Saturday, October 24, 2015

Original: Jona


Original Jona

Ons gesels in die  reeks oor normale mense, net  soos ons,  wat ‘n groot impak gemaak het en waarby ons lewenslesse kan leer.

Jona is een van die Bybelkarakters waarmee ons onsself kan identifiseer.

Jona kry ‘n direkte opdrag van die Here, maar hy kies om die opdrag te vermy.

Jona.1:1  Die Here het vir Jona, die seun van Amittai, geroep om sy boodskap te gaan oordra. Hy het vir hom gesê: 2 “Gaan sê vir die groot stad Nineve dat Ek hulle gaan straf. Hulle sonde is so groot dat dit al aan die hemel raak.”

Die boek Jona se sentrale tema gaan oor die vraag waarom hy nie God se opdrag uitgevoer het nie.

Jona 1: 3 Jona het die Here se opdrag probeer ontduik. Hy het weg van Nineve af in die teenoorgestelde rigting na Tarsis toe gevlug

Wat is die hardlklop waarom Jona en in baie gevalle ons, nie ons lewe belyn met Jesus se roeping vir ons nie?

Jona 4 

Die antwoord kry ons in Jona 4. Hier help God hom om by die wortel van sy probleem  uit te kom.

Jona gaan sit buite die stad, en is teleurgesteld dat God nie die stad verwoes het nie.

Die storie maak ‘n interessante draai.

Die Here voorsien in sy direkte behoefte en dit verander sy gemoed.

Jona 4: 6 Die Here God laat toe ’n wonderplant opkom. Dit het ’n skaduwee oor Jona gegooi wat dit vir hom baie gemakliker gemaak het. Jona was baie bly oor die wonderplant.

Die Volgende oggend stuur die Here ‘n  wurm om die wonderplant op te eet

Jona 4: 7 Maar die volgende oggend toe die son opkom, stuur God ’n wurm. Hy het aan die plant begin vreet en dit het veroorsaak dat die plant doodgaan.8 Die son het al warmer geword. Soos die dag vorder, het God ’n skroeiende warm wind uit die ooste laat waai. Die son het so warm op Jona gebrand en hom so gedaan gemaak dat hy naderhand gewens het dat hy tog maar liewer dood was.

Hy sê toe weer soos hy gesê het: “Dit is beter as ek nie verder lewe nie.”

Toe sy eie gemak verander toe is Jona weer ongelukkig.

Les : Die Here is besig om Jona te leer dat die lewe nie net oor hom gaan nie.

Jy moet ook jou geluk kan vind in God se wonderwerke in ander se lewens.

Jona 4:10 “Nou toe nou,” sê die Here vir hom. “Jy dink jy het die reg om kwaad te wees oor ’n plant waarvoor jy nie ’n oomblik moeite gedoen het om dit te laat groei nie, wat oornag op sy eie opgekom en weer net so verdwyn het. 11 Maar jy wil nie hê Ek moet bekommerd wees oor die groot stad Nineve nie, waarin daar meer as 120 000 mense bly wat nie reg van verkeerd kan onderskei nie en waarin daar so baie diere is. Het Ek nie die reg om My oor hulle te bekommer nie?”

Jona word geleer om met selfsug, sy eie voorkeure en sy eie gemak  te breek en God se passie vir ander mense te ontdek.

Ontwikkel 'n hart vir 'n stad

Hy leer dat die Here ‘n passie vir ‘n  stad het, en God wil hê hy moet sy hart daarmee te belyn.

  • Die Here bekommer hom oor ons studente wat nie kan studeer nie
  • Oor huwelike wat uitmekaar val. 
  • En Hy het n passie dat n stad moet verander na n plek van lewe.


Die woord passie beteken – Ek is bereid om deur pyn te gaan, Om ‘n martelaar te raak vir n saak.
Passie vir God beteken jy sal jou eie gemak prys gee, om die Koninkryk van die  Here te help vestig.

