 14:3-9 ANV)

3. Die deurdra in pyn en leiding.

Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels vra Hom toe: "Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?" En Jesus antwoord: "Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. (Joh 9:1-3 ANV)

Islam, budisme en Hinduisme sou sê hy en sy ouers het gesondig, laat hy die prys betaal

4. Hy is die een wat ons hoop gee deur Sy opstanding.

Die glo in verskillende paaie wat lei na jy is eintlik ‘n god of ‘new age’ maak jou eintlik gelykstaande aan stof wat jy veronderstel is om oor te heers.

On the material level, both you and [a] tree are made up of the same recycled elements: mostly carbon, hydrogen, oxygen, nitrogen, and other elements in minute amounts. You could buy these elements in a hardware store for a couple of dollars.... The real difference between the two of you is in the energy and in the information.... Your body is not separate from the body of the universe, because at quantum mechanical levels there are no well-defined edges. You are like a wiggle, a wave, a fluctuation, a convolution, a whirlpool, a localized disturbance in the larger quantum field. The larger quantum field-the universe-is your extended body.- Deepak Chopra (The 7 spiritual laws of Success)

En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud. Verder sou dit beteken dat ons vals getuienis oor God afgelê het, omdat ons teen God in getuig het dat Hy Christus opgewek het. As dit dan waar is dat die dooies nie opgewek word nie, het Hy Christus ook nie opgewek nie. As die dooies nie opgewek word nie, is Christus ook nie opgewek nie. En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense. Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. (1 Kor 15:14-20 ANV)

Waar is jy en ek?

1. Wat beteken dit vir my en jou? (Rom 3:23-26)

  • Behoefte aan aarvaarding
  • Behoefte aan “purpose”

Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo. (Rom 3:23-26 ANV)

2. Daar is ‘n oplossing vir ons skuld, skaamte en seer (Rom 5:8-9)

  • Sy liefde vir ons (Joh 3:16)
  • Sy prys vir ons (Rom 5:8)

Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word. (Rom 5:8-9 ANV)

3. My reaksie op Hom (Rom 8 & 9)

  • Ek is vergewe (Rom 8:1)
  • Ek glo Hom (Rom 10:9-10)

As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. (Rom 10:9-10 ANV)

4. My lewenswyse verander (Mark 1:19-20)

  • Ek volg Hom
  • Ek maak dissipels van Hom

Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld."
(Mat 28:19-20 ANV)

Faith in the biblical sense is substantive, based on the knowledge that the One in whom that faith is placed has proven that He is worthy of that trust. In its essence, faith is a confidence in the person of Jesus Christ and in His power, so that even when His power does not serve my end, my confidence in Him remains because of who He is. - Ravi Zacharias

7 comments:

  1. Die glo in verskillende paaie wat lei na jy is eintlik ‘n god of ‘new age’ maak jou eintlik gelykstaande aan stof wat jy veronderstel is om oor te heers.

    ReplyDelete
  2. MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou; Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë — en geen vreemde nie — sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.
    JOB 19:25‭-‬27 AFR53
    http://bible.com/5/job.19.25-27.AFR53

    ReplyDelete
  3. Die bybel self praat baie oor stof, ons is ook uit stof gemaak. Wat is die stof?

    ReplyDelete
  4. My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord. My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge!
    PSALMS 119:25‭-‬26 AFR53
    http://bible.com/5/psa.119.25-26.AFR53

    ReplyDelete
  5. ONTWAAK, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine meer kom nie. Skud jou los uit die stof, staan op, sit neer, o Jerusalem! Maak los die bande aan jou hals, o gevangene, dogter van Sion! Want so sê die Here : Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.
    JESAJA 52:1‭-‬3 AFR53
    http://bible.com/5/isa.52.1-3.AFR53

    ReplyDelete
  6. En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword. Ook het die Here God ’n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ’n plek gegee.
    GÉNESIS 2:7‭-‬8 AFR53
    http://bible.com/5/gen.2.7-8.AFR53

    ReplyDelete
  7. You have nice collections of please chekout our Songs Website Songs, movies from All Around the World.

    ReplyDelete