Saturday, August 8, 2015

Seisoene 3 - Hoop


Seisoene 3 – Hoop

Ons almal gaan jaarliks deur verskillende seisoene. 

Winter is seker die maklikste seisoen om aan definiesie te gee, maar dit is seker die moeilikste seisoen om te deurleef.

Somer maak heeltemal ‘n ander emosie los in ons lewens - Somer se iets van HOOP!


Hoop is die een ding wat ons nooit moet verloor nie, ongeag van die seisoen wat ons beleef.

Wat is hoop nie?
 - Hoop en wens is nie sinoniem nie

 - Augustinus se ons verloor hoop agv:
  • Valse Hoop
  • Wanhoop

Pred 9:4 - Want solank as iemand by al die lewendes behoort, is daar hoop; want ‘n lewendige hond is beter as ‘n dooie leeu.

Rom 4:18 - Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees.”
(Message)
When everything was hopeless, Abraham believed anyway, deciding to live not on the basis of what he saw he couldn’t do but on what God said he would do.

Een van die kommentare verklaar dit as volg:

Beyond hope on hope, hope when there was no hope. Abraham continue to believe in God even when all grounds for human hope were gone.


Prov 18:14 - Your will to live can sustain you when you are sick, but if you lose it, your last hope is gone.

Vraag - Wat is die anker van ons hoop?
Rom 5:1-2 
God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.
Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God.

1 Tim 1:1 - Van Paulus, ’n apostel van Christus Jesus in opdrag van God ons Verlosser en van Christus Jesus ons Hoop.

Wat is die heerlikheid van God?
  • Doxa – dit beteken - Opinie  “an especially divine quality” 


Die Fondasie van ons Hoop – Daar is vrede tussen ons en God en ons het vrymoedigheid om enige tyd met enige iets na God toe te gaan – Dis die vertrekpunt van Hoop.

Die einde van Hoop is dat God Sy koningkryk gaan vestig en vir ewig gaan heers – dis die eindprentjie

Rom 5:3-5
Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding,
en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof  kweek hoop;
en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Rom 8:25 en 26
Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.
Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 

Rom 15:4
Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.

Rom 15:13
Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

(Message)
May the God of green hope fill you up with joy, fill you up with peace, so that your believing lives, filled with the life-giving energy of the Holy Spirit, will brim over with hope!

HOOP
 - Dis om te weet daar is ‘n lig aan die einde van die tonnel – al sien ek nog nie die einde nie

 - Dis om in die spieel te kyk en nie te sien wat jy sien nie, maar wat God sien.

Selgroepvrae:
  1. 1.    Wat beteken hoop vir jou?
  2. 2.    Het jy al gevoel soos Abraham, dat daar nie hoop is nie? Wat het dinge verander?
  3. 3.    Bespreek hoop in die konteks van Hebreers 11.


No comments:

Post a Comment