Saturday, August 15, 2015

Seisoene in die Huwelik


Lees Prediker 3 en sien hoe Salomo verwys dat die lewe uit verskillende seisoene bestaan.
Hy verwys daarna dat daar ‘n tyd is om van vreugde te dans en ander keer te treur. Tyd om te omhels en om weg te bly. Tyd om stil  te bly en ‘n tyd om te praat.

Hier is sy konklusie

Pred.  3: 12 Ek het besef daar is vir mense
niks beter nie as om vrolik te wees en tydens sy lewe die goeie te geniet.

Ons is bestem om die lewe, en die huwelik ‘n plek te maak waar ons ten spyte van uiterlike omstandighede vrolik kan wees en die goeie kan geniet.

Plekke wat kan van leer:


  • Omstandighede


Uiterlike omstandighede het baie keer ‘n invloed op ons eie gemoed en dit reflekteer weer na ons verhoudingslewe.
Nuwe werkomstandighede
Kinders se fases
Omstandighede leer ons baie oor watter oorsake lei tot probleme binne ons verhouding.


  • Emosies 

Alle emosies (positief sowel as negatief) is van God.

Emosies is ‘n spieël wat reflekteer hoe ons omstandighede ervaar.
Hoe beleef ek my maat se optrede?
Wat is die effek van my optrede?

Emosie, plus die verstaan van waar die emosie vandaan kom, kan help om aksie te bring in my lewe.

Seisoene in die huwelik

As ons na die vier seisoene van die huwelik as metafoor verwys, speel emosie ‘n belangrike rol om vir ons aanduiding te gee in watter seisoen ons huwelik is en watter dade (omstandighede) maak die emosie wakker.

Winter

  • Kenmerke van winter

1. Julle leef saam, maar vermy mekaar.
2. Jy voel nie om van jou kant te werk nie, want jou maat wil buitendien nie saam werk nie.
3. Klein dingetjies wat jou maat doen irriteer jou en woorde is gekenmerk deur sarkasme.
4. Daarom loop meeste van julle gesprekke op argumente uit.
5. Julle vermy dus onbewustelik mekaar.


  • Gesindheid

Negatiwiteit, moedeloosheid, frustrasie, wanhoop.


  • Emosie

Seerkry, woede, teleurstelling, eensaamheid, gevoelens van verwerping.


  • Oorsake 

Julle lewens word opgeneem deur  ander fokusse sodat julle nie aandag gee aan julle verhouding nie.
Ekstra aandag van iemand by die werk.
Sekere beginsels wat belangrik is in die huwelik word vir ‘n lang tyd afgeskeep.


  • Wat kan jy doen in die winter

Matt 7: 3 En hoe sien jy die splintertjie in jou medemens se oog raak, maar jy merk die yslike stomp in jou eie oog nie op nie? 4 Of hoe sal jy vir jou medemens sê: ‘Kom, laat ek daardie splintertjie uit jou oog haal,’ terwyl daar ’n yslike stomp in jou eie oog sit? 5 Jou skynheilige, haal eers die stomp uit jou eie oog uit. Dan sal jy ook duidelik kan sien om die splinter uit jou medemens se oog te haal.

Dit begin alles by ‘n besluit: EK gaan verander.
Begin by hoop.
Fokus op jou maat se positiewe eienskappe.
Vra vergifnis.
Fokus op jou maat se behoeftes.

Fil 4:8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is — watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees — daarop moet julle julle gedagtes rig.

Lente - Tyd vir aksie

Lente is ‘n tyd van ‘n nuwe begin. Die blomme bloei. Die strome van kommunikasie vloei. Daar is ‘n gevoel van opwinding omtrent die lewe saam. Paartjies maak planne. Hulle het groot drome en baie hoop vir die toekoms. Hulle plant saad waarvan hulle hoop om ‘n groot oes van geluk in te samel.

1 Kor 7:3 Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom, 
en net so ook die vrou teenoor haar man.

Plig = verantwoordelikheid.
Daar is beginsels wat ons moet nakom om die huwelik ‘n sukses te maak.

Emosies
Opwindend, vreugde, drome en hoop.
Gesindhede
Afwagting, optimisme, dankbaarheid, liefde, vertroue.
Dade
Koestering, beplanning, kommunikasie, soek hulp wanneer nodig.

