Showing posts with label Bid. Show all posts
Showing posts with label Bid. Show all posts

Saturday, June 18, 2016

Meer as Bid: Gebede wat groei bring.


Meer as Bid: Gebede wat groei bring.

Johannes verwys na drie groei areas in...

1 Jo 2:13  Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader ken.
1 Jo 2:14  Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.
Kinders: Verstaan sy posisie in Christus.
Jongmanne: Beleef oorwinning oor ou gewoontes.
Vaders: Pas dissipelskap toe.

Om as jongman te oorwin, lê die sleutel daarin, om vanuit jou geesmens te leef.

Gees: Die nuwe jy, waar die Heilige Gees woning kom maak het.
Siel: Hier Maak jy keuses op grond van jou wil in jou denke en dit beinvloed jou  emosie.
Vlees: Ou gedragspatrone, Stem van die vyand, Stem van omstandighede.

Om te breek met jou ou gewoontes, moet jy fokus op jou geesmens.

Woorde het ‘n invloed op jou optredes.

Jak 3:9  Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is. 10  Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie


Jou woorde behoort nie teen God se uitspraak oor iemand of jouself praat nie.

Die beginsel van shalom

Jes 54:10 Want berge wyk en heuwels wankel maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk nie en my vrede (shalom) verbond nie wankel nie Sê die Here, jou ontfermer
Shalom: Ek sal oor jou spreek wat God in jou sien.

Ego God se waarheid

Rom 10:9 – 10
As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Rom  10:9 (Mirror translation)
Now your salvation is realised. Your own word echo God’s voice. The Masterful act of Jesus forms the word in your mouth, inspired by conviction in your heart that God indeed raised Him from the dead.

i) Met jou hart glo jy tot geregtigheid – iets tref jou hart en dit resoneer met jou gees. Jy word bewus van ‘n “dit is wie ek is”. Dit praat van ware identiteit.
ii) Bely met jou mond tot redding – (tot ‘sozo’, tot herstel, tot heelheid.) Shalom, oorvloedigheid in jou lewe bring
iii) Reageer op die Woord. Woordjie “bely” = ‘homo logao’ - Jy praat saam met God oor jou lewe. (Kyk Jakobus 1:22 – 25)

Daardie woordjie “bely” is die  Griekse woord homo logao.  Homo wat beteken dieselfde as logao woord,
dit beteken
jy praat saam,
jy deel dieselfde woord,
jy kommunikeer dieselfde woord wat God oor jou lewe sê.

Jy Bid (homo logoa) saam met God oor jou lewe

Hoe? 
Vra dat die Here jou sal laat sien.

Ef 1: 16 nie ophou om God vir julle te dank nie. Ek dink aan julle in my gebede en vra 17dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort – aan julle geestelike wysheid en insig sal gee deurdat julle Hom persoonlik ken. 18 Mag God julle harte so verlig dat julle sal insien watter wonderlike vooruitsig sy roeping inhou. Mag julle insien hoe ’n ryk heerlikheid dit is dat God sy eie mense vir Hom as ’n erfdeel verkry het. 19Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo. Ef 1: 16 nie ophou om God vir julle te dank nie. Ek dink aan julle in my gebede en vra 17dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort – aan julle geestelike wysheid en insig sal gee deurdat julle Hom persoonlik ken. 18 Mag God julle harte so verlig dat julle sal insien watter wonderlike vooruitsig sy roeping inhou. Mag julle insien hoe ’n ryk heerlikheid dit is dat God sy eie mense vir Hom as ’n erfdeel verkry het. 19Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo.


‘n Voorbeeld van n Homo Logao gebed

Die Efesiërs gemeente is moedeloos: Paulus leer hulle om God se waarheid te bid.

Ef 3:14 Daarom kniel ek voor die Vader. 15 Hy is die Vader van elke gemeenskap in die hemel en op die aarde. 16 Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word.
17 Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon,
en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees. 18 Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is.
19 Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word.
20 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.

Laat die waarheid van God se liefde en innerlike krag jou sielsdimensie oorheers.

Paulus verduidelik “Homo Logao” in Fil 4:6-9

Fil 4:6-9 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes  in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar (Geesmense my denke bepaal) in Christus Jesus. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit (van die gees ontvang), en die God van vrede sal met julle wees.
8 Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. 9En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees.

1. Moenie dat jou vlees jou gedagtes oorheers nie.
2. Vra God wil oor jou begeertes (aanvaarding, vrede, vergenoegdheid).
3. Laat jou gees-stem (die waarhede van God)  jou denke beïnvloed.
4. Begin hierdie waarhede bid.

 Prakties
Bely waar jy die vlees laat oorheers het.
Ontdek God se waarhede.
Begin dit oor jou lewe bid.

Saturday, June 4, 2016

Meer as net bid: Aanbidding


Een belangrike bousteen in ons gebedslewe is Aanbidding.

Lees die storie van Paulus en Silas wat in die tronk God aanbid het.  Hand 16: 17-26

Hand 16:25 Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister.

Hulle het nie toegelaat dat die omstandighede hulle perspektief van wie God is steel nie.
Aanbidding draai jou terug na die waarheid omtrent God.

Dink terug aan ‘n  oomblik waar jy iets mooi gesien of beleef het, en waaroor jy nie kon ophou praat nie.

