Friday, July 17, 2015

Hebreërs 6 - Vaderskap (God is nie Ver nie)


Heb 13:20-21
Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.

JESUS WAS UNIEK

In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. Joh 1:4

Julle is die lig van die wêreld. Matt 5:14

Hoe kry ek deel aan die lig, is dit iets wat ek moet doen?

Doen = Godsdiens
Gedoen = Christus

Godsdiens doen twee dinge:
Plaas God ver
Beloning is ver

Godsdiens = gedryf uit vrees:

@ As jongman bybel gelees en gebid

Godsdiens = bring voorgee:

@ Boer by maskerbal

Disipels sien Jesus se verhouding met God is anders! Matt 6:9-10
So moet julle dan bid: 
Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
@SKYPE

Jesus begeer so om Sy disipels bewus te maak van Intimiteit met God

Joh 14:1-3 
Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. 
Ek gaan om vir julle plek te berei. 
En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. 

Hierdie is nie ‘n bouprogram in die hemel nie

@ Jesus skep met ‘n woord

Joh 14:4-6 
En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? 
Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Jesus verklaar die plek – Dit is die Vader
Jesus verklaar die weg – Deur Hom

Ons het toegang tot God op die basis van ons insluiting in Christus!

@ Ons beleef die Vader in christus

Joh 14:7-9                                               
As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien. 
Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.                                En hoe sê jy: Toon ons die Vader

@ x4 glassies – Vader/Jesus/HG/ Ek 

Joh 14:10-11   
Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My;

Jesus maak ‘n radikale stelling aan die Jode – God/Vader is in Hom

Joh 14 : 16 - 19 
En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. 

Joh 14 : 16 - 19 
Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog ‘n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.

Joh 14:20  
In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.                             

Joh 14:23  
Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Carlos Ortiz: “……all the luggage”

Ons oë moet oopgaan:

 @ man wat Drakensberge besoek

No comments:

Post a Comment