Saturday, June 11, 2016

Meer as Bid... luister



Meer as Bid... luister

Jou God perspektief bepaal hoe jy God gaan nader wanneer jy bid.

Gebed is ‘n dialoog, bv. as jy net God sien in Sy almag kan jy onvrymoedigheid hê om Hom te nader.

God het Hom aan Moses openbaar meer as Almagtig, maar ook as “die Here” die God wat naby gekom het.

Ex 6: 2 Die Here het verder vir Moses gesê: “Ek is die Here.3 Ek het My aan Abraham, Isak en Jakob voorgestel as ‘God die Almagtige’. Hulle het My nie geken as ‘die Here’ nie.

Ex 6: 6 “Daarom moet jy vir die Israeliete gaan sê: ‘Ek is die Here. Ek sal julle verlos van die slawewerk in Egipte. Ek sal julle bevry met krag en met sterk vergeldingsdade. 7Ek maak julle my eie volk. Ek sal julle God wees. Julle sal weet dat dit Ek, die Here julle God, is wat julle van die slawewerk in Egipte bevry het. 8Ek sal julle laat kom in die land wat Ek onder eed vir Abraham, Isak en Jakob belowe het. Dit sal julle eie land wees. Ek is die Here.’”


Een van die name van Jesus wat Hom beskryf is Lig.

Joh. 8: 12 Verder, by ’n ander geleentheid, het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die mensdom. Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
Hy wil jou lig gee vir jou lewenspad.

Die geheim is om Sy lig te sien. 

Lees 1 Sam 3:1-14
Samuel slaap by die ark (die simbool van God se teenwoordigheid)
Die Here praat met Hom maar hy herken nie die stem van die Here nie, totdat hy leer om bewus te raak van God se stem.

Brother Lawrence
The presence of God is the soul’s attention on God, remembering that he is always present.
By dwelling in the presents of God has established such sweet communion with the Lord that our spirit abides, without effort, in the restful peace of God. In this rest we  is filled with a faith that equips us to handle anything that comes to us
It is God who paints Himself in depths of our soul. We must merely open our hearts to receive him and his presence

Skep vir jou gebedsplek. 

Matt 6: 6 Wanneer jy bid, gaan na die stilste vertrek in die huis en maak die deur agter jou toe sodat jy daar in jou alleenheid tot jou Vader kan bid. En jou Vader wat alles weet, sal jou beloon.
Maak vir jou koffie
Kry jou Bybel en
Nota boek

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar  in Christus Jesus. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees. — Fil 4:6-9

1. Bid eers met woorde (begeertes, smeking en danksegging)
2. God ontmoet jou in hart en verstand
3. Tydens die ontmoeting ontvang jy Sy inspraak en leer jy by Hom.
4. Leef wat jy geleer het.

Skryf dit wat jy geleer het neer. 

Hab 2:2 Toe het die Here geantwoord:
“Skryf my antwoord, die visioen,
in groot, duidelike letters
op kleitablette
sodat iemand wat verbyhardloop
dit kan lees.
3 Die dinge wat Ek beplan,
gaan nie nou dadelik gebeur nie.
Stadig maar seker breek die tyd aan
wanneer die visioen waar sal word.
Wag geduldig,
al voel dit of dit stadig gaan.
Wees seker dit gaan gebeur,
dit sal nie onnodig talm nie.


Hoe om te ontvang?

Begin met danksegging (aanbidding).
Maar jou begeertes bekend.
Ontvang inspraak.

Lees jou Bybel tydens gebed.

God is teenwoordig in sy Woord. Maar Sy teenwoordigheid lê nie in die fisiese objek van die Bybel nie. Dit word 'n werklikheid elke keer wanneer die Gees God se woord lewend maak. So word God teenwoordig in die lewe van elke gelowige deur sy Woord. Dan luister ons met die ore van die hart (St Benediktus).

Wat staan uit in die skrif. 

Bv. Wat pla jou of maak jou opgewonde?
Skryf dit neer.

Raak stil.
Kom by ‘n plek waar jy net na jou hart luister.
Laat toe in die oomblikke dat die Here jou gedagtes vul met Sy Woord.

Hoe herken ek Sy stem?
Dit is vars, kom uit ‘n ander hoek as jou eie gedagtes
Bring innerlike vrede
Dit kan uit die Bybel bevestig word
Toets dit met jou geestelike familie





No comments:

Post a Comment