Saturday, April 2, 2016

Lig en Vry - Devine Exchange




Dit maak my so opgewonde om vanoggend ons Life reeks Lig en Vry af te skop.

Die tema is gebaseer op Matt 11:28-30 in die Message vertaling.
“Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me – watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

Vryheid lyk vir elkeen van ons anders:

Foto’s van Vryheid

Maar wanneer ons vandag begin gesels oor Lig en Vry en oor die Goddelike ruiltransaksie wat aan die kruis plaasgevind het, is dit nie soseer om jou met net een ding huis toe te stuur nie. Die prentjie is eintlik om jou in ‘n winkel in te vat en vir jou te wys wat tot jou beskikking is. Waarop jy kan aanspraak maak, wat joune is. Klaar betaal. Jy kan kies wat jy daarvan gaan vat. Dis soos wanneer hulle jou bel en sê jy kan opgradeer met jou selfoon: Jy kan kies om aan te gaan met jou ou selfoon, met die gekraakte skerm en die sat battery, of jy kan ingaan na die winkel en jou nuwe foon gaan haal. Hierdie reeks maak my baie opgewonde, want as jy kies om in besit te neem wat reeds joune is, gaan jou lewe nooit weer dieselfde wees nie.

Chani se storie.

Daar is onlangs navorsing gedoen, oor watter speeding of speletjie wêreldwyd vir kinders die meeste genot gee. “Waar’s hy….Waar’s hy? Daar’s hy!!” (Foto’s). So weet ek, dat as ons vandag die “Daar’s hy!” gaan ontdek van dit wat die vyand vir so lank vir ons versluier het, dit vir ons soveel vreugde en genot gaan veroorsaak.

Ons het sopas Paasfees en dit wat Christus vir ons aan die kruis gedoen het, gevier. Tog dink ek ons snap baie keer net die helfte van wat regtig daar gebeur het. Ons verstaan dat God  vir Jesus in ons plek gestuur, om op Hom te neem, al die straf wat ons verdien. Ons verstaan Hy het ons  straf, sonde, siekte, alles op Hom geneem het. Die ander helfte, is die “Daar’s hy!” gedeelte. Nie net het Hy alles wie ons was op hom geneem nie, Hy het alles wie Hy was op ons kom sit. Al die genade, liefde, geregtigheid, oorvloed, Vryheid, wat Syne was, het Hy vir ons kom gee! Dit is wat dit beteken as ons praat van die verbond wat Hy met ons kom sluit het. Alles wat myne is word Syne, maar ook word alles wat Syne is, myne. Daarom kom vat Hy nie net al die negatiewe goed wat ek verdien het nie, Hy kom gee ook al die ongelooflike “blessings” wat Syne is, vir my. Christus moes sterf sodat ek kon leef. Christus moes vervloek word, sodat ek geseënd kan wees.

Met Adam en die sondeval het goed soos skuld, skaamte en seer deel van die mensdom geword.

Rom 5:17 GB
“It is true that through the sin of one man death began to rule because of that one man. But how much greater is the result of what was done by the one man, Jesus Christ! All who receive God’s abundant grace and are freely put right with Him, will rule in life through Christ.”

Deur die sonde van een mens, het sonde oor ons almal kom heers, maar deur die dood van Christus, het daar verlossing vir almal gekom. God was nooit onkant gevang deur die sondeval nie. Christus was nooit plan B nie. Die oomblik toe God gekies het om ‘n vrye wil in die mens te plaas, het Hy geweet dit gaan Hom Sy seun kos,

Francois du Toit skryf dit so mooi: “God found us in Christ, long before He lost us in Adam”

Aan die kruis het daar ‘n Goddelike Ruiltransaksie (Divine Exchange) plaasgevind, waar Christus vir altyd kom klaarspeel het met ons skuld, skaamte en seer.

Sonde en Skuld
2 Korinthiërs 5:21 “Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.”

Die vyand val ons baie aan met skuldgevoelens. Wanneer ons iets verkeerd gedoen het, voel ons skuldig en ontneem dit ons van ons vrymoedigheid. Christus het nie nodig gehad om eers sonde te doen sodat Hy ons sonde op Hom kon neem nie. Net so het ons nie eers nodig om alles reg te doen en sonder sonde te wees voordat ons geregtig verklaar kan word voor Hom nie. Dit was ‘n ruiltransaksie: Alles wie ek is en verdien, vir alles wie Hy is en verdien.

Jesaja 53:5 “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter will van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring was op hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.”

