Saturday, June 18, 2016

Meer as Bid: Gebede wat groei bring.


Meer as Bid: Gebede wat groei bring.

Johannes verwys na drie groei areas in...

1 Jo 2:13  Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader ken.
1 Jo 2:14  Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.
Kinders: Verstaan sy posisie in Christus.
Jongmanne: Beleef oorwinning oor ou gewoontes.
Vaders: Pas dissipelskap toe.

Om as jongman te oorwin, lê die sleutel daarin, om vanuit jou geesmens te leef.

Gees: Die nuwe jy, waar die Heilige Gees woning kom maak het.
Siel: Hier Maak jy keuses op grond van jou wil in jou denke en dit beinvloed jou  emosie.
Vlees: Ou gedragspatrone, Stem van die vyand, Stem van omstandighede.

Om te breek met jou ou gewoontes, moet jy fokus op jou geesmens.

Woorde het ‘n invloed op jou optredes.

Jak 3:9  Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is. 10  Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie


Jou woorde behoort nie teen God se uitspraak oor iemand of jouself praat nie.

Die beginsel van shalom

Jes 54:10 Want berge wyk en heuwels wankel maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk nie en my vrede (shalom) verbond nie wankel nie Sê die Here, jou ontfermer
Shalom: Ek sal oor jou spreek wat God in jou sien.

Ego God se waarheid

Rom 10:9 – 10
As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Rom  10:9 (Mirror translation)
Now your salvation is realised. Your own word echo God’s voice. The Masterful act of Jesus forms the word in your mouth, inspired by conviction in your heart that God indeed raised Him from the dead.

i) Met jou hart glo jy tot geregtigheid – iets tref jou hart en dit resoneer met jou gees. Jy word bewus van ‘n “dit is wie ek is”. Dit praat van ware identiteit.
ii) Bely met jou mond tot redding – (tot ‘sozo’, tot herstel, tot heelheid.) Shalom, oorvloedigheid in jou lewe bring
iii) Reageer op die Woord. Woordjie “bely” = ‘homo logao’ - Jy praat saam met God oor jou lewe. (Kyk Jakobus 1:22 – 25)

Daardie woordjie “bely” is die  Griekse woord homo logao.  Homo wat beteken dieselfde as logao woord,
dit beteken
jy praat saam,
jy deel dieselfde woord,
jy kommunikeer dieselfde woord wat God oor jou lewe sê.

Jy Bid (homo logoa) saam met God oor jou lewe

Hoe? 
Vra dat die Here jou sal laat sien.

Ef 1: 16 nie ophou om God vir julle te dank nie. Ek dink aan julle in my gebede en vra 17dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort – aan julle geestelike wysheid en insig sal gee deurdat julle Hom persoonlik ken. 18 Mag God julle harte so verlig dat julle sal insien watter wonderlike vooruitsig sy roeping inhou. Mag julle insien hoe ’n ryk heerlikheid dit is dat God sy eie mense vir Hom as ’n erfdeel verkry het. 19Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo. Ef 1: 16 nie ophou om God vir julle te dank nie. Ek dink aan julle in my gebede en vra 17dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort – aan julle geestelike wysheid en insig sal gee deurdat julle Hom persoonlik ken. 18 Mag God julle harte so verlig dat julle sal insien watter wonderlike vooruitsig sy roeping inhou. Mag julle insien hoe ’n ryk heerlikheid dit is dat God sy eie mense vir Hom as ’n erfdeel verkry het. 19Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo.


‘n Voorbeeld van n Homo Logao gebed

Die Efesiërs gemeente is moedeloos: Paulus leer hulle om God se waarheid te bid.

Ef 3:14 Daarom kniel ek voor die Vader. 15 Hy is die Vader van elke gemeenskap in die hemel en op die aarde. 16 Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word.
17 Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon,
en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees. 18 Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is.
19 Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word.
20 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.

Laat die waarheid van God se liefde en innerlike krag jou sielsdimensie oorheers.

Paulus verduidelik “Homo Logao” in Fil 4:6-9

Fil 4:6-9 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes  in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar (Geesmense my denke bepaal) in Christus Jesus. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit (van die gees ontvang), en die God van vrede sal met julle wees.
8 Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. 9En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees.

1. Moenie dat jou vlees jou gedagtes oorheers nie.
2. Vra God wil oor jou begeertes (aanvaarding, vrede, vergenoegdheid).
3. Laat jou gees-stem (die waarhede van God)  jou denke beïnvloed.
4. Begin hierdie waarhede bid.

 Prakties
Bely waar jy die vlees laat oorheers het.
Ontdek God se waarhede.
Begin dit oor jou lewe bid.

No comments:

Post a Comment