Saturday, August 29, 2015

Is God Stil?


Is God stil? 

Daar heers ‘n persepsie dat dit moeilik is om God se stem te hoor.
Dat ons God moet soek, maar dit is nie maklik om Hom te vind nie.

Mat 7:7 “Julle moet nooit moeg word om te bid nie. Vra en God sal vir julle gee. Soek en julle sal kry. Klop aan God se hemelse deur en Hy sal vir julle kom oopmaak. 8Want elkeen wat vra, ontvang; elkeen wat soek, kry, en elkeen wat klop, tref uiteindelik ’n oop hemelse deur aan.

Ons eie wêreldbeskouing word beïnvloed deur die lewe. Daarom vorm ons ‘n teologie van ons eie.

Hierdeur word God se stem stil, want ons leef vanuit ons sielsmens en nie ons Geesmens nie.

Bv  God antwoord nie my gebed nie, daarom glo ek dat gebede nie werk nie.

Die sleutel is om stil te raak en God se hart te soek.

Augustinus: Ons hart is rusteloos tot dat dit rus vind in U

Ek wil stil wees, Here
en op U wag.
Ek wil stil wees
dat ek kan verstaan
wat in U wêreld gebeur.
Ek wil stil wees
om na aan die dinge te kom,
aan al u skepsels,
en hul stemme te hoor.
Ek wil stil wees
dat ek onder die baie stemme
u stem kan herken.
“Toe alle dinge
in diepe swye gewag het”,
sê die Woord,
“het van die goddelike troon,
o Here, u almagtige woord gekom.”
Ek wil stil wees
en my daaroor verwonder
dat U vir my ’n woord het.
Here, ek is nie werd
dat U na my toe kom nie,
maar spreek net een woord,
dan word my siel gesond.
- Jorg Zink

PS. 73:28  Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.
MSG  But I'm in the very presence of God-- oh, how refreshing it is! I've made Lord GOD my home. God, I'm telling the world what you do!

God het Hom bekend gemaak....

 Hebr 1: 2 Maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur sy Seun. God het Hom bestem om die erfgenaam van alles te wees; trouens, Hy het deur Jesus Christus ook die wêreld en alles wat daarin is, gemaak. 3Die Seun weerkaats God se heerlikheid

Wanneer jy Bybel lees – Soek Hom in die skrif.

God maak Hom elke dag bekend ...

Ps 19:2 2Die hemele verkondig
die heerlikheid van God.
Die uitspansel getuig
van die werk van sy hande.

In die elke dag lewe soek hom in oomblik
In jou gedagtes luister na sy fluister.

Die Skrif is vol van voorbeelde waar God alreeds betrokke was in mense se lewens maar waar hul onbewus was daarvan.  Bv. Elisa & dienskneg waar Elisa bid dat die Here sy dienskneg se oe sal oopmaak.

Dis soos om in ‘n fliek in te stap en soos wat jy sit besef jy dis n 3D fliek en jy het nie brille gekoop nie.  So alles lyk blurry en jy hoor n klomp geraas van die soundtrack, maar die beeld kom nie mooi in fokus nie.

Joh 14:21 (AMP)  The person who has My commands and keeps them is the one who [really] loves Me; and whoever [really] loves Me will be loved by My Father, and I [too] will love him and will show (reveal, manifest) Myself to him. [I will let Myself be clearly seen by him and make Myself real to him.]

God het ‘n begeerte dat ek en jy hom duidelik sal sien en beleef in ons lewens. Daar is geen afstand nie.  Jy is gemaak na Sy beeld.  Jy is dieselfde spesie as God. Dit kan net gebeur vanuit ‘n liefdesverhouding met God. Ons kan God se hart vertrou. Die liefde is blind.  Beteken nie jy kan nie foute sien nie, jy is net bewus van ‘n groter realiteit.

Die wêreld sê om te sien is om te glo, maar God se manier werk anders. From the inside out.  Nes mens met jou sintuie goed waarneem om jou, is die sintuig van jou geesmens geloof.  Geloof is hoe ons in God se wêreld sien.

Heb 11:1(AMP)  NOW FAITH is the assurance of the things we hope for, being the proof of things we do not see and the conviction of their reality [faith perceiving as real fact what is not revealed to the senses].
Heb 11:3  By faith we understand that the worlds [during the successive ages] were framed (fashioned, put in order, and equipped for their intended purpose) by the word of God, so that what we see was not made out of things which are visible.
Heb 11:6  But without faith it is impossible to please and be satisfactory to Him. For whoever would come near to God must [necessarily] believe that God exists and that He is the rewarder of those who earnestly and diligently seek Him [out].

Geloof is nie ‘n filosofie of godsdiens nie.  Dis ver meer persoonlik.  Omdat jy God tree vir tree vertrou, bou jy jou lewe op Sy woorde en gedagtes. Jy raak bewus van Hom in elke dimensie van die lewe.  Jy verlang Sy betrokkenheid oral waar jy gaan.  Heb. 11 vol van real-life voorbeelde waar God mense ‘urge, lead, enable’.


Rom 1:16 (AMP)  For I am not ashamed of the Gospel (good news) of Christ, for it is God's power working unto salvation [for deliverance from eternal death] to everyone who believes with a personal trust and a confident surrender and firm reliance, to the Jew first and also to the Greek,
Rom 1:17  For in the Gospel a righteousness which God ascribes is revealed, both springing from faith and leading to faith [disclosed through the way of faith that arouses to more faith]. As it is written, The man who through faith is just and upright shall live and shall live by faith. [Hab. 2:4.]

Nou beleef ek Hom in die Skrif, in my gedagtes, in n fliek wat ek kyk, in ‘n gesprek met iemand oor ‘n koppie koffie.  Omdat ek dag vir dag so leef, raak dit leefstyl

Jas 1:5(AOV)  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
Jas 1:6  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
Jas 1:7  Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie--
Jas 1:8  so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.

Daarom, Soek God met jou hele hart.

Psa 27:4  I'm asking GOD for one thing, only one thing: To live with him in his house my whole life long. I'll contemplate his beauty; I'll study at his feet.
Psa 27:8  When my heart whispered, "Seek God," my whole being replied, "I'm seeking him!"
Soek is gelyk aan ‘n begeerte na intimiteit.

Die besef dat jy kan nie sonder Hom nie
Laat jou na Hom hardloop
Laat jou uitroep: “U is my God”
Die wete jou belange is op sy hart, bring jou by ‘n totale oorgawe.

No comments:

Post a Comment