Saturday, November 7, 2015

Original - Ester



1.  Kan God my regtig liefhê soos sy eie Seun?
2.  Ek het teveel “issues” vir die Here
3.  Ek is vir die Here ‘n projek, so ek moet Hom beïndruk met wat ek doen

Rom 8:15 ANV  Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.

Rom 8:15 AMP  For [the Spirit which] you have now received [is] not a spirit of slavery to put you once more in bondage to fear, but you have received the Spirit of adoption [the Spirit producing sonship] in [the bliss of] which we cry, Abba (Father)! Father!

Rom 8:15 MSG  This resurrection life you received from God is not a timid, grave-tending life. It's adventurously expectant, greeting God with a childlike "What's next, Papa?"

Iemand wat hierdie vrae deur haar storie, iemand want soos ‘n kind alles van die Here wil inneem en met so ‘n verwagting wil sien wat is aan die ander kant van die gordyn op ‘n avontuur is Ester

Die storie van Ester…

Die boek is heelwaarskynlik geskryf deur haar Neef Mordegai of Esra
Dit was tydens die tydperk van Koning Ahasvéros van Persia.

Hoofstuk 1-2: Ester word gekies as koningin.
Hoofstuk 3-4: Haar Oom Mordegai wil nie voor Prins Haman buig nie. Haman beplan om die Jode te vernietig.
Hoofstuk 5-10: sien ons hoe Ester die planne van Haman bekend maak en die resultaat is dat Haman gehang word en Ester se deursettingsvermoë en geloof red die volk.

Est 2:7 ANV  Mordegai het as voog opgetree vir Hadassa, dit is Ester, die dogter van sy oom, want sy was 'n weeskind. Dié meisie was mooi, sy was baie mooi. Ná die dood van haar pa en ma het Mordegai haar as dogter aangeneem.

1. Wat beteken dit as ons sê God kan ons nie dieselfde liefhê as Sy Seun nie?

Vasti se storie…

Est 1:11 ANV  Hy het hulle beveel om koningin Vasti, met haar kroon op, na hom toe te laat kom sodat hy vir al die mense, al die hoë amptenare, kon wys hoe mooi sy is. Sy was 'n baie mooi vrou.

Om haar te sien, te respekteer te geniet en ten volle te vertoon. Wanneer die Here sê ek is lief vir jou wil ek jou in jou oë kyk, ek wil jou geniet en ek wil vir jou wys dat almal wat hier voor jou sit jou respekteer omdat hulle kan sien hoe lief ek jou het.

Ester se storie…

Est 2:17 AMP  And the king loved Esther more than all the women, and she obtained grace and favor in his sight more than all the maidens, so that he set the royal crown on her head and made her queen instead of Vashti.

Liefde as ‘n demonstrasie (omhels, emosie gevoel, uitbarstings) van ‘n wonderwerk. Omdat jy die wonderwerk kan sien wat God in jou gedoen het is daar ‘n uitbarsting van vreugde, emosie en opgewondenheid. Ek en jy is deel van ‘n familie wat my waarde kan sien en nou het ek guns want daar is verhouding.

Storie oor Midstream vanaf Durban.

2. Ek het teveel “issues” vir die Here, my “issues” neem die plek van die Here

Twee opsies:
Mordegai wees met “issues” of ‘n Haman wees met “issues”

Haman se agtergrond
Hy was ‘n afstameling van die Amalékiete, Amalék het terwyl Israel Uit Egipte getrek het, het Amalék agterna getrek en die wat swak was uitgewis en Hy het geen vrees vir die Here gehad nie (Deut 25:17-19). Israel het hul tweekeer oorwin en Haman het dit nie vergeet nie. Hy het die koning gemanipuleer om wette uit te vaardig en om die Jode dood te maak (Ester 3) Mordegai wou nie voor hom buig nie (Ester 5:10-14). Die koning kan nie slaap nie en vra sy diensknegte om die Kronieke te lees, hy lees van Mordegai

Mordegai soek die Here, skeur sy klere…gee oor aan die Here
Net soos in Haman se geval versweg ons issues ons partykeer of dit neem die plek van die Here.

Ek het twee opsies….

Est 6:7-10 ANV  Toe antwoord hy die koning: “Met die man aan wie die koning graag eer wil bewys, moet soos volg gehandel word:  (8)  daar moet 'n koninklike kleed gebring word wat die koning self aangehad het en 'n perd waarop die koning self gery het, 'n perd met die koninklike embleem op sy kop.  (9)  Die kleed en die perd moet oorhandig word aan een van die hoogste amptenare van die koning, en dié moet die kleed aantrek vir die man aan wie die koning graag eer wil bewys. Die amptenare moet die man dan op die perd oor die stadsplein laat ry en voor hom uitroep: So word gemaak met iemand aan wie die koning graag eer wil bewys!”  (10)  Toe sê die koning vir Haman: “Vat dadelik die kleed en die perd en maak soos jy voorgestel het met die Jood Mordegai wat in die poort van die paleis sit. Jy moet niks nalaat van wat jy voorgestel het nie.”

Mordegai….

Jas 4:7 MSG  So let God work his will in you. Yell a loud no to the Devil and watch him scamper.

Haman…

Hebrews 12:15 (Phillips)  "Be careful that none of you fails to respond to the grace of God for if you do there can spring up in you a bitter spirit which can poison the lives of many others."

Haman se “issues” verswelg hom (hy word gehang op sy eie glag) – Ester 7:9-10

3. Ek is nie vir die Here ‘n projek nie ek is Sy Seun/Dogter.

Est 4:14-17 ANV  As jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!”  (15)  Ester het toe vir Mordegai laat weet:  (16)  “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal ook vas. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, moet ek maar omkom.”  (17)  Mordegai is toe weg en het alles gedoen wat Ester hom beveel het.

Vas – maak toe jou mond en geniet.

My doel as seun/dogter van die Here vind ek net op een plek…dit is voor die Koning, in sy teenwoordigheid. Weet jy wanneer stooi ek die meeste met ek is nie goed genoeg nie, my issues is te veel, Hy het my nie lief nie, ek is geafronteerd met die Here want Hy het nie gedoen wat ek gevra het nie…ek het nodig om die Here te geniet, op my mat te gaan lê sonder om enige iets te vra en soos ‘n kind te sê Pappa hier is ek, ek wil jou net geniet, maak my vol van Jou.

Prestasie is selfverheffing sonder intimiteit.
Ek en jy sal altyd dit dra waarvan ons die meeste bewus is.
Ek het agtergekom, mense wil nie graag met my kuier as ek net oor myself praat nie, as ek hulle wil misbruik om my goed te maak werk maar hulle nie sien as waardevol nie. Ek dink dit is met die Here ook so.
Koninkryk kan net gebeur van ‘n plek van intimiteit

“Jesus never scolded anyone for coming to Him because they wanted a gift, instead what He did was provided them with a miracle that directed their heart toward the Father…. if you find His hand look up, He’s connected.” – Bill Johnson

No comments:

Post a Comment