Saturday, August 13, 2016

Eenvoud 1 - Die eenvoud van die Evangelie



A pretentious, showy life is an empty life; a plain and simple life is a full life. (Pro 13:7 MSG)

Vandag gaan ons stil staan by die evangelie...is die evangelie eenvoudig of kompleks? Hoe som ek my lewe in eenvoud op wanneer dit by die Here kom? Wat is dit wat die lewe rondom Christenskap so kompleks maak of het ek uitdagings (issues). Is dit wat Christus aan die kruis gedoen het werklik genoeg, kan dit so eenvoudig wees as dit so is hoe leef ek elke dag met daardie realiteit

Waar begin ek?

In Romeine 8-11 sien ons hoe Paulus besig om te verduidelik Wie God is, in hfst 8 een van oneindige liefde, maar Israel wat entlik Christus verwerp en die implikasies daarvan in hfst 9 en dan in hfst 10 dat hulle die evangelie nodig het maar hulle wil dit nie aanvaar nie maar dan skryf hy iets wat Jesaja (Jes 65:1-2)honderde jare voor dit gesien en geprofeteer het.

Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus. Maar 'n mens sou kon vra: Het die Israeliete dan nie die prediking gehoor nie? Alte seker het hulle gehoor! Die Skrif sê: "Hulle prediking het oor die hele wêreld weerklink, hulle woorde tot by die uithoeke van die aarde." Of 'n ander vraag: Het Israel dit dan nie verstaan nie? In die eerste plek wys ek op wat God deur Moses sê: "Ek gaan julle jaloers maak op mense wat nie 'n volk is nie, en julle kwaad maak oor 'n volk wat nie julle kennis het nie." En Jesaja gaan selfs verder. Daar sê God: "Ek het My laat vind deur mense wat My nie gesoek het nie, Ek het verskyn aan mense wat nie na My gevra het nie." Maar van Israel sê Hy: "Dag vir dag het Ek my hande uitgesteek na 'n ongehoorsame en weerspannige volk." (Rom 10:17-21 ANV)

The point is, Before you trust, you have to listen. But unless Christ's Word is preached, there's nothing to listen to. But haven't there been plenty of opportunities for Israel to listen and understand what's going on? Plenty, I'd say. Preachers' voices have gone 'round the world, Their message to earth's seven seas. So the big question is, Why didn't Israel understand that she had no corner on this message? Moses had it right when he predicted, When you see God reach out to those you consider your inferiors--outsiders!-- you'll become insanely jealous. When you see God reach out to people you think are religiously stupid, you'll throw temper tantrums. Isaiah dared to speak out these words of God: People found and welcomed me who never so much as looked for me. And I found and welcomed people who had never even asked about me. Then he capped it with a damning indictment: Day after day after day, I beckoned Israel with open arms, And got nothing for my trouble but cold shoulders and icy stares. (Rom 10:17-21 MSG)

Hy is ‘n Vader wat staan met ope armes en sê: Kom kyk, kom kyk wat se goeie nuus het ek vir jou!!!

Wat is dit wat God so aantrek om in verhouding met ‘n mens te staan?

Want ons het almal begin in God, dit is nie ons geskiedenis op aarde wat ons voorgestel het aan God nie. Hy het ons nog altyd geken...

Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; ….(Jer 1:5 ANV)

Dit beteken die Bybel is eerder ‘n rekord wat ons vertel van die uitdrukking van Sy beeld en Sy gelykenis in ‘n fisiese vorm, die mens!!!
Die oomblik toe God aan ons dink het Hy my in jou in ‘n vriendskaps-verhouding gesien wat Hom vir ewig sal fassineer. ‘n Vennootskap van eenheid (Die Nelson greep). Sy beeld en gelykenis ontmasker (openbaar gemaak) in ‘n menslike vorm. Dit is wat Jesus kom verklaar het in Johannes 14-16.

Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle. (Joh 14:20 ANV)

So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. (Efe 1:4 ANV)

Die goeie nuus is.... God het ons gevind in Christus voordat ons verlore geraak het in Adam

God has found us in Christ before he lost us in Adam – Francois du Toit

Ons assosiasie/identifikasie met Christus bring ons in die realiteit van die Evangelie in ons lewens...dit is soos ‘n spieel....Paulus vertel wat dit beteken

…maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees. Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind. Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! (1Kor 13:10-13 ANV)

What we percieved in prophetic glimpses is now concluded in completeness! When I was an infant I spoke infant gibberish with the mind of an infant, my reasoning also was typical of an infant; how it all changed when I became a man! Iam an infant no more! There was a time of suspense, when everthing we saw was merely mirrored in the prophetic word, like in an enigma; but then (when I became a man in the revelation of Christ) I gaze that I may know me, even as I have always be known!  (1 Kor 13:9-12 MWBE)

...ek sien my gebrokenheid maar in Christus sien ek my perfektheid....

Jesus is die inhoud van hierdie goeie nuus....

Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes. Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping. (Kol 1:13-15 ANV)

Christus openbaar dat daar geen ander plek is waar God eerder wil wees as in my en jou (Joh 14-16). Jesus bewys deur mens te word dat dit die plek is vir God. Hy word die ewebeeld die spieel van ons lewens. In Hom die beeld van God ek en jy..Christus reflekteer ons perfektheid voor die Vader

Die volmaaktheid waarvoor Hy ons gemaak het is vir nou…

Dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou geopenbaar is aan die mense wat aan Hom behoort. God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring.
(Kol 1:26-28 ANV)

Die hele Bybel is oor Jesus, en Jesus gaan oor jou. Dit maak die Bybel so relevant want Jesus is God se denke van menswees.

To be human is to be like Christ, to be Christ is to be human

In Christus het God Sy beeld en gelykenis gered. Die Ou Testament en Profete het hierdie belofte, geheimenis van God sien kom wat uitdrukking gevind het in die Seun
Wat beteken dit vir my en jou???

‘n nuwe Gesprek….

In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel. (Heb 1:1-3 ANV)

Ons weet ….

Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus. Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word. (Rom 5:17-19 AOV)

Genade vir my skuld
Geregtigheid vir my skaamte 
Heerskappy vir my seer

Sonde beteken “hamartia” – om jou doel te mis
LEEF…in die realiteit van jou ware beeld en gelykenis, dit is in Christus hy is die doel.

Jesus se doel was tweeledig: om herstel te bring van die bloudruk van God se beeld en gelykenis in menselike vorm en om die wêreld vry te maak van probeer. Die Bybel is nie ‘n handleiding vir lewe nie, dit is ‘n spieel wat ons ware identiteit onthul.

Herstel…

Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. (Jes 53:5 ANV)

Oortredinge – was gebruik in die konteks van Israel wat die wet gebreek het, eintlik gerebelleer het.
Sondes – iniquities in Hebrews “Avon” – word gebruik in die landbou, ‘n plant wat gedwing word deur omstandighede, om te groeie in ‘n area wat onnatuurlik is. In ‘n gemeenskap is dit die word “perversiteit” wat beteken ‘n spektrum van immoraliteit, okkulte ens.
Dit verdien straf, wat Christus op Hom geneem het.

Gebruik voorbeeld van Papier om dit te verduidelik (opgefrommel, skoon)

Die Evangelie is eenvoudig want dit beteken jy moet ontdek jy is onskuldig.
Herstel beteken jy is onskuldig. Elke Afstand is gekanselleer..Immaneul God met ons!!!

We are not window-shopping the promises; we gaze into the mirror of our true likeness and discover the integrity of our redeemed innocence – Fancois du Toit

Jesus is nie die voorbeeld vir ons nie maar van ons

En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe. (1Jn 5:20 ANV)

Hoe werk die goeie nuus eenvoudig elke dag in my lewe?































SOUP Beginsel

Scripture
Observation
Application
Prayer

Die elke dag kry ‘n tema en op die einde van die maand word dit Sy uitspraak oor my.

No comments:

Post a Comment