Saturday, November 5, 2016

Kampvuur stories 1 – Die Wingerd

Hierdie week skop ons af met ons kampvuur stories reeks waar ons verskeie stories in die skrif, wat Jesus gebruik het om met die mense van Sy tyd te praat ...gaan bestudeer.
Terwyl ons hierdie reeks ontwerp het was dit ons begeerte dat ek en jy lief sal word vir die woord....

Hoe kyk ek na die gelykenisse wat Jesus vertel het en wat leer ek uit hierdie stories?

Om hierdie vraag te antwoord het ek nodig om te weet dat die Bybel vir my en jou gaan oor Jesus en Jesus gaan oor jou...as dit dan die waarheid is ...

Hoe lees ek nou my Bybel ?

- Genesis tot Ester – Geskiedenis van die volk Israel (God se volk) in die geskiedenis is die wet.
- Die wet is gegee om te wys hoe ‘n (ter voorbereiding)gemeenskap moet wees voor die openbaring van Christus.
- Wysheidsliteratuur – Job tot Spreuke – Hulle verhouding met God
- Profete – res van ou Testament boeke – implikasies van wat ons kan verwag (Christus)
- Evangelies – Jesus as die voorbeeld vir my en jou
- Briewe – My en jou deelname in Christus

Drie brille om deur te kyk: 
Voorbereiding tot Christus
Voorbeeld as Christus
Vervulling van Christus in my en jou(Perspektief vanuit Christus)

Vandag se storie vind ons in Mattheus 20 wat net deur Mattheus vertel word....hierdie is die 40ste gelykenis wat Jesus vertel en gaan oor die koninkryk van die hemel wat vergelyk word met ʼn wingerd....

Mat 20:1-16 ANV  "Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met die eienaar van 'n wingerd wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.  (2)  Nadat hy met die arbeiders ooreengekom het om hulle die gewone dagloon te betaal, stuur hy hulle om in sy wingerd te gaan werk.  (3)  Teen nege-uur gaan hy weer uit en sien ander werkloos op die mark rondstaan,  (4)  en hy sê vir hulle: 'Gaan werk julle ook in my wingerd, en wat billik is, sal ek julle betaal.'  (5)  Hulle is toe soontoe. Teen twaalfuur en teen drie-uur het hy weer uitgegaan en dieselfde gedoen.  (6)  Omtrent vyfuur gaan hy uit en kry ander wat daar rondstaan, en hy sê vir hulle: 'Waarom staan julle heeldag werkloos hier rond?'  (7)  Hulle antwoord hom: 'Omdat niemand ons gehuur het nie.' 'Gaan werk julle ook in my wingerd,' sê hy toe vir hulle.  (8)  Toe dit aand word, sê die eienaar van die wingerd vir sy voorman: 'Roep die arbeiders en betaal hulle hulle loon. Begin by die laastes en eindig by die eerstes.'  (9)  Dié wat teen vyfuur gehuur is, kom toe en kry elkeen die gewone dagloon.  (10)  Die mense wat eerste gehuur is, het gedink hulle sou meer kry, maar toe hulle aan die beurt kom, kry hulle ook elkeen die gewone dagloon.  (11)  Hulle vat toe die geld maar begin by die eienaar kla  (12)  en sê: 'Hierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.'  (13)  Maar hy antwoord een van hulle: 'Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie?  (14)  Vat jou geld en gaan huis toe. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou.  (15)  Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?'  (16)  So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste."

Hoekom het Jesus hierdie gelykenis vertel?

Hierdie gedeelte word voorafgegaan deur die gelykenis van die ryk jong man wat by Jesus kom en vra:

Mat 19:16-17 ANV  Daar het iemand na Hom toe gekom en gesê: "Meneer, watter goeie daad moet ek doen om die ewige lewe te verkry?"  (17)  Hy het vir hom gesê: "Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Daar is net Een wat goed is. Maar as jy die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie."

Wat beteken die onderhou van die gebooie?

‘n Ou Testament en ‘n Nuwe Testament
Ou Testament is gekryf in Hebrews en regdeur die ou Testament word die woord “berit” wat beteken “verbond” of “ooreenkoms”.  An “agreement” gebou op die fondasie van: “As jy doen …sal Ek doen”. ‘n goeie voorbeeld daarvan is Deuternomium 28…. Dit het sekere uitdagings gebring… as jy nie doen nie dan is jy vervloek, maar as jy doen is jy geseën. Die Ou Testament profete het begin profeteer van ‘n nuwe verbond.
Nuwe Testament is geskryf in Grieks en in die nuwe Testament word die woord “diatheke” dit word nie gebruik as ‘n ooreenkoms nie maar eerder ‘n erfgenaamskap. Dit is hoekom die ou verbond en die nuwe verbond nie dieselfde is nie. Die vertalers van die Nuwe Testament het partykeer gesukkel om dit te vertaal want hulle was gewoond aan die “ou verbond” so partykeer in die Nuwe Testament sal jy die word “verbond” of “Testament” kry. Die vertaan van die nuwe verbond/testament is dat iemand voor ons uitgegaan het en hierdie ooreenkoms vervul het en gesterf het sodat ek en jy kan erf.

Heb 7:22  ANV So het Jesus ook van 'n beter verbond borg geword.

Heb 7:22 MSG  This makes Jesus the guarantee of a far better way between us and God--one that really works! A new covenant.

Ek is nie die waarborg van hierdie nuwe verbond nie maar Christus is. Dit beteken ek kan niks doen om die ewige lewe te verdien nie.

Jesus se doel was tweeledig: om herstel te bring van die bloudruk van God se beeld en gelykenis in menselike vorm en om die wêreld vry te maak van probeer. Die Bybel is nie ‘n handleiding vir lewe nie, dit is ‘n spieel wat ons ware identiteit onthul.

