Saturday, August 1, 2015

Seisoene 2 Ontdek sin en betekenis

Ons almal (selfs goeie mense) beleef tye waar dit voel of God:

  • stil, 
  • onbetrokke en 
  • ver is.  


Omdat dit net ‘n gevoel is en nie die waarheid is nie, is dit belangrik om die regte perspektief te kry in die winter seisoene van jou lewe.

Storie1 Elia ontdek groter sin 

Dalk kan jy jouself identifiseer met Elia se emosionele belewenis nadat die Koningin Isabel vir hom laat weet het sy gaan Hom doodmaak.

1 Kon 19: 4 Hy self het die woestyn ’n dagreis ver binnegegaan. Hy het toe onder ’n besembos gaan sit en gewens dat hy liewer maar moet sterf.
“Ek het nou genoeg gehad, Here,” het hy gesê. “Neem nou maar my lewe, want ek is niks beter as my voorouers nie.”

Les 1. God gee een tree op ‘n slag saam met jou.

“Staan op en eet!” 6 Hy kyk op en dáár sien hy by sy kop ’n roosterkoek wat op warm klippe gebak is en ’n kruik vol water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.

Les 2 God vergroot Elia se tonnelvisie deur Hom te lei na die berg Hebron: 

Hebron is simbolies waar God die mense leer. Dit is hier waar Moses die tien gebooie by God gekry het.

In die stilte praat God met Hom (1 Kon 19: 12)
Moenie dat die stemme van die winter seisoen God se fluister oorheers nie.
Wees sensitief vir vars gedagtes, aha oomblikke wat hoop gee.

Les 3 God koester “authentic” verhouding 

1 Kon 19:13 Wat maak jy hier, Elia?”
14 Hy het weer geantwoord: “Ek het U met toewyding gedien, Here God Almagtig. Maar die Israeliete het die verbond met U verbreek, u altare afgebreek en al u profete doodgemaak. Net ek alleen het oorgebly, en nou probeer hulle my ook doodmaak.”

Les 4 God stuur jou terug na jou leefwêreld en daag jou uit om betekenis te ontdek en uit te leef in jou huidige omstandighede.

1 Kon 19:15 Toe sê die Here vir hom: “Draai net hier om en gaan na die woestyn van Damaskus. Wanneer jy daar aankom, moet jy Gasael salf tot koning van Aram. 16 Dan moet jy Jehu seun van Nimsi salf tot koning oor Israel. Jy moet ook Elisa seun van Safat uit Abel-Megola salf om jou as my profeet op te volg.

Dit is belangrik om sin  in jou “nou” te beleef en nie net die “nou” verby te wens nie.

Selgroep vraag: Wat kan  jy in jou winter seisoen doen om jou lewe meer sin en betekenis te gee?

Storie 2  In die moeilike seisoen leer Jesus jou lewenslesse. Soek die lesse.

‘n  Goeie man Lasarus word siek. John 11:3 Die susters het toe iemand na Jesus toe gestuur om te sê: “Here, kyk, hy vir wie U lief is, is siek.”

Les 1 Jesus sê dat die hy die gebeure gaan gebruik sodat mense sy heerlikheid in die winter seisoen sal sien.

Joh. 11:4 Jesus het die boodskap gehoor en gesê: “Hierdie siekte gaan nie op die dood uitloop nie, maar vind plaas om die heerlikheid van God sigbaar te maak sodat die Seun van God daardeur verheerlik word

Binne in die Winter  seisoen wil Jesus sy  heerlikheid  aan ons wys.

Hoe word God se heerlikheid sigbaar?
Deur sy betrokkenheid in jou lewe.
Hy gee jou krag vir elke dag.
Hy gee jou klein deurbrake.
Hy wys jou die volgende tree.

Voorbeelde 
Jesus gebruik die geleentheid om die mense te leer oor geloof.

Joh 11: 14 Toe sê Jesus reguit vir hulle: “Lasarus is dood,15 maar ter wille van julle is Ek bly dat Ek nie daar was nie sodat julle kan glo. Laat ons dan na hom toe gaan.”
Voorbeeld 1 Jesus leer Marta om in alle tye te glo.
Joh 11:23 Jesus sê vir haar: “Jou broer sal weer opstaan.”
24 Marta het dadelik reageer: “Ek weet dat hy weer sal opstaan met die opstanding op die laaste dag.”

Joh 11:25 Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterf hy ook.
26 Elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterf nie. Glo jy dit, Marta?”
27 Sy sê vir Hom: “Ja, Here, ek is vas oortuig dat U die Messias is, die Seun van God, Hy wat na die wêreld toe sou kom.”


  • Voorbeeld 2

Joh 11:41 Daarop het hulle die klip weggerol. Jesus het sy oë hemelwaarts gerig en gesê: “Vader, Ek is dankbaar teenoor U dat U na My geluister het. 42Ek weet dat U altyd na My luister, tog het Ek dit gesê ter wille van die skare wat hier rondom ons staan, dat hulle kan glo dat U My gestuur het.”

Jesus bid sodat die skare kan hoor dat Hy in Sy Vader glo en die Vader deur Hom die wonderwerk doen.
Hierdeur leer sy dissipels  om te glo dat hulle ook dieselfde kan doen.
Jou somer wat deurbreek gee vir jou ‘n storie van God se heerlikheid wat jy beleef het.

Joh 11:43 Nadat Hy dit gesê het, het Hy met ’n kragtige stem uitgeroep: “Lasarus, kom uit!”
44 Die dooie het uitgekom, sy voete en hande nog toegedraai in doeke en sy gesig nog verbind met ’n kopdoek. Jesus sê vir hulle: “Maak die doeke los en laat hom gaan.”

Selgroep vraag: Wat het jy al geleer in jou winterseisoene? 

Binne in ons winter seisoene gebruik Jesus omstandighede om ons leer oor die lewe.

Storie 3 Josef Gen. 37-45
Josef beleef n groot deel van sy lewe Winterseisoen
1. Sy broers verkoop Hom as n slaaf
2. Hy beland in Potifar se huis en word verraai deur Potifar se vrou
3. Hy beland in die tronk en word vergeet deur die Hoofskinker.
Hy word ‘n leier in Egipte wat baie mense en ook sy familie tydens hongersnood help.
Gen. 45 : 5 Maar moenie julleself verwyt dat julle dit gedoen het nie. Eintlik is dit God wat dit bewerk het. Hy het my vooruit gestuur sodat julle lewens gespaar kon word.

Josef se storie leer ons dat God die  winter seisoene kan gebruik om sy groter plan met jou lewe in plek sit.
Sommige van ons winterseisoene kan dalk in ‘n groter prentjie pas. Dit gee jou hoop om in alle seisoene vertroue in God te hê.
Selgroep vraag: Watter winterseisoen het jou voorberei vir iets groter in jou lewe?





No comments:

Post a Comment