Jy voel dalk om die wêreld te verander is onmoontlik
Maar die Here vra dat jy n passie vir JOU wêreld sal ontwikkel:

  • Jou werksomgewing
  • Jou blyplek 
  • Jou vriendekring


Jona se ongehoorsaamheid het  amper veroorsaak dat die stad Nineve nie God se genade beleef nie. Die een wat benadeel word is die een wat moes ontvang.

Ons dien ‘n  God van tweedekanse.

Toe Jona terug gaan na die stad – toe beleef die stad n transformasie

Jona 3:6 Toe die koning van Nineve hoor wat Jona sê, het hy van sy troon af opgestaan en sy koninklike klere uitgetrek. Hy het rouklere aangetrek en op ’n ashoop gaan sit. 7 Die koning en sy amptenare het toe die volgende bevel deur die stad gestuur: “Niemand nie, nie eers die diere, mag enigsins iets eet of drink nie. 8 Almal moet rouklere aantrek en ernstig tot God bid. Almal moet ophou om kwaad te doen en geweld te pleeg.

Beginsel: Jou uitreik na JOU wêreld, dra daartoe by om DIE wêreld n beter plek te maak.

Lees Matt 25:31-46
Jou omgee se rimpel effek raak God se hart,

God se hart vir ‘n stad 

 Jer 29: 4 Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel. Hy sê vir al die mense wat Hy uit Jerusalem uit laat wegvat het na Babel toe: 5“Bou vir julle huise in Babel om in te bly. Maak vir julle tuine en eet die kos wat uit die tuine kom.
7 Doen ook julle deel dat daar vrede en voorspoed in Babel sal wees. Vra ook in gebed vir die Here dat dit goed sal gaan met die stad waar julle aangekom het toe julle uit julle land weggevat is. As dit met Babel goed gaan, sal dit ook met julle goed gaan.”

Die opdrag is om God se vrede en voorspoed vir n stad te soek, sodat dit goed kan gaan.
Shalom = Heelheid, oorvloedige lewe.

Les: as dit met die stad goed gaan, gaan dit met Jou goed.

God se ingryping in Nineve het nie net tot die bekering van mense gelei nie, maar tot restourasie van
die stad.

Jona 3:8 Almal moet rouklere aantrek en ernstig tot God bid. Almal moet ophou om kwaad te doen en geweld te pleeg.

Ons betrokkenheid moet tot transformasie lei. Jer 29:4-7

Hoe kan ons transformasie bring? 

Jer 29: 4 Die Here is sterker as alles en almal.
7 Doen ook julle deel dat daar vrede en voorspoed in Babel sal wees

Luk 10:2 Dít was sy instruksies aan hulle: “Die oes is só groot, maar die werkers is so min. Bid tot die Here wat in beheer is van die oes, en vra dat Hy meer werkers in die veld sal stuur. 3 Gaan nou, en onthou dat Ek julle soos lammers tussen wolwe instuur

1. Ons is geroep om n teenoorgestelde gees in n omgewing  te bring.
As daar suinigheid en vergrype is – word ‘n kampvegter vir oorvloed en regverdigheid.

2. Verhoog die geestelike klimaat in jou omgewing.

Jer :29: 7 Vra ook in gebed vir die Here dat dit goed sal gaan met die stad waar julle aangekom het toe julle uit julle land weggevat is
Luk 10 : 5 “Elke keer wanneer julle ’n huis binnegaan, spreek die vredesgroet daaroor uit.
9 Genees die siekes wat daar woon, en sê vir hulle: ‘Die koningsheerskappy van God is nou naby julle.’

Begin bid vir jou omgewing, jou werksplek.
Waar nood is laat die Heilige Gees se gawes deur jou beweeg.

3. Raak prakties betrokke by jou omgewing
Jer 29:5 “Bou vir julle huise in Babel om in te bly. Maak vir julle tuine en eet die kos wat uit die tuine kom.

No comments:

Post a Comment