Saturday, August 20, 2016


Die lewe kan so maklik kompleks voel. Dit voel of jy nie greep daarop het nie en of dit te gejaagd is.
Wat is die vertrekpunt om ‘n lewe van eenvoud te lewe?

Jy is bestem om te kan heers.

Gen. 1:28 En God het hulle geseën en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die Hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip

Rom. 5:17 Jesus Christus, word vir ons nog veel meer gegee: Almal wat God se oorvloedige genadegeskenk van vryspraak ontvang, sal koninklik oor die sonde en die dood triomfeer.

Jesus is die koning wat jou in ‘n posisie van heerskappy geplaas het.

Open 1:5 ... en van Jesus Christus, die betroubare getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het en wat heers oor die konings van die aarde.

Begin glo jy is bestem om beheer oor jou lewe te neem.

Die probleem

Dit voel vir baie van ons, ons dagboeke is in beheer van ons lewe en nie ons oor ons dagboeke nie.

Tekens van iemand wie se lewe net ‘n gejaag is.
1. Jy wil nie meer mense sien nie, Mense maak jou moeg.
2. Jou emosie raak ‘n reguit lyn.
3. Jy  is nie meer gedrewe nie.
4. Jy raak maklik geïrriteerd deur klein dingetjies in die lewe.
5. Jou produktiwiteit het geval. Werk lang ure, doen minder. Voel vir jou dae gaan verby, sonder dat jy  presies weet wat het jy afgehandel.
6. Vlug na iets – Eet, Alkohol, meer werk, koop, rekenaar.
7. Slaap nie meer nie, voel slaap nie genoeg nie.
8. Het het nie meer tyd vir “fun” nie.

Tog roep die wêreld na ‘n stadiger eenvoudiger lewe.

Les uit Daniel se lewe

Dan 1:5 Die koning het opdrag gegee dat hulle elke dag kos en drank uit die paleis moes kry. Hulle moes drie jaar lank opgelei word sodat hulle aan die einde daarvan as adviseurs in sy diens kon staan.
Daniel besluit om stroomop te swem, teen die norm van die samelewing.
Dan 1: 15 Aan die einde van die tien dae het Daniël-hulle beter en gesonder gelyk as die jong manne wat die koning se kos geëet het. 16 Daarom het die amptenaar hulle vrygestel van die koning se kos en drank. Hy het vir hulle groente gegee om te eet.

Heerskappy beteken om keuses teen die norm van die lewe te maak.

Les uit Jetro (Moses se skoonpa) se lewe.

Ex 18:13 Die volgende dag moes Moses weer as regter vir die volk optree. Hulle het van vroegoggend tot laataand by Moses se tent tougestaan.

Moses is oorweldig deur die nood van die volk.

Ex 18:14 Toe Moses se skoonpa sien hoe Moses met die volk werk, vra hy vir hom: “Hoekom doen jy alles self? Die mense staan die ganse dag vir jou en wag!”

Dit is tyd om beheer te neem.

18 Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie.

Hoe?

19 Luister nou na my raad. Mag God jou help om die volk by Hom te verteenwoordig. Jy moet voortgaan om hulle probleme na Hom toe te bring vir uitsluitsel. 20 Jy moet voortgaan om hulle in te lig oor God se wette en sy voorskrifte. Leer hulle hoe hulle moet lewe en wat hulle moet doen.
Fokus op wat regtig belangrik is.
21 Maar jy moet ook uit die volk bekwame en eerlike manne kry wat vir die Here wil werk en nie omkoopgeld sal aanvaar nie. Jy moet hulle aanstel om regters te wees oor groepe van onderskeidelik 1 000, 100, 50 en tien mense. 22 Hulle moet dan as regters optree in die alledaagse sake.

Moenie dink jy kan alles doen nie, kry mense in jou span.

23 As jy so maak en God jou lei om dit so te doen, sal jy die vrag kan dra en almal sal tevrede wees.”
24 Moses het sy skoonpa se raad gevolg en gemaak soos sy skoonpa gesê het.

Moses verander sy lewenswyse en heers oor sy tyd.

Praktiese lesse om eenvoudiger te lewe en in heerskappy te wandel.

1. Spandeer tyd op dit wat regtig nodig is.
Jou lewensdoelwit en passie

Dit wat die meeste waardevol is.
Doen minder, maar doen dinge beter.
Doen dinge minder omdat jy nie nodig het om alles te doen nie.

2. Bestuur jou dagboek en nie jou dagboek jou nie.
Dagboek oomblikke saam met jou gesin.
Dagboek “me time” ( Oefen, dink, niks doen)
Kuier oomblikke.

3. Moenie die lewe alleen leef nie.
Daar is mense wat dinge beter as jy doen.
Ontwikkel mense om jou plek oor te neem.
Vertrou jou kinders met takies.
Vra hulp.

4. Besef Rome is nie in een dag gebou nie.
Beplan n strategie en dagboek jou projek.
Skryf neer wat nog gedoen moet word.  Sondoende sal  dit nie jou gedagtes oorheers nie.
Handel klein takkies af en “Celebrate” dit.

Maak ‘Files” in jou besige kop toe.
o Môre is nog ‘n dag.
o Die lewe is nie so ernstig nie.
o Wat moet ek doen,  teenoor wat kan ek nog doen?
o Onthou om neer te skryf.

5. Leer om nee te sê en nee te aanvaar.
Moenie skuldig voel as jy iets ‘n hoër waarde ag nie.
Moenie dink wat dink ander nie.
Jy hoef nie almal gelukkig te hou nie.
As iemand vir jou nee sê, moenie dink hulle hou nie van jou nie.

6. Leef in die oomblik.
Luister na mense in die oomblik.
Geniet die oomblik met jou kinders/familie.
Moenie dat die gebeure, soos verkeer, die oomblik steel nie, neem beheer van jou emosies as iets buite jou beheer is.

Jy is bestem om te kan heers.

No comments:

Post a Comment