Showing posts with label uitreik. Show all posts
Showing posts with label uitreik. Show all posts

Saturday, October 22, 2016

Vaderskap die eindprentjie van geestelike volwassenheid.


Vaderskap die eindprentjie van geestelike volwassenheid. 

Church will always be renewed when our attention shifts from ourselves to those who need our care. -- Henri Nouwen

Skrif gedeelte vir die dag

1 John 2:13 Ek skryf aan julle, pa’s:
Julle leef van die heel begin af
in ’n persoonlike verhouding
met Hom.
14 Ek skryf aan julle, pa’s:
Julle leef van die heel begin af
in ’n persoonlike verhouding
met Hom.

Vaders ontdek die hart van Jesus en gee dit uitdrukking in die elke dag lewe.

Die sleutelwoord: Persoonlike verhouding
1. Vaders ken hul Jesus se stem,
2. Vaders sal altyd Jesus se voorbeeld volg
Eph 5:1  BE imitators of God [copy Him and follow His example], as well-beloved children [imitate their father].
3. Vaders is gehoorsaam aan Jesus se wil.
Joh 5:30  Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.


• Persononal Lordship – Werdergeboorte belangrik.
Pais – Kind van God + Herkenning van God as Heer van my lewe.
• Right Believe (standing) - Kind ontdek die waarheid.
• Right Living -  Jongman – Belyning hom met die lewe van Jesus.
• Public Lordship -  Vaders neem verantwoordelikheid.

Vaderskap is die hoogste vervulling van sinvolheid.

Joh 4:31 Intussen het sy dissipels Hom gesmeek en gesê: “Rabbi, eet tog net iets.” 32 Maar Hy het reageer: “Ék het kos om te eet waarvan júlle nie eers weet nie.”
33 Die dissipels sê toe onder mekaar: “Het iemand anders dalk vir Hom iets gebring om te eet?”
34 Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.

Belangrike verskille tussen Kinders, Jong Manne en Vaders.

Waarvan is ek die meeste bewus? Joh 15:1-8
• Kind Myself.
• Jong Man Groei areas.
• Vader Die hart van my Vader

Wat maak my opgewonde?
• Kind Wat ek het.
• Jong Man Wat ek kan doen.
• Vader Om die Koninkryk van God te vestig. Luk 10:21

Wat beindruk my?
• Kind My eie groei en ontwikkeling.
• Jong man Sukses te behaal.
• Vader Impak, effektiwiteit en wysheid. Spr 4:7 Verwerf wysheid en insig deur al wat jy besit.

Hoe bid ek?
• Kind Vir myself en behoeftes.
• Jong Man Area van oorwinning en groei.
• Vader Vir ander en die stad.

Hoe lees ek Bybel?
• Kind. Ontdek wie ek is .
• Jong Man Waar moet ek  groei . .
• Vader Waarheen wil Jesus my stuur.

Word geestelik vervul deur.
• Kind Geestelike aktiwiteite.
• Jong Man Bose oorwin.
• Vader Deur te gee.

Behoort  nie aan die wêreld nie
Joh17:16 Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie.
Les: Ons is anders.
Joh 17: 15 Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar.
Les: Maar ons is in die wêreld.
Joh 17:18 Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur.
Ek stuur julle in die wêreld in met ’n opdrag.
Hierdie opdrag ontdek ons in verhouding met Jesus.
Joh 17:21 Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in ’n hegte verhouding met My en Ek met U is; dat hulle ook in ’n hegte verhouding met Ons mag leef sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. 22 En Ek het die heerlikheid wat U aan My gegee het, ook aan hulle gegee sodat hulle een kan wees net soos Ons een is.23 Dit beteken dat Ek in ’n hegte verhouding met hulle en U met My moet leef, sodat hulle ten volle een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en dat U hulle liefhet net soos U My liefhet.

Die kerk is meer as ‘n byeenkoms, dit is die opleiding plek om ’n verskil te maak.

Ef 4:11 Hý het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars, 12om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou.


Drie groepe mense
• Leiers (Apostel)  - Sien die pyn raak en begin iets daaromtrent doen.
• Diensknegte – Wil betrokke raak by bestaande aksies.
• Gewers – Wil n projek finansieel ondersteun.

Wees kreatief: 
• Why? : Hart: Passie, Roeping, wat se my hart?
• How? : Kop:  Proses, strategie,
• What? : Hande: hoe gaan ek prakties tot aksie?

I glorified you on earth by completing down to the last detail What you assigned me to do. John 17:4 MSG



Saturday, August 6, 2016

Accelerate. 'n Passie vir mense wat nie Jesus ken nie.


Een teksvers wat ons passie aktiveer om uit te reik na mense is 2 Kor 4:15-17.

2 Corinthians 4:15 (MSG)
Every detail works to your advantage and to God’s glory:
more and more grace,  (meer mense wat ‘n aanraking van Jesus sal beleef)
more and more people, (meer mense wat Jesus sal volg)
more and more praise! (meer mense wat Jesus sal verheerlik)

Evangelisasie is die een woord wat mense skuldig laat voel omdat hulle  dit nie kan uitleef nie.

Die idee om iemand van jou geloof te oortuig, en om  hom te kry om ‘n sondaargebed te doen, is vir die meeste mense  net te veel gevra.

Die vraag is hoe kan ek die groot opdrag, van gaan en maak dissipels, uitleef?

