Saturday, November 12, 2016

Kampvuurstories: 2 Die Saaier



Kampvuurstories: 


God is teenwoordig in Sy Woord. Maar Sy teenwoordigheid lê nie in die fisiese objek van die Bybel nie. Dit word 'n werklikheid elke keer wanneer die Gees God se woord lewend maak. So word God teenwoordig in die lewe van elke gelowige deur sy Woord. Dan luister ons met die ore van die hart (St Benediktus).

Jy moet toelaat dat jy in die woord kom en die woord in jou.

Lees Matt 13 en maak jou hart oop om te leer hoe leef mens in die Koninkryk van God.

https://www.youtube.com/watch?v=MRehBbBTxbQ

In Matt  13 vertel Jesus n paar gelykenisse, onder andere die verhaal van die saaier.

Hy vertel gelykkenisse om ons prakties te leer van die Koninkryk van God.

Matt 13:10 Sy dissipels kom toe na Hom toe en sê: “Waarom gebruik U altyd sulke diepsinnige gelykenisse as U met die mense praat?”
Jesus se antwoord:
11Hy antwoord hulle toe: “Omdat julle bevoorreg word om die gehei.me van God se koningsheerskappy te verstaan. Húlle word nie so bevoorreg nie. 12 Hulle wat reeds verstaan, vir hulle sal nog meer gegee word en hulle sal oorvloedige kennis hê

Wat bedoel Jesus met die begrip Koningsheerskappy.

Ek is die Koning van ‘n Koningkryk binne die wêreld.

Fil 2:9 Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, 11 en elke tong sou erken: "Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader. Koning oor alles.

Ons moet ons self sien as deel van ‘n nuwe koninkryk en Christus se heerskappy toelaat in ons lewe.
Jesus as Koning van jou lewe, wil Hy jou help om jou lewe uitdrukking te gee aan jou ware indentiteit in Christus.

Hy daag ons uit om Hom toe te laat om ons te lei, met die gelykkenis van die saaier.

Op die pad

Matt 13:4 “n Boer het eendag lande toe gegaan om te saai. 4In die saaiproses het party van die saad op ’n voetpaadjie geval en die voëls het dit kom oppik
Jesus se verduideliking:
19 Hulle by wie die saad op die voetpad gesaai is, is elkeen wat die boodskap van God se koningsheerskappy hoor, maar dit nie begryp nie. Die Bose kom en roof wat in hulle harte gesaai is

Les: Moenie jou hart verhart en nie toelaat dat Jesus se genade jou Sy kind maak nie.
Sy liefde roep jou om jou lewe vir Hom te gee.
Vertrou Hom.

Tussen die klippe 

 Matt 13:5’ n Ander deel het weer op klipperige aarde sonder enige diepte geval. As gevolg van die vlak grond het dit vinnig opgeskiet. 6 Maar toe die son warm begin bak, het dit verlep en omdat dit nie diep wortelgeskiet het nie, het dit toe heeltemal verdroog.

Jesus se verduidelikking:

Matt 13:20 Hulle by wie op klipperige grond gesaai is, is die mense wat die boodskap hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. 21Maar hulle wortels gaan nie diep nie en hulle hou net vir ’n rukkie. Sodra daar swaarkry of vervolging ter wille van die boodskap kom, struikel hulle in hulle geloof

Les: Jesus wil nie net jou redder wees nie, maar die Here van  jou lewe.

  • Jy is nie bestem om buite jou ontwerp te leef nie.
  • Herinner jouself aan wie jy nou is.
  • Laat Hom toe om jou te leer oor ‘n nuwe wyse van leef binne die Koninkryk van God.
  • Moenie stagneer nie.

Rom 8: 9 Maar julle word nie deur julle sondige natuur beheer nie. Julle word beheer deur die Gees omdat die Gees van God in julle woon.

Tussen die doring

7 Nog ’n deel het tussen die dorings geval. Toe die dorings opkom, het dit die koring verstik
22 Daardie mense by wie tussen die dorings gesaai is, is hulle wat die boodskap hoor, maar die bekommernis van hierdie lewe en die verleidelikheid van die rykdom verstik die boodskap en dit bly sonder vrug.

Les: Bewaar die waarheid in jou hart.

  • Moenie terugval na jou ou gewoontes of sienwyses nie.


Matt 13:8 Nog ander saad het op goeie grond geval. Dit het ’n oes voortgebring, party 100 maal, party 60 maal en party 30 maal soveel as wat oorspronklik gesaai is.

Jesus se verduideliking:

Matt 13:23 Hulle by wie op die goeie grond gesaai is, is dié wat die boodskap hoor en verstaan. Hulle dra vrug en bring ’n oorvloedige oes voort: 100 of 60 of 30 maal soveel as wat oorspronklik gesaai is.”

Hoor die boodskap.
Verstaan die boodskap – Geloof, dit raak jou waarheid.
Jou lewenswyse kom in lyn met die boodskap.

1. Vertrou die Here en tree in gehoorsaamheid op.
Bv. As hy ‘n opdrag gee, gaan en vergewe doen dit dadelik.

2. As Jesus jou karakter wil vorm.
Sien jouself in Christus

Bou dinge in om ‘n nuwe gewoonte deel te maak van jou lewe.
Bv. Begin in blydskap wandel –
Die aktiwiteit om die gewoonte aan te leer: Maak vir n maand n dankbaarheidlyse.

Matt 13: 16-17 “But you have God-blessed eyes—eyes that see! And God-blessed ears—ears that hear! A lot of people, prophets and humble believers among them, would have given anything to see what you are seeing, to hear what you are hearing, but never had the chance.

No comments:

Post a Comment