Saturday, July 23, 2016

Accelerate: Passie vir mense.


Accelerate: Passie vir mense.

Die woord “Accelerate” beteken
Momentum TE KRY
Spoed vermeerder
Groter Impak
Duidelike rigting
Dringendheid
Kapasiteit
Geloof
Eenheid

Daar is n dringendheid dat meer mense Jesus sal beleef.

2 Corinthians 4:15 (MSG)
IMAGO DEI
Every detail works to your advantage and to God’s glory:
 more and more grace,  (meer mense ‘n aanraking van die Here sal beleef)
 more and more people, (meer mense Jesus sal volg)
 more and more praise! (meer mense Jesus sal verheerlik)

Passie vir mense

Volg Jesus se onvoorwaarlike opofferende liefde wat Hy vir ons het.

Deel van ons skepping DNA is om in verhouding met mense te staan.
God drie-eenheid is ‘n voorbeeld van verhouding.
God skep ons om in verhouding met Hom te staan.
Jesus kies 12 dissipels.
Die eerste kerk word gebou om verhoudings.

Intensionele vriendskap

Ons kies om vriende in ons lewe toe te laat wat mekaar kan beïnvloed.

Spr.13:20 Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid.
Meng jou met dwase en jy word self soos hulle.

Dawid se vriende

Jonatan 1 Sam 19 – n vriend wat hom raad gee en ondersteun
Spr 17:17 Op ’n vriend se lojaliteit
kan jy altyd reken.
Jou broer is gebore
om jou te help
wanneer daar probleme is.

Dawid se dapper manne 1 Kron 11:10-47 – vriende wat saam met jou werk om God se heerlikheid op aarde te vestig, Luk 10
Dawid belê in die  volgende generasie  -  2 Sam 7 1-17,  Hy dra oor wat die Here vir hom gegee het aan sy kinders
Dawid reik uit na mense in nood: 2 Sam 9:1-13

 Wees teenwoordig 

Vriendskap is  “Face to Face” oomblikke en nie net  “thumb to thumb”

Hebr 10:25 En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom.

Fil 4:9 En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees

Sien, hoor en voel.

Om te groei is meer as kennis. Daar is meer in saamwees as net die uitruil van kennis. Ons lewe word ook beïnvloed deur omgee, liefde, aanmoedig ens.

Die klimaat van so omgewing

Onvoorwaardelike liefde, plek van geen veroordeling en plek waar ons  in mekaar glo.
‘n Omgewing waar ons eg kan wees.
‘n Omgewing waar ons in mekaar glo

Lees hoe Paulus die beste in Timoteus gesien het.

Fil 2: 19 Ek hoop om, as die Here Jesus wil, Timoteus gou na julle toe te stuur, sodat ek ook rus in my gemoed kan hê as ek gehoor het hoe dit met julle gaan. 20 Ek het trouens niemand met dieselfde gesindheid as hy en wat julle belange so opreg sal behartig nie. 21 Al die ander soek net hulle eie belange, nie dié van Jesus Christus nie. 22 Maar julle weet hoe betroubaar Timoteus is. Soos 'n kind saam met sy vader, het hy saam met my die saak van die evangelie gedien. 23 Ek hoop om hom dadelik te stuur, sodra ek gesien het hoe my sake verloop.

Om saam te groei beteken om mekaar te herinner wie ons in Christus is.




No comments:

Post a Comment