Saturday, November 21, 2015

Original: Moses se lewenslesse oor verhoudings.

Original: Moses se lewenslesse oor verhoudings.

Die vakansieseisoen is voor die deur, dit is gewoonlik ‘n tydperk wat ons met vriende en familie spandeer.

1 Petr. 1:22 ... Julle kan mekaar dus as medegelowiges regtig liefhê. Daarom moet julle sorg dat julle mekaar van harte liefhet, al vra dit inspanning.

Petrus gee ons die opdrag om mekaar lief te hê, ten spyte van ons verskille.

In Moses se lewensverhaal is verskillende verhouding intriges ingevleg waarby ons lesse kan leer.

Les 1 Die Here stuur mense op ons pad om ons lewens aan te vul.

Ex 4:10 Moses het by die Here gepleit: “Ag, Here, ek is nie goed met my mond nie. Ek was nog nooit iemand wat goed kon praat nie. Selfs waar U nou hier met my praat, haak my tong vas.”

14 Toe het die Here Hom vir Moses vererg. “Goed,” het Hy gesê. “Wat van jou broer, Aäron, uit die Leviete? Hy kan tog goed praat. Hy is alreeds op pad om jou te kom ontmoet. Hy gaan baie bly wees om jou weer te sien. 15Jy sal vir hom voorsê wat om te sê. Ek sal julle help om te praat en vir julle sê wat moet gebeur. 16 Aäron sal namens jou met die volk praat. Hy sal jou mond wees.

Ons moet besef ons het mekaar nodig.
Die erkentenis van ons tekortkominge sal toelaat dat ons mense intrek in ons lewe.

 Jy het mense nodig wat jou kan:
Motiveer en aanmoedig.
Help om jou drome in te kleur.
Begelei met wysheid en inspraak.

Aaron was altyd langs Moses om sy hande ophoog gehou te hou.

Ex 17: 11 Solank Moses sy hand in die lug opgehou het, was Israel aan die wenkant. Sodra hy sy hand laat sak het, het die Amalekiete die oorhand begin kry. 12 Moses se arms het naderhand begin moeg word. Aäron en Hur het hom op ’n klip gaan laat sit. Hulle het weerskante van hom gaan staan en sy hande in die lug gehou totdat die son ondergegaan het. 13Josua kon toe Amalek en sy volk verpletterend verslaan.


  • Ons het “Aaron” vriende nodig om ons arms (gemoed) om hoog te hou. 
  • Goeie vriende wat kan saam lag en saam huil. Rom. 12 :15
  • Die sleutel is om eerlik te wees en bereid te wees om jou lewe met ander te deel.


Gal 6 2 Sien raak wanneer ander gelowiges swaarkry en help hulle. Tel hulle probleme op julle skouers en dra dit vir hulle. So doen julle presies wat Christus van julle verwag. Dit is immers sy wet dat julle mekaar moet liefhê.

Sien raak ander mense se swaarkry.

Dra hulle laste saam met hulle
Bou ander op met woorde van lewe.
Bid saam met mense.

Kersfeeswenk: Skryf ‘n persoonlike boodskap van waardering en opbouing vir almal wie saam met jou kersfees vier.

Moses het ingetap in ander se wysheid.

Ons het nie net vriende nodig om ons ego te streel nie, maar ook om eerlik met ons te wees.

Jetro was so ‘n vriend Ex 18:8

Moses maak sy hart oop teenoor Jetro.

Ex 18: 8 Moses het vir sy skoonpa haarfyn vertel van alles wat die Here met die farao en Egipte laat gebeur het ter wille van Israel. Hy het ook vertel van al die probleme wat hulle langs die pad teëgekom het en hoe die Here hulle daarmee gehelp het.

Vriende luister nie net om ‘n antwoord te gee nie, maar om iemand se hart op te tel.
Partykeer het ons nie eens nodig om raad te gee nie, maar die feit dat ek regtig luister bring klaar genesing en in baie gevalle insig.

Wanneer eerlike raad nodig is moet ons bereid wees om dit te deel.

Ex 18 17 Sy skoonpa sê toe vir Moses: “Jy hanteer die saak nie reg nie. 18 Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie.
Raad kan ook in die vorm van vermaning wees: Bv. as jy nie breek met die gewoonte in jou lewe nie kan dit baie skade in jou lewe bring.

As gelowiges moet ons bereid te wees om self die donker van  ons lewe met ons naby vriende te deel.

Jak 5 16 Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking.

Wanneer ons mense toelaat in ons lewe, moet ons ruimte maak dat hulle ons kan teleurstel.

Net so het Aaron sleg van Moses gepraat: Num 12:1-13
Moses het hom vergewe

Oor die feesseisoen kan klein dingetjies groot irritasies veroorsaak.
Vra jouself af of dit die moeite werd is om jou vrede prys te gee vir die situasie.

Maak ruimte dat mense, dinge anders as jy kan doen.

As iemand jou seer gemaak het, bevry jouself deur te vergewe.










No comments:

Post a Comment