Rom 2:7 (Mg) In kindness he takes us firmly by the hand and leads us into a radical life-change.

Hierdie vers kan jou help om die eerste tree te gee of dalk te besef ek is al reeds besig met evangelisasie.

Ek vorm deel van 'n proses

Matt 13:18-23 Is die gelykenis van die saaier. In die gelykenis is die saad en die saaier konstant. Die grond moes reg gewees het om die evangelie te ontvang.

Ons moet verstaan dit is ‘n proses van hartsvoorbereiding.

Joh 4:37In hierdie geval is die spreekwoord só waar: ‘Die een saai en die ander een versamel die oes.’ 38 Ek het julle gestuur om ’n oes in te samel waaraan julle nie hard gewerk het nie. Ander het hard gewerk en julle het net toegetree om die vrug van hulle werk te benut.”

Stap 1
Bid vir mense.

Stap 2

Skep ‘n omgewing waar Jesus deur jou kan werk. 

Jesus leer ons om ‘n omgewing te skep waar ons “kindness” kan uitleef.

Lees die volgende twee stories.

Luk 19:1 Jesus het Jerigo binnegegaan en deur die stad gestap. 2 En daar was iemand met die naam Saggeus; hy was ’n hooftollenaar en ’n ryk man. 3 Hy het sy bes probeer om te sien wie Jesus is, maar hy kon nie vanweë die skare en omdat hy kort was. 4Hy het vooruit gehardloop om voor te kom en in ’n vyeboom geklim om Jesus te sien omdat Hy daar sou verbygaan.

Sien hoe Saggeus soekend na Jesus is.
Wanneer mense in omstandighede beland waar hulle ervaar dat hulle lewe deurmekaar is, is hulle baie maal ook soekend na Jesus.
Mense se behoefte na antwoorde en oplossing, skep ‘n geleentheid waar ons hulle aan Jesus kan voorstel.
5 Toe Jesus by dié bepaalde plek kom, het Hy opgekyk in die boom en vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim haastig af, want Ek moet nog vandag by jou tuisgaan.”

Jesus skep ‘n geleentheid om verhouding te bou met Saggeus.

Hierdie saam kuier raak Saggeus se lewe aan.

Luk 19: 8 Saggeus het egter openlik gereageer en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my besittings aan die armes gee, en as ek iets van iemand met ’n slenter bekom het, gee ek dit vierdubbel terug.”

Hoor in Jesus se woorde, dat hy intensioneel was met sy besoek aan Saggeus.

9 Jesus sê toe vir hom: “Vandag het daar verlossing vir hierdie huis gekom, omdat ook hierdie man ’n seun van Abraham is. 10 Ek, die Seun van die Mens, het immers gekom om wat verlore is, te soek en te red.”

Lees Luk 5: 27

Luk 5 27 Later, toe Jesus die dorp verlaat, het Hy ’n tollenaar met die naam Levi by sy tolhokkie sien sit. “Kom, word my dissipel!” het Jesus vir hom gesê.
28 Levi het opgestaan, alles net so gelos en Jesus gevolg.
29 Kort daarna het Levi ’n feesmaal in sy huis aangebied met Jesus as die eregas. Baie van Levi se medetollenaars en ander gaste was daar. 30 Maar die Fariseërs en skrifkenners wat aan die Fariseërparty behoort, het by Jesus se dissipels gaan kla: “Waarom eet en drink julle saam met sulke immorele karakters?”
31 Jesus het hulle geantwoord: “Gesonde mense het nie ’n dokter nodig nie – siek mense wel. 32 Ek het gekom om sondaars te roep om tot inkeer te kom, nie om my tyd te verwyl met hulle wat dink dat hulle reeds goed genoeg is nie.”

Weereens kuier Jesus saam mense wat Hom nodig het.
Sy wêreld was groter as net die van gelowiges.

Jesus sien die omstandige van stukkende mense raak volgens vers 31 en 32.

Maak jou geestelike oë oop om geleenthede raak te sien waar Jesus jou wil gebruik.

Joh 4: 35“Julle sê mos partykeer: ‘Oor vier maande kan ons begin oes.’ Ek het vir julle nuus. Maak julle geestelike oë oop en kyk om julle. Kyk mooi na die ‘lande’. ‘Oestyd’ is hier

Les1: Sien wie is soekend.
Les 2: Sien geleenthede waar jy aan hulle “kindness: kan wys.

Gebruik jou eie storie om mense te help om hoop te beleef.

• Die sleutel is om Jesus die Hero van jou storie te maak.
• Dit is ook ‘n goeie plek om vir mense se behoefte te bid.

As iemand vra oor Jesus, vertel hulle hoe het Jesus deel van jou lewe geword.

• EK was ver van die Here, my eie lewens besluite geneem.
• Jesus het het my so liefgehad dat Hy my nie in die toestand wou los nie.
• Ek het my lewe aan Hom gegee.
• Dit het my lewe verander.

Wanneer die geleentheid daar is, hoe help ek iemand om hulle lewe aan Jesus te gee?

1 Kor 15:3 Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het. 4Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het,

Die sleutel lê in die kern van die Boodskap:

Jesus het vir my sonde gesterf en opgestaan.

• Jesus het gesterf vir my verlede, die sonde wat ek gedoen het en dit wat my skuldig, skaam en op ‘n afstand laat voel.
• Jesus het opgestaan – Ek kan Hom vertrou met my lewe. Daarom volg ek Hom.