Saturday, June 25, 2016

Counter Culture 1 - Geloof en kultuur


Hoe leef ek in ‘n kultuur wat nie noodwendig die kultuur is waarin ek glo nie?
Hoe verander ek ‘n kultuur of infiltreer ek ‘n kultuur wat anders lyk as waaraan ek glo?
Wat sê ek as mense hul Christelike waardes verruil en eweskielik anders glo of alles net eenvoudig toelaat wat reglyn in teenstelling is met die Bybel. Moet ek praat of los ek dit net? Konfronteer ek hulle en wat as hul aanstoot neem, my verwerp of selfs vir my sê: “die is nie hoe ‘n Christen reageer nie”
Hier is dalk ‘n anderkant van die storie....
Wat as Jesus verwag dat ek sal optree teenoor die uitdagings van ons tyd? Wat as Hy ons roep om nie gemaklik te raak met ons kultuur nie maar om eintlik ‘n koninkrykskultuur te vestig? Nie om stil te sit en maar net toe te laat dat tendense in ons kultuur ons mee-sleur en ons wêreld vul met versoekings, alles is relatief, ek kan maar alles net toelaat want dit is “ok”...
In hierdie reeks wil ons begin om van hierdie uitdagings te probeer aanspreek, en die vraag vra: Wat is ‘n koninkrykskultuur in die midde van dit alles....

Jesus het dit dan pertinent gesê wanneer Hy vir sy dissipels bid...

Ek het u woord aan hulle gegee, en die wêreld haat hulle, omdat hulle nie tot die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar. Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid. Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; (Joh 17:14-18 ANV)

I have given and delivered to them Your word (message) and the world has hated them, because they are not of the world [do not belong to the world], just as I am not of the world. I do not ask that You will take them out of the world, but that You will keep and protect them from the evil one. They are not of the world (worldly, belonging to the world), [just] as I am not of the world. Sanctify them [purify, consecrate, separate them for Yourself, make them holy] by the Truth; Your Word is Truth. Just as You sent Me into the world, I also have sent them into the world. (Joh 17:14-18 AMPC)

Definise vir kultuur...

A culture is a way of life of a group of people--the behaviors, beliefs, values, and symbols that they accept, generally without thinking about them, and that are passed along by communication and imitation from one generation to the next.

Voorbeeld van koffie...



Beans becomes coffee powder, powder mixed with water becomes holy liquid and holy liquid generates great brain power and therefore high grades. Coffee bean are equal to higher grades. Sounds familiar right?

Wat sê Jesus is die kultuur van die wêreld?

Die saaier saai die woord. En dit is hulle wat langs die pad is—waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is. Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word—wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem, maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir ‘n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik. En hulle by wie in die dorings gesaai word—dit is hulle wat die woord hoor, en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar. En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is—hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig— en een sestig— en een honderdvoudig. (Mar 4:14-20 AOV)

Then the cares and anxieties of the world and distractions of the age, and the pleasure and delight and false glamour and deceitfulness of riches, and the craving and passionate desire for other things creep in and choke and suffocate the Word, and it becomes fruitless.
(Mar 4:19 AMPC+)

Hoe beïnvloed ek die kultuur om God se koninkryk te skep?

Die voorbeeld van die gemeente in Efese gee vir ons ‘n raamwerk

Skrywe aan die leraar van die gemeente in Efese: So sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand vashou en wat tussen die sewe goue lampe rondgaan: Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle onvermoeide arbeid en julle volharding. Julle kan nie slegte mense verdra nie. Julle het ondersoek ingestel na die mense wat voorgee dat hulle apostels is, en dit nie is nie, en gevind dat hulle leuenaars is. Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie. Maar Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie. Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders, as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat! Maar dít het julle darem in julle guns: julle verafsku wat die Nikolaïete doen, net soos Ek dit ook verafsku. Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is.  (Rev 2:1-7 ANV)

1. Hulle het volhard om dit te doen wat reg is
2. Hulle het gehou by die woord van die Here
3. Hulle het opgestaan vir Christus al was hulle vervolg
4. Hulle moes alles doen vanuit ‘n plek van intimiteit
5. Hulle het gewerk vanuit verhouding
6. Hulle het beleef wat beteken heerskappy (Storie van Artemis)

Waar begin ek?

Die storie van Paulus in Efese (Hand 19-20)


  • Paulus het daar aangekom (soek die man van vrede en begin ‘n pad te stap) het vir hulle gevra of hul gedoop en gedoop is met die Heilige Gees, hy het hul hande opgelê en hulle is bekragtig.
  • Hulle was 12 gelowiges in die hele stad


Paulus het hulle ook die hande opgelê. Toe het die Heilige Gees op hulle gekom, en hulle het ongewone tale of klanke gebruik, en hulle het geprofeteer. Hulle was altesaam omtrent twaalf. (Hand 19:6-7 ANV)


  • Leer vir 3 maande in die sinagoge en beleef teenkanting
  • Huur ‘n saal 3 uur in die middag by Tirannus en herlewing (Christene wat verantwoordelikheid neem vir dit wat in hul is) het plaasgevind


God het deur Paulus wonderbaarlike dinge gedoen. Selfs doeke of voorskote wat aan sy lyf geraak het, is op siekes gesit en dan het hulle siektes verdwyn; en die bose geeste het uit hulle uitgegaan. (Hand 19:11-12 ANV)


  • Die sewe seuns van skeva het probeer om Paulus na te maak het die duiwelbesetene oorrompel hulle, hierdie insident laat mense God soek


....en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwerstukke was. So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.
(Hand 19:19-20 AOV)


  • Nou begin die kultuur in opstand kom, Demetrius wat geld gemaak het uit die tempel van Diana het begin om mense op te steek teen Paulus


Wat vra dit van my? (Hand 20:17 – 38)


  1. Hy het die Here gedien met alles wat in hom is (v19)
  2. Hy het tyd gemaak om die mense te leer in hul huise (v20)
  3. Hy het nie terugestaan wanneer dit by Jesus kom nie (v21)
  4. Hy is reg vir enige vervolging of verdrukking (v23)
  5. Hy het sy lewenstaak gesien om elke mens te verbind met Christus ( v24)
  6. Waak oor die gelowiges wat die Here in jou sorg gesit het (v28)
  7. Hy het vir die gesorg wat by hom was deur hard te werk ( v34)
  8. Hy het hard gewerk om die armes te help (v35) – “om te gee maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang”
  9. Hy het vir hulle gebid (v36)



No comments:

Post a Comment