Saturday, July 25, 2015

Seisoene 1 God sê ook NEE

 Ons almal het al ‘n seisoen beleef waar ons gevoel het God is onbetrokke, stil  in ons lewe en wil ons nie help nie.

As jy rondom jou kyk voel die of niks sin maak nie. Dit voel of jy ‘n stukkie van ‘n  legkaart in jou hand het en jy kan nie die groter prent uitmaak nie.

Kom ons kyk na drie voorbeelde in die Bybel waar die situasie nie verander het nie, maar waar God in die agtergrond betrokke was.

Die storie van Johannes – Joh. 11

Johannes beland in die tronk en begin twyfel  of Jesus regtig die Messias is.

Joh. 11: 3 “Is U werklik die Messias wat sou kom, of moet ons tog iemand anders verwag?”

Selgroep vraag: Kan jy jouself identifiseer met Johannes se vraag?

Jesus se reaksie, was nie veroordelend nie.

Joh. 11: 11“Ek verseker julle, onder al die mense wat ooit geleef het, is daar niemand groter as Johannes die Doper nie. Tog is selfs die onbelangrikste mensie in God se koninkryk nog belangriker as hy!”

Jesus se raad

Moenie net op jou omstandighede fokus nie, maar soek my buite die grense van jou tronk.

Joh 11: 4 Jesus antwoord hulle: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien: 5 Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig. 6 En gelukkig is elkeen wat nie aan My begin twyfel nie.”

Selgroepvraag: Hoe kan jy Joh 11:4 verpersoonlik?

Jesus maak ons deel van die verhaal met die volgende skrifgedeelte:

Joh. 11: 6 En gelukkig is elkeen wat nie aan My begin twyfel nie.”


  • Daar is seën daarin, anders gestel lewe daarin om God in jou omstandighede raak te sien.
  • Om nie te begin twyfel oor God - oor wat God doen, of nie doen nie.


Lees  Romeine 8 aandagtig en laat toe dat die Heilige Gees die waarheid in jou hart graveer.  Moenie twyfel oor waar God is en hoe lief Hy jou het nie.

Rom. 8 35 Wat kan ons nou nog skei van Christus se liefde vir ons? Swaarkry, probleme, vervolging, hongerpyne, ’n tekort aan klere, gevare, of dalk geweld? Nie een van hierdie dinge nie! Nie eens die grootste probleme waarvan daar in die Bybel gepraat word, kan ons ooit van Christus skei nie. 36 Daar staan juis in een van die psalms:
“Here, ter wille van U word ons heeltyd doodgemaak. Ons is soos ’n klomp slagskape wat reg staan om geslag te word.”
37 Al gebeur hierdie verskriklike dinge met ons, is ons nogtans oorwinnaars. Ons deel in Christus se reuse-oorwinning omdat Hy ons baie liefhet. 38 Daarom is ek heeltemal seker dat niks wat met ons gebeur ons ooit van God se liefde kan skei nie. Nie eens die dood of enigiets in hierdie lewe nie. Ook nie slegte engele of ander bonatuurlike magte nie. Ook nie iets wat dalk vandag of môre met ons kan gebeur nie. Ook nie enige buitengewone kragte nie. 39 Selfs nie die hoogste berg of die diepste see hier op die aarde nie. Letterlik niks in hierdie skepping kan ons ooit van God se liefde skei nie.

Vergroot die prentjie van God se betrokkenheid in jou omstandighede.

Die storie van Jesus in die tuin van Getsemani.

As jy binne elke moment was en nie die groter storie geken het nie, sou jy kon voel God het Jesus verlaat.

Mat 26:38 Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My.

Jesus is bang en onseker oor dit voorlê.

In sy gebed laat hy toe dat God SY GOD kan wees.

Luk22: 42. "Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!"
Luk 22: 42Daar het Hy op sy knieë neergeval en begin bid: “My Vader, kan U nie asseblief u planne verander sodat Ek nie meer die pad wat vir My voorlê, hoef te loop nie? Is daar nie dalk ’n ander uitweg nie? Maar Ek probeer nie nou self allerhande planne maak nie. Maak U die planne! Ek val daarby in.”

Jesus rig n versoek aan die Vader maar die Vader antwoord Hom nie volgens sy hartsbegeerte nie. 

God raak betrokke in sy omstandige en nie deur ‘n bonatuurlike oplossing nie.

Luk 22: 43 Terwyl Jesus nog bid, het ’n engel daar na Hom toe gekom om Hom krag te gee vir alles wat op Hom gewag het.

Selgroep vraag: Gesels saam oor voorbeelde waar dinge anders uitgedraai het as wat jy vir God gevra het. Hoe het God jou gehelp?

Ps. 37 3 Vertrou op die Here en doen wat goed is.

Storie 3 Paulus beleef ook ‘n nee van God en ‘n ja vir iets anders.

2 Kor 11 Vertel hy hoe hy deur moeilike tye gegaan het.

Vanuit hierdie konteks kry ons.

2 Kor 12:7 Daarom, sodat ek nie hoogmoedig moet word nie, is aan my ’n doring in die vlees gegee, ’n boodskapper van Satan om my te kasty. 8 Drie maal het ek die Here gesmeek dat dit my moet verlaat. 9 Hy het egter vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk. 10 Ek is dus tevrede met my swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede ter wille van Christus, want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk.

Vers 10 vertel voorbeelde van wat alles  ‘n  doring in ons  vlees kan wees.
Omstandighede wat nie verander nie.
Karakter bv.  ongeloof of twyfel.
Verhoudings wat nie verander nie.

Sy gebed is “Here laat dit my verlaat?”

Jesus antwoord Nee, maar se Ja vir iets anders want hy het n groter prentjie as ons.

Hoe hanteer Paulus dit: 

1. Hy soek God in die omstandighede
2 Kor. 12”7 Daarom, sodat ek nie hoogmoedig moet word nie.
God kan hierdie gebeure gebruik om my te help groei (volgende week gesels ons verder hieroor)
2. Hy aanvaar God se nee en laat hom toe om God te wees.
3. Hy maak sy hart eerderoop vir God se perspektief as sy eie.

2 Kor 12  9 Hy het egter vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.”

God se Ja kan ook wees:
My genade is genoeg – Jesus is by jou, Hy is in die oomblik.
Hy is jou krag:
o Hy gee jou die vermoë om dag vir dag deur moeilike omstandighede te kom.
o Hy gee vir jou wysheid vir die volgende tree.
o Hy gee vir jou geloof om Hom raak te sien.

Reubin Welch With God even when nothing is happening, something is happening.

No comments:

Post a Comment