Saturday, April 9, 2016

Lig en Vry: Restourasie



Johannes bid dat dit met ons goed sal gaan na liggaam siel en gees.
3 Joh 1: 2  Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.
Aan die anderkant is daar faktore wat jou wil beroof van ‘n lewe van oorvloed.

Daar is basies vyf primêre elemente wat die vyand gebruik om ons te verniel en te vernietig.
i) Aanvalle van die vyand
 Die duiwel wil mense se lewens vernietig.
ii) ’n Disfunksionele agtergrond.
Dit wat negatief in my verlede gebeur het, het ’n effek in terme van hoe ek vandag leef.
iii) ’n Ongedissiplineerde lewenswyse.
Dit is wanneer jy begin leef buite jou skeppingsdoel.
iv) Fisiese aanslae in ons lewens.
Waar siekte deel word van ons lewe en ons lewenskwaliteit beïnvloed.
v) Uitdagings van die lewe.
Dit is waar jy perspektief begin verloor as gevolg van negatiewe dinge wat in jou lewe gebeur.

Selgroepvraag: Gee praktiese voorbeelde uit julle eie lewe.

Jesus het van dorp tot dorp gestap en die gebrokenheid van die mense ontdek.

Matt 9: 35 Jesus het deur al die dorpe en kleiner plekkies rondbeweeg.
36 Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid. Hulle was soos skape sonder ’n wagter. 37 Daarop sê Hy vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die werkers is min. 38 Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien.”

Hy ontdek mense wat stukkend en weerloos is.
Daarom  roep Hy mense om betrokke te raak in stukkende mense se lewens.

Jesus stel die voorbeeld.

Matt 9: 35 …. Hy het die mense in hulle sinagoges onderrig, die Goeie nuus van God se koningsheerskappy aangekondig en elke siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.

Jesus sê self ons is bestem om in heerskappy te wandel:

Joh 10:10 Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.
Jesus daag ons uit om ons heerskappy op te neem.

Jou pad na restourasie 

Stap 1 Identifiseer jou probleem
Waar staan ek tans?
Wat ervaar ek?
Watter pyn, emosie en gedagtes koester ek?
Watter optrede is buite God se skeppingsplan vir jou lewe?
Watter negatiewe gewoontes het deel van jou lewe geword?

Matt 9:36 Jesus identifiseer mense se seer.

Kyk nog dieper.
Was daar nie ongedissiplineerde gedrag of gewoontes wat die wortel is van simptome is nie?
Was daar nie ‘n disfunksionele agtergrond wat ‘n invloed het op jou optrede nie?

Baie keer is die gevolg van omstandighede  buite jou beheer.

Soos Fisiese aanslae of onvoorsiene uitdagings
Hierdie omstandighede kon jou persepsie van wie God is en wat Hy vir jou lewe in stoor het verander.
Het dit?

Die duiwel is ook ‘n werklikheid en is deel van die rede waarom ons restourasie nodig het.

Jak 1 14 Ons eie sondige begeertes beproef ons, sleep ons saam en verlei ons.15 As ons sondige begeertes eers bevrug geraak het, is sonde die babatjie wat gebore word. En as hierdie babatjie kans kry om volwasse te word, gee dit geboorte aan die dood.
Hy plant negatiewe gedagtes. Besef dit, en identifiseer hierdie gedagtes wat jy toegelaat het.

Selgroepvraag: Watter area in jou lewe het restourasie nodig?

Stap 2 Ontdek en sien wat die Here vir jou in stoor het.

Wat is Jesus se uitspraak oor jou lewe?
Hebreërs 11:1 Wat is geloof dan? Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.
Geloof is geestelike oë om God se oorvloedslewe te sien.
Om jouself te sien in jou skeppingsdoel.

Lees weer 3 Joh 1:2
Jy gaan gereeld gekonfronteer word met die vyand se stem van versoeking.
Daar teenoor gaan die  Heilige Gees jou die waarheidslewe wil wys.
Sien hoe jou lewe sal lyk wanneer jy volgens God se lewenswyse optree.

Stap 3 Besluit jy is bestem om te heers.

