Saturday, August 27, 2016

Eenvoud en Finansies


‘n Lewenswyse van vrygewigheid.

Luk 3: 11 Johannes sê toe: “As julle twee stelle klere het, gee dan een vir iemand wat niks het om aan te trek nie. Doen dieselfde met julle kos. Deel julle kos met mense wat niks het om te eet nie.”

  • Johannes leer ons ‘n beginsel van gee vanuit jou ekstra.
  • Joune is nie net joune nie, maar joune is God sin, wat Hy kan gebruik om ander se behoeftes aan te spreek.
  • Waar nood is en God sê: “raak betrokke”, is dit belangrik om in gehoorsaamheid te reageer.


Moet nooit met ‘n toe hand lewe nie.

‘n Toe hand is gelyk aan gierigheid.

Die oorsake van gierigheid:

Ek vertrou op myself.
Ek voel ek word te nagekom.
Ek skuld myself.

 Lees 2 Kor. 9:10 as jy hiermee sukkel.
2 Kor. 9: 10 God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei.

Jesus is jou voorsiener, Hy voorsien saad en brood.
Vertrou Hom meer as jouself.

Jesus leer ons om te skuif van ‘n verbruiker na ‘n rentmeester.

Luk 12:16 Toe vertel Hy ’n gelykenis: “’n Ryk man het ’n vrugbare plaas besit wat goeie oeste opgelewer het. 17 Hy het toe by homself gewonder: ‘Wat moet ek doen? Ek het nie meer stoorplek vir die oes oor nie.’ 18 Hy het toe gesê: ‘Ek weet! Ek sal my skure afbreek en groter skure bou. Dan sal ek genoeg plek hê om alles te berg. 19 En ek sal terugsit en vir myself sê: Jou gelukkige kêrel! Jy het genoeg gebêre vir die jare wat voorlê. Ontspan nou! Eet, drink en wees vrolik!’

Verbruiker: 
Spandeer alles op jouself. (nou en môre)
Jesus se reaksie hierop:
Luk 12:20 “Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas! Vannag nog sal jy sterf. En alles wat jy bymekaargemaak het, wie sal dit kry?’
21 “Ja, ’n mens is ’n dwaas as jy net aardse rykdom versamel, maar nie ’n ryk verhouding met God het nie.”

Rentmeester – bestuur jou finansies vanuit ‘n verhouding met God.

Die resultaat van so n lewe.

Hand 20:35 In alles het ek vir julle ’n voorbeeld gestel dat ons só hard moet werk dat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.”
Paulus verwys na die mate waarin Jesus sy lewe beïnvloed het met die volgende woorde:  “Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang”

Die woord seën beteken: Gelukkig.
Jy sal vervuld wees as jy gee.

Waar begin ek? 

1 Kor. 16:2 Wat die geld betref wat ons vir die gelowiges in Jerusalem insamel, moet julle dieselfde reëling volg wat ek met die gemeentes in Galasië getref het.

Hierdie is ‘n riglyn wat Paulus aan verskillende kerke geleer het.

1 Kor. 16:2 Op elke Dag van die Here moet elkeen van julle na vermoë tuis iets opsy sit en dit spaar sodat daar nie eers insamelings plaasvind wanneer ek kom nie.

Jy het ‘n plan nodig wat ‘n lewenswyse van vrygewigheid gaan meebring.

Les 1 Prioriseer: 

“Op elke Dag van die Here”
Verander jou patroon van:
Uitleef,
spaar en
as oorbly gee,
Na
Gee meer
Spaar meer
Bestee minder

Les 2 
Bepaal hoeveel.

“elkeen van julle na vermoë tuis iets opsy sit”
Vermoë – Bepaal ‘n persentasie na jou huidige  vermoë.
Bepaal waarheen wil jy groei.
Sien die groter konteks van die Koninkryk  voor jy spandeer.
Verander waarop jy wil spandeer. Is wat jy koop regtig nodig?
Kom uit skuld uit.

Les 3 Bepaal waar jy gee.

Jesus leer ons: Matt 6:21 Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

Gee volgens die passie wat die Here in jou hart losmaak.
Passie vir die lokale gemeente.
Passie vir jou stad en organisasies wat die stad beter maak.
Bou ‘n nalatenskap.

Leef in Goddelike wysheid, met die res wat oorbly.

Matt 6: 30“ As God dan die veldplante wat vandag daar is en môre verbrand word, so mooi aantrek, hoeveel te meer sal Hy nie vir julle sorg nie? Is julle geloof dan so klein?
31 “Moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat sal ons tog eet?’ of: ‘Wat sal ons drink?’ of: ‘Wat sal ons aantrek?’ nie. 32 Dit is die ongelowiges wat oor hierdie soort dinge begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

God weet alles van jou geldsake, Hy weet wat jy nodig het vertrou Hom.
Die Here kom deur in elke oomblik.

No comments:

Post a Comment