Saturday, November 19, 2016

Kampvuurstories: Die verlore muntstuk



Kampvuurstories 
Die verlore muntstuk

Jesus vertel drie gelykenisse om die waarde van ons as mens te verduidelik.

Die stories gaan oor Jesus wat ons so waardevol sien, dat Hy alles los om om ons te soek.

Lees hierdie storie in Luk 15.

Die herstel van die mens tot sy oorspronlike waarde.

Luk 15:4 “As jy 100 skape het en een het verdwaal en verlore geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan soek tot jy hom kry nie?
8 “Of veronderstel ’n vrou het tien waardevolle silwermuntstukke en verloor een daarvan. Sal sy nie ’n lamp opsteek en die huis van hoek tot kant uitvee totdat sy dit kry nie?

Sien in die volgende twee verse die desperaatheid van Jesus om ons te vind. Hy gee nie op nie.

Hy wil jou herstel tot die oorspronklike JY oor wie God gedroom het.

God  het die mens goed gemaak.

Maar die mens het gekies:
Om weg te beweeg en minder goed te wees.
Om nie ten volle mensewees wees nie.
En minder hulle ware self te wees.

Jesus reik eerste na jou uit.
Matt 5:45 Hy laat immers sy son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat sy reën val op dié wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd doen.

1 Joh 4:10:10 Dít is volmaakte liefde:
nie dat ons vir God
liefgehad het nie,
maar dat Hy ons liefgehad het
en sy Seun as versoeningsoffer
gestuur het om ons sondes weg te neem.

Jy is so belangrik vir Hom en Hy het so begeerte dat jy die volheid van menswees beleef, dat Hy ‘n jou uitreik waar jy is.

Waar jy:
in jou krisis is
in jou sonde is
in jou ongeloof is

Voorbeeld vanuit die verhaal van die Samaritaanse vrou.

Joh 4 7 ’n Samaritaanse vrou kom toe daar aan om water te skep. Jesus vra haar: “Gee vir My asseblief water om te drink.” 8 Sy dissipels was toe nog in die dorp om kos te gaan koop.
9 Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe op aarde vra jy wat ’n Jood is, van my wat ’n Samaritaanse vrou is, water om te drink?” Jode wou immers niks met Samaritane te doen hê nie. 10 Jesus het daarop reageer: “As jy maar net hierdie gawe van God vir jou geken het,

Sy het nie gevoel sy verdien Jesus se omgee liefde nie.

Tog gee Jesus die eerste tree. 
Inteendeel was Jesus se woorde: As jy maar net hierdie gawe van God vir jou geken het,

Hy vind haar in haar ergste krisis.

In haar belewenis ervaar sy nie veroordeling nie maar eerder vryheid.

Sien haar reaksie
Joh 4:29 “Kom kyk self – ’n man het my alles vertel wat ek al gedoen het. Is hy nie dalk die Messias nie?” 30Die inwoners het toe van die dorp af na Jesus toe begin stroom.
Hy vind haar op die laagte plek in haar lewe.
Jesus openbaar aan haar waar sy nou is, maar sy beleef geen veroordeling nie.

As Jesus betrokke raak
Joh 1:14 En die Woord het mens geword en by ons kom woon. Ons het sy heerlikheid duidelik gesien, ’n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid.
14The Word became flesh and blood,
and moved into the neighborhood.
We saw the glory with our own eyes,
the one-of-a-kind glory,
like Father, like Son,
Generous inside and out,
true from start to finish.

Jesus kom in liefde, goedheid en waarheid.
Geen wonder Johannes verduidelik Jesus se karakter as die van waarheid en genade nie.
John 1:16 Uit sy volheid het ons almal ’n oorvloed genade ontvang. 17Die wet is deur middel van Moses gegee; die genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom.

As waarheid alleen was
Het die mens net sy foute besef.
Het hy veroordeel gevoel.

As Genade alleen was.
Het die mense nooit tot sy volle menswees gegroei nie.
Die Samaritaanse vrou beleef Jesus se Genade en waarheid en daarom ervaar sy verlossing.

Genade
Sy beleef nie veroordeling nie, sy beleef net onvoorwaarlike liefde.
Sy beleef Sy omgee.

Waarheid
Tog ook ervaar sy Jesus se inspraak wat waarhede aan haar openbaar.
Hierdie leefstyl steel van jou, jou ware menswees.
Sy ervaar hoop.  Sy weet nou sy is nie bestem vir so ‘n lewe nie.
Sy is nie n gevangene nie van haar verlede nie.

Net so raak Jesus ook betrokke in ons lewe en ervaar ons genade en waarheid.

No comments:

Post a Comment