Jak.2:7 Dis duidelik: Om net te sê jy glo, is nie genoeg nie. Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie – sulke geloof is dood en help niks. 18 Maar iemand sou kon redeneer: “Party mense het geloof, en ander het dade.” Ek sê: “Wys my jou geloof wat sonder dade is. Maar juis uit my dade sal ek jou my geloof wys
Geloof is om te sien
Dade is om jou lewe te rig en die pad van heerskappy te begin stap.
Dit is wat Jesus geleer het in Matt 9 is die beginsel van Koningsheerskappy

Die Heilige Gees gee jou krag
2 Tim 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

Die Heilige Gees lei jou
Jy stap in gehoorsaamheid.

Stap 4 Neem verantwoordelikheid vir jou toekoms
Breek met die idee dat jy n slagoffer is: die verlede is verby. Neem jou oorwinningslewe in besit.

Lees Gideon se verhaal in Rigters 6

Hy leef in vrees vir more a.g.v sy omstandighede.
11 Die Engel van die Here het onder die eikeboom in Ofra kom sit. Dit het aan Joas van die Abiëserfamilie behoort. Sy seun Gideon was besig om onder op die vloer van ’n parskuip koring uit te slaan. Hy het daar vir die Midianiete weggekruip.

Die engel kom verander sy perspektief:
1. Oor homself en herinner hom dat hy bestem is om te heers.
12 Die Engel van die Here het toe aan hom verskyn. Hy het vir hom gesê: “Die Here is by jou, dapper man!”

2. Oor God.
13 ‘Die Here het ons uit Egipte bevry.’ Maar nou het die Here sy rug op ons gedraai. Hy het ons uitgelewer aan die mag van die Midianiete.”
God sorg nie
14 Die Here het toe na Gideon toe gedraai en vir hom gesê: “Gaan met hierdie krag wat jy het en gaan bevry die Israeliete uit die mag van die Midianiete! Ek stuur jou.”
Die Here sal voorsien, Hy is in staat.

3. Sy disfunsksionele agtergrond het veroorsaak dat hy ‘n swak selfbeeld gehad het.
15 Maar Gideon sê vir Hom: “Verskoon my, Meneer, maar hoe kan ek Israel red? My familie is een van die swakstes in Manasse. Ek is die onbelangrikste lid in my pa se familie.”
Die engel se reaksie : Leer om in God se krag te wandel.

16“Ek is dan saam met jou!” het die Here vir hom gesê. “Jy sal al die Midianiete verslaan asof jy net teen een man veg.”

1 Joh 4:4 Julle is egter van God afkomstig, my kinders, en julle het hulle reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon

Stap 5 Berou
As jy besef jy moet verantwoordelikheid neem is jou vertrekpunt berou.
EK is jammer.
Ek kies om my te belyn met ‘n ander waarheid

Stap 6 Bid 

Bid dat die Here vir jou n deurbraak sal bewerk.

Voorbeeld van Petrus in die tronk.
Hand 12:5 So is Petrus in die gevangenis bewaak; maar daar het aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan
Jak 5: 13 Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor. En dié wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere sing nie.
14 Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom. Nadat die ouderlinge die siekes met olyfolie in die Naam van die Here gesalf het, moet hulle vir hulle bid

Stap 7 Verander jou gedrag 

Die woord vir sonde is Harmatia : Wat beteken om Jou doel van jou lewe te mis.
Belyn jou optrede met Wie jy in Christus is.
Verander optredes wat jou van oorvloedslewe beroof.

Gal 5: 24 Maar dié wat aan Christus Jesus behoort, het die hartstogte en die begeertes van hulle sondige geaardheid gekruisig. 25 Ons lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal

1 Petr 2: 9 Dit geld egter nie vir julle nie, want God het júlle as sy volk gekies. Julle is ’n koninkryk wat uit priesters bestaan, ’n nasie wat heeltemal in God se diens staan, ’n volk wat heeltemal God s’n is. Dít het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is.

Neem jou heerskappy op en beleef hoe Jesus jou begelei tot restourasie.

Selgroep: Bid saam met mekaar dat die Here restourasie kan bewerk.

No comments:

Post a Comment