Saturday, June 4, 2016

Meer as net bid: Aanbidding


Een belangrike bousteen in ons gebedslewe is Aanbidding.

Lees die storie van Paulus en Silas wat in die tronk God aanbid het.  Hand 16: 17-26

Hand 16:25 Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister.

Hulle het nie toegelaat dat die omstandighede hulle perspektief van wie God is steel nie.
Aanbidding draai jou terug na die waarheid omtrent God.

Dink terug aan ‘n  oomblik waar jy iets mooi gesien of beleef het, en waaroor jy nie kon ophou praat nie.

Aanbidding is die oomblik waar jy voor God staan, ontdek, beleef en reageer.

Sien God  se reaksie Sef 3:17 oor jou.

Sef 3: 17 Die Here jou God is by julle.
Hy is ’n magtige Verlosser.
Hy is buitengewoon bly oor julle.
Sy liefde sal julle rustig maak.
Met uitroepe van vreugde
sal Hy oor julle jubel.”

Hy sien  jou, beleef oorvloedige emosies van vreugde en reageer daarop.

Staan vir ‘n oomblik voor God en aanskou Hom.

Terwyl jy Bybel lees.
Of net nadink oor wie Hy is.

Wat keer jou om te aanbid? 

1. Wanneer dit eerder gaan oor wat God vir jou kan doen as oor ‘n verhouding met Hom.

Begin God geniet vir wie Hy is.
Passie vir God
P s 63 2 Dawid : Ek soek u o God, my God, ek dors na u ek smag na u soos in dor en droë land, ‘n land sonder water 3 Ek wil by u heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind

Passie vir verhouding met Hom. ‘n Begeerte na intimiteit, om Sy hart te ken.
Passie vir Sy teenwoordigheid, ‘n Begeerte om Hom te ervaar.
Passie om te ontdek: Begeerte om sy karakter en wat Hy in jou kom doen het te ontdek.
En hoe meer jy ontdek, hoe meer wil jy aanbid en hoe meer beleef jy Sy openbaringsteenwoordigheid.

Nog ‘n hindernisse is:

2. Onvrymoedigheid.
Agv. van ons optrede dink ons, ons kwalifiseer nie.
Dit juis in aanbidding wat ons ontdek wat Jesus vir ons kom doen het.

3. Ons emosies:
Ek is moeg, gespanne ens, Die antwoord vir nuwe krag lê juis in God se teenwoordigheid.

Jesus inspireer ons tot ‘n lewe van aanbidding.

Sy aanbiddingslewe het uitdrukking gekry in sy

  • Private tye met sy Vader en 
  • In die publiek saam met Sy dissipels.


Jesus leer Sy Dissipels bid.

Sy vertrekpunt is aanbidding.

Matt 6 Ons Vader in die hemel,
laat u Naam geheilig word.

Hoekom?: Sodat ons vanuit hierdie perspektief die res van ons gebed kan benader

Gebruik die Psalms en gebede van Aanbidding,

Jesus aanbid saam met Sy Dissipels. Lees Matt 26:19-30

Matt 26:30 Hulle het toe die loflied gesing en uitgegaan na die Olyfberg toe.

Omdat dit in die Paastyd was het hulle heel moontlik Ps 113 tot 117 gesing.

Ps 117  Die Here se liefde is groot
1 Loof die Here, al die nasies.
Prys Hom, alle volke.
2 Want sy liefde is groot oor ons;
die trou van die Here
bly vir altyd.
Prys die Here!

Met hierdie perspektief oor wie Sy vader is het Jesus die pad na die dood gestap.

Jesus aanbid nog steeds die Vader saam met ons.

Hebr 2: 12 Want Hy sê vir God:
“Ek sal u Naam bekendmaak
aan my broers en susters.
Ek sal in u gemeente u lof
besing.”


Dit is by Jesus waar die Eerste kerk die hart van aanbidding opgetel het.

Kol 4 6 Laat die rykdom van alles wat Chris­tus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wys­heid moet julle mekaar on­derrig en me­kaar die regte pad wys. Sing met dank­ba­re harte psalms, lofgesange en geesteli­ke liedere tot eer van God.

Deel van hierdie aanbidding behels dat ons uitdrukking gee aan wat in ons hart beleef word, deur:
Die opsteek van hande. Pred 3: 41
Uit te roep. Psalm 95; 1 -2, Psalm 98: 4 – 6
Hande te klap. Psalm 47: 1
Te Sing. Psalm 89: 1,  Psalm 105: 2
Voor hom te buig Psalm 95: 6
In tale te sing 1 Kor 14: 15, Ef 5: 19


Open 5 vertel ons ‘n oomblik van aanbidding: 

Waar ontdek word en gereageer word in aanbidding.
Lees dit deur en ontdek en begin spontaan aanbid.

Open 5:9 Toe sing hulle ’n nuwe lied met dié woorde:
“U is waardig genoeg
om die boekrol te neem
en sy seëls te breek
omdat U geslag is
en met u bloed
mense vir God vrygekoop het,
uit elke geslag en taalgroep,
volk en nasie.
10 U het hulle vir ons
tot konings en priesters
gemaak.”
11 Toe het ek gekyk en ek het die stemme gehoor van baie engele wat rondom die troon gestaan het, asook van die lewende wesens en ouderlinge. Hulle getal was tienduisende, eintlik miljoene der miljoene. 12 Hulle het in ’n magtige koor gesing:
“Die Lam wat geslag is,
is waardig genoeg
om die mag en rykdom,
die wysheid en sterkte,
die eer, heerlikheid
en lofprysing te ontvang.”
13 Die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see en alles wat in hulle bestaan, het ek hoor sê:
“Aan Hom wat op die troon sit
en aan die Lam,
kom toe die lofprysing
en die eerbetoning,
die heerlikheid
en die krag
vir altyd en altyd.”
14 Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het neergeval en Hom begin aanbid.


No comments:

Post a Comment