Saturday, November 14, 2015

Original: Die storie van Petrus:


Original: Die storie van Petrus: 

Petrus se verhaal leer ons die grootheid van die Here se genade. Daar is altyd nog ‘n kans.

Verhaal 1:  Petrus se roeping : Matt.  4:18-23

Agtergrond: Volgens die Joodse tradisie het Petrus nie gekwalifiseer om ‘n dissipel van ‘n Joodse Rabbi te wees nie. Dit is waarom hy die ambag van sy pa gevolg het.

Les: Jesus as Rabbi kies Hom (ons) die een wat nie al die kwalifikasies gehad het nie, om Hom te volg en aan Sy voete te kom leer.

Verhaal 2 Petrus loop op die water Matt 14:22-32

Agtergrond: Petrus volg Jesus blindelings. Hy glo dat as Jesus op die water kan loop hy ook kan. Die oomblik wat hy op die water loop begewe se geloof hom en sink Petrus.

Les.1 As Jesus sê kom, loop op die water,  volg Hom dan roekeloos in geloof.
Les 2  Jesus leer Petrus om Hom blindelings te vertrou en weer op die water te loop.

Verhaal 3. Petrus verloën Jesus: Luk 22:32-36 en 54-62
Agtergrond: Jesus waarsku Petrus dat hy gaan versoek word en moet vas staan.  Tydens die oomblik  versoeking verloën  Petrus Jesus.

Les 1 Luk 22 32 ... maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie moet begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou medegelowiges ondersteun.”

Jesus leer Petrus (ons) dat wanneer ons foute maak ons nie die waarheid van Sy genade moet miskyk nie en weer moet opstaan.

Les 2 Wanneer ons val, hardloop na Jesus en bely, belyn jou daarna met die Here se uitspraak oor jou lewe. Luk 22:62

Les 3. Jesus reik uit na Petrus  (jou), om sy hand te vat sodat hy weer kan opstaan en herstel kan word na sy oorspronklike plan.  Joh 21: 15-19

Petrus se lewensles uit sy ervaring: 1 Petrus 

1 Pert 5: 12 ... Die doel met my brief is om julle te bemoedig en te verseker dat die genade van God met julle is, ongeag wat met julle gebeur.

Die opsomming van 1 Petrus

Les 1 Wees versigtig en besef,  die duiwel gaan jou aanval en wil jou vernietig.

1 Petr 5: 8 Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.
9 Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly. Julle weet mos: Dwarsdeur die wêreld verduur lede van God se gesin dieselfde soort lyding.


Les 2 Die Here wil Sy krag vir jou gee om sterk te staan.

1 Petr 5 10 In sy genade het God julle geroep om in Christus deel te hê aan sy ewige heerlikheid. Nadat julle ’n kort tydjie swaargekry het, sal Hy julle self weer herstel; Hy sal julle moedig, sterk en standvastig maak. 11Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen.

Les 3 Wat moet jy doen: Besef Hy is jou bron en kom sit aan Sy voete waar jou siel gevoed word met Sy waarheid en krag.

1Petr 5:5... “God is téén dié wat te veel van
hulleself dink,
maar dié wat besef hoe afhanklik
hulle van Hom is,
aan húlle
gee Hy sy genade.”
6 Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op sý tyd sal Hy julle groot maak. 7 Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.




 

No comments:

Post a Comment