Saturday, August 6, 2016

Accelerate. 'n Passie vir mense wat nie Jesus ken nie.


Een teksvers wat ons passie aktiveer om uit te reik na mense is 2 Kor 4:15-17.

2 Corinthians 4:15 (MSG)
Every detail works to your advantage and to God’s glory:
more and more grace,  (meer mense wat ‘n aanraking van Jesus sal beleef)
more and more people, (meer mense wat Jesus sal volg)
more and more praise! (meer mense wat Jesus sal verheerlik)

Evangelisasie is die een woord wat mense skuldig laat voel omdat hulle  dit nie kan uitleef nie.

Die idee om iemand van jou geloof te oortuig, en om  hom te kry om ‘n sondaargebed te doen, is vir die meeste mense  net te veel gevra.

Die vraag is hoe kan ek die groot opdrag, van gaan en maak dissipels, uitleef?

Rom 2:7 (Mg) In kindness he takes us firmly by the hand and leads us into a radical life-change.

Hierdie vers kan jou help om die eerste tree te gee of dalk te besef ek is al reeds besig met evangelisasie.

Ek vorm deel van 'n proses

Matt 13:18-23 Is die gelykenis van die saaier. In die gelykenis is die saad en die saaier konstant. Die grond moes reg gewees het om die evangelie te ontvang.

Ons moet verstaan dit is ‘n proses van hartsvoorbereiding.

Joh 4:37In hierdie geval is die spreekwoord só waar: ‘Die een saai en die ander een versamel die oes.’ 38 Ek het julle gestuur om ’n oes in te samel waaraan julle nie hard gewerk het nie. Ander het hard gewerk en julle het net toegetree om die vrug van hulle werk te benut.”

Stap 1
Bid vir mense.

Stap 2

Skep ‘n omgewing waar Jesus deur jou kan werk. 

Jesus leer ons om ‘n omgewing te skep waar ons “kindness” kan uitleef.

Lees die volgende twee stories.

Luk 19:1 Jesus het Jerigo binnegegaan en deur die stad gestap. 2 En daar was iemand met die naam Saggeus; hy was ’n hooftollenaar en ’n ryk man. 3 Hy het sy bes probeer om te sien wie Jesus is, maar hy kon nie vanweë die skare en omdat hy kort was. 4Hy het vooruit gehardloop om voor te kom en in ’n vyeboom geklim om Jesus te sien omdat Hy daar sou verbygaan.

Sien hoe Saggeus soekend na Jesus is.
Wanneer mense in omstandighede beland waar hulle ervaar dat hulle lewe deurmekaar is, is hulle baie maal ook soekend na Jesus.
Mense se behoefte na antwoorde en oplossing, skep ‘n geleentheid waar ons hulle aan Jesus kan voorstel.
5 Toe Jesus by dié bepaalde plek kom, het Hy opgekyk in die boom en vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim haastig af, want Ek moet nog vandag by jou tuisgaan.”

Jesus skep ‘n geleentheid om verhouding te bou met Saggeus.

Hierdie saam kuier raak Saggeus se lewe aan.

Luk 19: 8 Saggeus het egter openlik gereageer en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my besittings aan die armes gee, en as ek iets van iemand met ’n slenter bekom het, gee ek dit vierdubbel terug.”

Hoor in Jesus se woorde, dat hy intensioneel was met sy besoek aan Saggeus.

9 Jesus sê toe vir hom: “Vandag het daar verlossing vir hierdie huis gekom, omdat ook hierdie man ’n seun van Abraham is. 10 Ek, die Seun van die Mens, het immers gekom om wat verlore is, te soek en te red.”

Lees Luk 5: 27

Luk 5 27 Later, toe Jesus die dorp verlaat, het Hy ’n tollenaar met die naam Levi by sy tolhokkie sien sit. “Kom, word my dissipel!” het Jesus vir hom gesê.
28 Levi het opgestaan, alles net so gelos en Jesus gevolg.
29 Kort daarna het Levi ’n feesmaal in sy huis aangebied met Jesus as die eregas. Baie van Levi se medetollenaars en ander gaste was daar. 30 Maar die Fariseërs en skrifkenners wat aan die Fariseërparty behoort, het by Jesus se dissipels gaan kla: “Waarom eet en drink julle saam met sulke immorele karakters?”
31 Jesus het hulle geantwoord: “Gesonde mense het nie ’n dokter nodig nie – siek mense wel. 32 Ek het gekom om sondaars te roep om tot inkeer te kom, nie om my tyd te verwyl met hulle wat dink dat hulle reeds goed genoeg is nie.”

Weereens kuier Jesus saam mense wat Hom nodig het.
Sy wêreld was groter as net die van gelowiges.

Jesus sien die omstandige van stukkende mense raak volgens vers 31 en 32.

Maak jou geestelike oë oop om geleenthede raak te sien waar Jesus jou wil gebruik.

Joh 4: 35“Julle sê mos partykeer: ‘Oor vier maande kan ons begin oes.’ Ek het vir julle nuus. Maak julle geestelike oë oop en kyk om julle. Kyk mooi na die ‘lande’. ‘Oestyd’ is hier

Les1: Sien wie is soekend.
Les 2: Sien geleenthede waar jy aan hulle “kindness: kan wys.

Gebruik jou eie storie om mense te help om hoop te beleef.

Die sleutel is om Jesus die Hero van jou storie te maak.
Dit is ook ‘n goeie plek om vir mense se behoefte te bid.

As iemand vra oor Jesus, vertel hulle hoe het Jesus deel van jou lewe geword.

EK was ver van die Here, my eie lewens besluite geneem.
Jesus het het my so liefgehad dat Hy my nie in die toestand wou los nie.
Ek het my lewe aan Hom gegee.
Dit het my lewe verander.

Wanneer die geleentheid daar is, hoe help ek iemand om hulle lewe aan Jesus te gee?

1 Kor 15:3 Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het. 4Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het,

Die sleutel lê in die kern van die Boodskap:

Jesus het vir my sonde gesterf en opgestaan.

Jesus het gesterf vir my verlede, die sonde wat ek gedoen het en dit wat my skuldig, skaam en op ‘n afstand laat voel.
Jesus het opgestaan – Ek kan Hom vertrou met my lewe. Daarom volg ek Hom.






















No comments:

Post a Comment