Hy probeer om hierdie vir sy dissipels te leer. Hoor wat vra hulle Hom...

Mat 19:25-30 ANV  Toe die dissipels dit hoor, het dit hulle geweldig ontstel, en hulle het gesê: "Wie kan dan gered word?"  (26)  Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: "Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik."  (27)  Toe sê Petrus vir Hom: "Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal ons daarvoor kry?"  (28)  Jesus antwoord hulle: "Dit verseker Ek julle: Wanneer alles nuut gemaak word, as die Seun van die mens op sy koninklike troon sit, sal ook julle wat My gevolg het, op twaalf trone sit en oor die twaalf stamme van Israel regeer.  (29)  En elkeen wat ter wille van my Naam afgesien het van huise of broers of susters of vader of moeder of kinders of grond, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe as erfenis kry.  (30)  Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste."

Wanneer word alles nuut gemaak?

Jes 5:1-7 ANV  Ek wil sing oor Hom wat ek liefhet, ek wil my liefdeslied sing oor sy wingerd: Hy wat ek liefhet, besit 'n wingerd op 'n vrugbare heuwel.  (2)  Hy het die grond omgespit en die klippe verwyder, dit beplant met veredelde wingerdstokke. Hy het 'n wagtoring daarin gebou en 'n parskuip uitgekap. Hy het verwag dat dit goeie druiwe sou dra, maar toe bring dit druiwe voort wat suur bly.  (3)  En nou, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, beslis tog tussen My en my wingerd.  (4)  Wat kan Ek nog vir my wingerd doen wat Ek nie reeds gedoen het nie? Wat is dan die rede dat dit suur druiwe voortgebring het terwyl Ek verwag het dat dit goeie druiwe sou dra?  (5)  Ek maak julle nou bekend wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek gaan die doringheining verwyder en verbrand, sy muur afbreek, sodat die wingerd vertrap kan word.  (6)  Ek gaan hom tot niet maak. Hy sal nie meer gesnoei of geskoffel word nie, maar ingeneem word deur doringbosse en onkruid. Ek sal die wolke verbied om daarop te reën.  (7)  Die wingerd van die Here die Almagtige, die wingerd wat Hy geplant het en waarin Hy Hom wou verlustig, is die Israeliete, die volk van Juda. Die Here het verwag dat daar reg sou wees, maar daar was net onreg, dat daar geregtigheid sou wees, maar daar was net die hulpgeroep van veronregtes.

Jesus verduidelik dat Hy sou kom vir die Israeliete maar hulle het Hom verwerp nou word Jerusalem vernietig saam met die godsdienstige sisteem en die beeldspraak wat ons van lees in Openbaring (Open 5-20). Die ou verbond sal afgehandel wees en die nuwe verbond sal die manier van leef wees (2 Kor 3). Jerusalem is 70 nC vernietig omdat hulle Jesus verwerp (Joh 19:15) het en hulle verklaar het hulle het geen Koning nie. Want Jesus het eerste vir die Jood (Rom 1:16) gekom maar hulle wou Hom nie gehad het nie toe kom Hy na my en jou. Hulle wat eerste was sal dan laaste wees en ek en jy wat laaste was sal eerste wees.

Rom 1:16 ANV  Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.

Nou antwoord Jesus die dissipels deur die gelykenis...

Mat 20:1-16 ANV  "Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met die eienaar van 'n wingerd wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur. ...

Hy begin deur die Koninkryk van die hemel te verduidelik...

Wat is die Koninkryk van die hemel?

Matt 21:43-44 ANV Daarom sê Ek vir julle dat die koninkryk van God van julle weggeneem sal word en aan 'n volk gegee sal word wat die vrugte daarvan sal lewer.  (44)  Wie op hierdie klip val, sal verpletter word, en die een op wie hy val, sal hy vermorsel.“ (Dan 2)

Mat 4:17 ANV  Van toe af het Jesus begin preek en gesê: "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom."

Die koninkryk van die hemel is nie ver eendag nie in Jesus se tyd het dit naby gekom.

Luk 22:29-30 ANV  Net soos my Vader 'n koninkryk aan My bemaak het, so bemaak Ek 'n koninkryk aan julle,  (30)  sodat julle in my koninkryk aan my tafel kan eet en drink en op trone kan sit om oor die twaalf stamme van Israel te regeer."

Met die vernietiging van Jerusalem is die nuwe verbond die vertrekpunt vir elke gelowige wat homself in Christus sien. Dit beteken die oorspronklike plan van God (Gen 1-3) het in werking getree. Ons denkwyse van hemel moet verander....
Ons dink ons kom van die hemel af en eendag is dit ons eindbestemming, maar die waarheid is ek en jy is gemaak van goddelike saad (Joh 3:3 MSG) en ons is veronderstel om te heers op hierdie aarde nie eendag nie....dit is wat Jesus kom herstel in ons posisie van gesag en outoriteit om hemel op aarde te vestig sodat Jesus kan terugkom. Dit is ons verantwoordelikheid.

Wat is die beginsel van Koninkryk dan?

Mat 20:1-16 ANV  …(12)  en sê: 'Hierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.'  (13)  Maar hy antwoord een van hulle: 'Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie?  (14)  Vat jou geld en gaan huis toe. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou.  (15)  Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?'  (16)  So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste."

Die Koninkryk is ‘n plek van onverdiende genade en God se goedheid. Ek en jy is die ambassadeurs daarvan.

Efe 2:6-7 ANV  Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee,  (7)  sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.

Nagmaal

No comments:

Post a Comment