Saturday, July 16, 2016

Counter Culture: rassisme



Counter Culture: rassisme 

Die vraag wat ons, ons moet afvra is: Wat is die waarde wat ons in elke mense sien?
Om die antwoord te kry is dit belangrik om te sien hoe God jou en ander sien.

Gen 1:27 God het die mens in
ooreenstemming
met Homself geskep;
volgens sy eie beeld
het God hulle geskep;
manlik en vroulik het Hy hulle
geskep.
31God het na sy handewerk gekyk en dit was uitstekend goed.

God sien in jou sowel as in elke mens Sy beeld en identiteit.
Elke mens is bestem om volgens Sy identiteit te kan leef. Dit is hierdie identiteit wat Jesus kom herstel het.

In Ps. 8 skryf die digter oor die waarde van die mens.
4 Wanneer ek opkyk
na die naghemel
en ek sien die werke
van u vingers,
die maan en sterre
wat U in hulle plekke
geplaas het,
5 wat is die mens
dat U aan hom dink,
die mensdom
dat U vir hulle omgee?
6 U het hom
’n bietjie minder gemaak
as hemelse wesens,
en hom gekroon
met roem en eer.
7U het hom in beheer gestel
van alles wat u hande
gemaak het.
U het vir hom mag gegee
oor alle dinge:
8skape en beeste, alles,
en ook die wilde diere
van die veld,
9die voëls in die lug,
die visse in die see,
en alles wat swem
deur die seestrome.
10Here, ons God,
hoe vol majesteit is u Naam
oor die hele aarde!

Jesus sien almal as:


  • So waardevol dat Hy jou gekroon het met eer en heerlikheid.
  • So waardevol dat Jesus Sy lewe kom gee het vir elke mens,


Joh 3:16. “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê

Daarom noem Hy jou Kind van God.
Gal 3 26 Julle is almal God se kinders deurdat julle in Christus Jesus glo.

In Openebaring 5 verwys daarna hoe mense hulle waarde in Christus ontdek het.
Openbaring 5 : 9 Toe sing hulle ’n nuwe lied met dié woorde:
“U is waardig genoeg
om die boekrol te neem
en sy seëls te breek
omdat U geslag is
en met u bloed
mense vir God vrygekoop het,
uit elke geslag en taalgroep,
volk en nasie.
10U het hulle vir ons
tot konings en priesters
gemaak.”

Sien raak wie jy is!


Jou nuwe identiteit verander wie jy is en hoe jy ander mense sien.

Gal 3:26 Julle is almal God se kinders deurdat julle in Christus Jesus glo.27 Almal wat deur die doop met Christus één geword het, se lewe word nou heeltemal deur Christus bepaal. 28 Nou is daar nie langer sprake van Jood of Griek, slaaf of vryman, man of vrou nie; julle is tog almal één in Christus Jesus.

Jy is een met Christus, deel van Sy Koninkryk,
Jy is eerstens ‘n Koningskind deel van God se koninkryk wat leef in Suid Afrika.

Ef 2: 19 Julle is dus nie meer uitlanders en bywoners nie, maar medeburgers van hulle wat aan God behoort. Ja, julle is lede van God se huisgesin


  • Jou optrede en sienswyse word bepaal deur God se koninkrykswaardes.
  • Ons denke word nie bepaal deur die media en opvoeding nie, maar deur Christus.
  • Daarom ag ons alle mense waardevol en tree daarvolgens op.


Jesus het almal waardevol gesien. Let op hoe Hy optree.

Die Jode het hulself meerderwaardig en beter as ander gesien.
Jesus kom en breek hierdie hoogmoed af.

Strorie 1 

Luk 4:19-30 – Almal is waardig genoeg dat Sy liefde hulle lewens kan verander

Storie 2 

Joh 4:9 Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie.

Jesus stap oor die grense van tradisie en reik uitna die Samaritaanse vrou. Hy het in haar Sy beeld gesien.

Die dissipels se hart moes nog verander.

Joh 4: 27 Net toe het sy dissipels teruggekom en hulle was verbaas dat Hy met 'n vrou praat. Tog het niemand vir haar gevra: “Wat wil jy hê?” of vir Hom: “Waarom praat U met haar?” nie.

Hand 10 4 Kornelius het hom aangestaar en bang geword en gevra: “Wat is dit, Meneer?”
Die engel het hom geantwoord: “Jou gebede en wat jy vir die armes doen, het God opgeval! 5 Stuur daarom nou dadelik mans na Joppe toe en laat daar ’n sekere Simon haal. Sy noemnaam is Petrus
Hand 10 28 Petrus sê toe vir hulle: “Julle weet dat ’n Jood nie met iemand van ’n ander volk kontak mag hê of by hom in die huis mag kom nie, maar God het vir my gewys dat ek geen mens as onrein mag beskou nie.
Hand 10: 34 Toe antwoord Petrus: “Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie sekere mense bo ander voortrek nie

Dit was vir Petrus ‘n proses waarin sy denke moes vernuwe.
Paulus  help vir Petrus om te onthou wat gebeur het tydens sy besoek aan Kornelius.

Gal 2:12 Voordat daar van Jakobus se mense aangekom het, het Sefas gewoonweg saam met nie-Joodse gelowiges geëet. Maar toe dié mense daar aankom, het hy hom onttrek en hom eenkant begin hou, omdat hy bang was vir die voorstanders van die besnydenis.

Mag ons dan staan vir wat reg is?

Matt 6: 33 “Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.
Ons roeping is om die Heerskappy (dit wat reg is) op aarde te vestig, maar ons beywer ons vir God se Koninkryk.

2 Kor 5:16 Van nou af beoordeel ons niemand meer volgens ’n menslike maatstaf nie. (Die Vlees nie)

Liefde is die dryf agter ons optrede:

Eph 5:1  Watch what God does, and then you do it, like children who learn proper behavior from their parents.
2  Mostly what God does is love you. Keep company with him and learn a life of love. Observe how Christ loved us. His love was not cautious but extravagant. He didn't love in order to get something from us but to give everything of himself to us. Love like that.

  • Onvoorwaardelike gelyke liefde teenoor almal.
  • Dit beteken ook verdraagsaamheid teenoor kulture wat met joune verskil.

Sien in mekaar, God se waarde en tree sonder hoogmoed op in onvoorwaarlike liefde teenoor alle mense.








No comments:

Post a Comment