Aanbidding is die oomblik waar jy voor God staan, ontdek, beleef en reageer.

Sien God  se reaksie Sef 3:17 oor jou.

Sef 3: 17 Die Here jou God is by julle.
Hy is ’n magtige Verlosser.
Hy is buitengewoon bly oor julle.
Sy liefde sal julle rustig maak.
Met uitroepe van vreugde
sal Hy oor julle jubel.”

Hy sien  jou, beleef oorvloedige emosies van vreugde en reageer daarop.

Staan vir ‘n oomblik voor God en aanskou Hom.

Terwyl jy Bybel lees.
Of net nadink oor wie Hy is.

Wat keer jou om te aanbid? 

1. Wanneer dit eerder gaan oor wat God vir jou kan doen as oor ‘n verhouding met Hom.

Begin God geniet vir wie Hy is.
Passie vir God
P s 63 2 Dawid : Ek soek u o God, my God, ek dors na u ek smag na u soos in dor en droë land, ‘n land sonder water 3 Ek wil by u heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind

Passie vir verhouding met Hom. ‘n Begeerte na intimiteit, om Sy hart te ken.
Passie vir Sy teenwoordigheid, ‘n Begeerte om Hom te ervaar.
Passie om te ontdek: Begeerte om sy karakter en wat Hy in jou kom doen het te ontdek.
En hoe meer jy ontdek, hoe meer wil jy aanbid en hoe meer beleef jy Sy openbaringsteenwoordigheid.

Nog ‘n hindernisse is:

2. Onvrymoedigheid.
Agv. van ons optrede dink ons, ons kwalifiseer nie.
Dit juis in aanbidding wat ons ontdek wat Jesus vir ons kom doen het.

3. Ons emosies:
Ek is moeg, gespanne ens, Die antwoord vir nuwe krag lê juis in God se teenwoordigheid.

Jesus inspireer ons tot ‘n lewe van aanbidding.

Sy aanbiddingslewe het uitdrukking gekry in sy

  • Private tye met sy Vader en 
  • In die publiek saam met Sy dissipels.


Jesus leer Sy Dissipels bid.

Sy vertrekpunt is aanbidding.

Matt 6 Ons Vader in die hemel,
laat u Naam geheilig word.

Hoekom?: Sodat ons vanuit hierdie perspektief die res van ons gebed kan benader

Gebruik die Psalms en gebede van Aanbidding,

Jesus aanbid saam met Sy Dissipels. Lees Matt 26:19-30

Matt 26:30 Hulle het toe die loflied gesing en uitgegaan na die Olyfberg toe.

Omdat dit in die Paastyd was het hulle heel moontlik Ps 113 tot 117 gesing.

Ps 117  Die Here se liefde is groot
1 Loof die Here, al die nasies.
Prys Hom, alle volke.
2 Want sy liefde is groot oor ons;
die trou van die Here
bly vir altyd.
Prys die Here!

Met hierdie perspektief oor wie Sy vader is het Jesus die pad na die dood gestap.

Jesus aanbid nog steeds die Vader saam met ons.

Hebr 2: 12 Want Hy sê vir God:
“Ek sal u Naam bekendmaak
aan my broers en susters.
Ek sal in u gemeente u lof
besing.”


Dit is by Jesus waar die Eerste kerk die hart van aanbidding opgetel het.

Kol 4 6 Laat die rykdom van alles wat Chris­tus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wys­heid moet julle mekaar on­derrig en me­kaar die regte pad wys. Sing met dank­ba­re harte psalms, lofgesange en geesteli­ke liedere tot eer van God.

Deel van hierdie aanbidding behels dat ons uitdrukking gee aan wat in ons hart beleef word, deur:
Die opsteek van hande. Pred 3: 41
Uit te roep. Psalm 95; 1 -2, Psalm 98: 4 – 6
Hande te klap. Psalm 47: 1
Te Sing. Psalm 89: 1,  Psalm 105: 2
Voor hom te buig Psalm 95: 6
In tale te sing 1 Kor 14: 15, Ef 5: 19


Open 5 vertel ons ‘n oomblik van aanbidding: 

Waar ontdek word en gereageer word in aanbidding.
Lees dit deur en ontdek en begin spontaan aanbid.

Open 5:9 Toe sing hulle ’n nuwe lied met dié woorde:
“U is waardig genoeg
om die boekrol te neem
en sy seëls te breek
omdat U geslag is
en met u bloed
mense vir God vrygekoop het,
uit elke geslag en taalgroep,
volk en nasie.
10 U het hulle vir ons
tot konings en priesters
gemaak.”
11 Toe het ek gekyk en ek het die stemme gehoor van baie engele wat rondom die troon gestaan het, asook van die lewende wesens en ouderlinge. Hulle getal was tienduisende, eintlik miljoene der miljoene. 12 Hulle het in ’n magtige koor gesing:
“Die Lam wat geslag is,
is waardig genoeg
om die mag en rykdom,
die wysheid en sterkte,
die eer, heerlikheid
en lofprysing te ontvang.”
13 Die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see en alles wat in hulle bestaan, het ek hoor sê:
“Aan Hom wat op die troon sit
en aan die Lam,
kom toe die lofprysing
en die eerbetoning,
die heerlikheid
en die krag
vir altyd en altyd.”
14 Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het neergeval en Hom begin aanbid.