Oortredinge (transgressions) gebruik die woord AVHON wat letterlik beteken: Skuld/Sonde, die straf daarvoor en die nagevolge daarvan. Met ander woorde: Toe Christus verwond is aan die kruis, het Hy nie net met ons skuld en sonde gedeel nie, maar ook met die straf daarvan, asook die nagevolge daarvan. Daarom straf God ons nie vir ons sonde nie.

Sonde skuif God nie, dit skuif ons. Skuldgevoelens ontneem ons van ons vrymoedigheid om naby aan God te wees. God word nie kwaad vir ons nie, Hy kry nie stilstuipe nie en Hy ignoreer ons nie. Christus het reeds met die straf van sonde gedeel. Daar vind dus ‘n Goddelike ruiltransaksie plaas, waar Christus sê: Ek ruil jou skuld en sonde vir my genade. Die vyand wil ons graag op ‘n plek van onvrymoedigheid hou. In Christus is ons reeds vergewe vir alles wat ons verkeerd gedoen het, maar ook wat ons nog verkeerd gaan doen. As ons restitusie vir ons sonde kon doen, as ons dit self kon regmaak, het Christus nie nodig gehad om aan die kruis te sterf nie. Genade hanteer nie net die effek van Sonde nie, dit gee jou die mag om daaroor te heers. Ons hoef nie weg te hardloop daarvan af nie, ons kan omdraai, dit vierkantig in die oë kyk, en daaroor heers.

Skaamte
‘n Gevoel van daar is iets fout met my (sense of wrongness)

“Shame is an inner sense of being completely diminished or insufficient as a person. It is a self-judging of me. Shame brings humiliation and limitation so painful where the individual is robbed of his/her dignity, feeling exposed as inadequate, bad or worthy of rejection. This leads to behaviour that reflects the conviction of being fundamentally bad, fundamentally defective, unworthy and not worthy to be or valid to be a human being.”

Almal al iewers deur iemand verwond. Verneder en afgebreek. Bring ons by ‘n gevoel van wie ek is, is nie goed genoeg nie.

Isiah 53:5 “But He was wounded for our transgressions, He was bruised for our iniquities…”

Iniquities beteken letterlik ons binne-wonde (our inside wounds).

Hoe ‘n mens oor jouself dink bepaal direk hoe ‘n mens optree. As jy aan jouself dink as nie goed genoeg nie, gaan jy altyd minderwaardig optree. Solank as wat jy die leuens glo wat oor jou lewe gespreek is, solank gaan dit ‘n dominerende effek op jou lewe hê. Terwyl Christus daarmee aan die kruis gedeel het en Hy ons kom ruil vir Sy geregtigheid. God verklaar jou goed genoeg.

2 Kor 5:17 sê ons is ‘n nuwe skepsel.

Christus kom maak vat nie net die skaamte weg nie, Hy maak jou heeltemal nuut. Hy ruil jou skaamte vir Sy geregtigheid.

Soos ‘n stukkende motor, wat nie net reggemaak word nie, maar ingeruil word vir ‘n totaal nuwe een, gratis en verniet.

Seer en pyn
Skuld en skaamte bring ons op ‘n plek van seer en pyn. Dit bring ons op ‘n plek waar ons voel soos Humpty Dumpty, geen menslike poging kan my red nie. Ek het ‘n redder nodig!

Isaiah 53:5 “….and by His stripes we are healed”

Die woord healed is SOZO wat nie net beteken ons is gesond gemaak nie, dit beteken ons is heel gemaak (made whole).

Daarom kom God en Hy gee vir ons gesag om te heers oor hierdie seer. Hy het aan die kruis gesterf, sodat ons heel kan wees.

Romeine 10:10 “Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.”

Bely – Homo Logao. Letterlik om saam met God te begin praat en te verklaar wie jy regtig is.

Toe Jesus aan die kruis uitgeroep het “TETELESTAI!” Dit is volbring, het dit beteken dat Hy alles gedoen wat nodig is, sodat ons vandag heel mense kan wees. Ons kan vandag lig en vry leef, want Hy het reeds met al ons skuld, skaamte en seer aan die kruis gedeel. Daarom kan ons Hom ruil vir Sy genade, geregtigheid en gesag. Tetelestai beteken: Perfectly Perfect of Completely Complete.

Ons voel die heeltyd dit kan nie so eenvoudig wees nie, ons moet iets doen. Josheph Prince sê dit so mooi: It is done done done!

No comments:

Post a Comment