Dit is n tyd van ontdek

As paartjie ontdek julle areas waarin julle moet groei.
Watter huweliksbeginsels moet ons begin implementeer in ons verhouding?
Bv. kommunikasie

Somer - Tyd om n nuwe gewoontes 'n lewenswyse te maak

Ef 4:1 Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. 2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. 3 Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.

Klimaat van Verhouding
Gemaklik, geheg, ondersteunend, begrypend. In die somerseisoen van die huwelik realiseer lentedrome.
Paartjies geniet heelwat bevrediging danksy doelwitte wat bereik is.
Na aanvaarding van hulle verskille streef hulle daarna om dit in bates te omskep vir hulle verhouding.
Hulle ervaar ‘n toenemende gevoel van samehorigheid.

Emosies Geluk, tevredenheid, vervulling, samesyn.

Gesindhede Vertroue, verbintenis tot groei, ontspanne.

Dade Opbouende kommunikasie, aanvaarding van verskille, bywoning van seminare, lees van boeke, geestelike groei.

Die geheim van somer is om gedurigdeur te werk aan verskillende fasette van die huwelik. Daar moet nooit gedink word ons het gearriveer nie.

Herfs 


Fil 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.


  • Klimaat van Verhouding

Vervreemding, onttrekking. In die herfsseisoen voel egpare aan dat iets aan die gebeur is, maar hulle is nie seker wat nie.
Daar is ‘n gevoel van losmaking.  Een of albei paartjies begin afgeskeep voel.
Egpare besef daar is kwessies wat hulle nie waterpas in die oë kyk nie.
Dit lyk of hulle emosioneel onttrek en elkeen is geneig om die ander een die skuld te gee.

Emosies Vrees, hartseer, neerslagtigheid, besorgdheid, moedeloosheid, gegriefdheid, gevoelens dat jy nie waardeer word nie.
Jy sien my nie raak nie – oomblik ander ding –
Onseker – fout vinger heeltemal

Gesindhede Kommer, onsekerheid, verwyte.
Baklei – jy gee nie aandag aan ons gesin nie – Besig met eie dinge

Dade Verwaarlosing, versuim om probleme te hanteer.
Los probleme om later hanteer te word.

Besef dat julle ‘n lentetyd in julle huwelik nodig het, om weer krities na julle huwelik te kyk en groei areas te ontdek.

Selgroep vrae
Vertel mekaar van ‘n tyd wat julle winter of herfs beleef het?
Wat het julle gedoen om die seisoen te verander?

SEISOEN AANWYSER

In watter seisoen is jou huwelik?  Vier woorde of frases verskyn in elk van die onderstaande sestien rye.  Kies een woord of frase uit elke ry, wat jou gedagtes en gevoelens oor jou huwelik  gedurende die afgelope paar weke, die beste beskryf. Sodra jy een woord of frase per ry gemerk het, kan jy die punte in die vier kolomme optel.  Elke merkie tel een punt.  Jy sal vir elk van die vier kolomme ’n puntetelling hê wat wissel van 0 tot 16.

KOLOM 1
KOLOM 2
KOLOM 3
KOLOM 4
5 Ont-moedigend
5 Opwindend
5 Bevredigend
5 Onseker
5 Hopeloos
5 Gelukkig
5 Vreedsaam
5 Verwarrend
5 Leeg
5 Hoopvol
5 Toegewyd
5 Stresvol
5 Ongevoelig
5 Koesterend
5 Geborge
5 Frustrerend
5 Wrokkig
5 Openhartig
5 Vol vertroue
5 Uitgeput
5 Afbrekend
5 Vars
5 Ontspanne
5 Afgetrokke
5 Verwerping
5 Afwagting
5 Waardering
5 Besorgdheid
5 Spanning
5Mededeel-saamheid
5 Eerlik
5 Vervreemd
5 Gooi tou op
5 Maak planne
5 Spanwerk
5 Onbelang-
      stellend
5 Krities
5 Sorgsaam
5 Spesiale 
     band
5 Bekommerd
5 Kwaad
5 Vreugdevol
5 Begrypend
5 Uitgebrand
5 Teleur-
    gesteld
5 Optimisties
5 Gemaklik
5 Verwaarloos
5 Sonder   
    vertroue
5 Teer
5 Onder-
     steunend
5 Bang
5 Terug-
    getrokke
5 Groeiend
5 Meelewend
5 Afsydig
5 Koud
5 Lewendig
5 Tevrede
5 Trots
5 Onverge-wens-gesind
5 Gewillig om te verander
5 Kyk foute mis
5 Groei weg van mekaar



No comments:

Post a Comment