Saturday, December 5, 2015

Advent - Week 1&2



Advent

Hoekom vier ons Advent? – Intensionele tyd uitkoop om ons harte in te stel en te fokus op wat Christus vir ons kom doen het.

Wat beteken Advent? – Latynse woord Adventus – aankoms, afwagting, verwagting
“Advent is a time of  – Expectant Waiting
  •       Hopeful Anticipation
  •       And Cheerful Preparation” – Louis Giglio


Simbool van die Advent Krans:
-       Immergroen blare – Altyd groen, lewendig en vars
-       Ronde krans – Nimmereindigend, geen begin of einde
-       5 Kerse:
-       Kers 1: Pers Kers van die profete en Hoop
-       Kers 2: Pers Kers van Bethlehem en Voorbereiding
-       Kers 3: Pienk Kers van die Herdes en Vreugde
-       Kers 4: Pers Kers van die Engele en Liefde
-       Kers 5: Wit Kers van Christus en Reinheid

Kers 1 – Profete en Hoop
Wag oomblikke in ons lewens (rye, verkeer, wagkamers, ens, teenoor tye van afwagting en verwagting (songsopkoms, wolke wat saampak, swanger vrou)
Storie van Ou Testament is ‘n storie van afwagting en verwagting. Gevul met slawerny, dood, donker en oorlog. Talle stories wat wys na ‘n plek  van verwagting van ‘n Redder of ‘n Messias wat moet ingryp.
Stories wat wys na ‘n belofte wat vervul gaan word, ‘n Redder wat oppad is en alles wat reggestel sou word.
574 verwysings na die verwagte Messias en Redder wat oppad is.
(Isa 7:14)  Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.

(Zec 9:9)  Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel—op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselin.

 (Isa 9:6)  (9:5) Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—

Num 23:19  God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie

Kersfees is oor meer as geskenke, familie en lekker eet. Dis die vervulling van ‘n belofte. ‘n antwoord op gebede.

Kersfees is Gid se Koningkryk wat op ‘n visuele, tasbare manier deurbreek na die aarde toe.

Dis ‘n God wat sê: Ek het nie van jou vergeet nie, jy kan op my reken.
Dis ‘n God wat sê: Moenie opgee nie, byt vas.
Dit is ‘n teken dat God ‘n waarmaker van Sy Woord is.
Kersfees is ‘n lig wat in ‘n donker wêreld aangesteek word.
Dis ‘n God wat sê: In my is elke belofte ja en amen

Kersfees is Hoop.

Rom 15:13 Oh! May the God of green hope fill you up with joy, fill you with peace, so that your believing lives, filled with the life-giving energy of the Holy Spirit, will brim over with hope!

Kers 2

Bethlehem: Huis van Brood
(Deut 8:3)  En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.

Kersfees is ‘n tyd van voorbereiding. ‘n Tyd waar jy jou hart voorberei vir dit wat Christus in jou en met jou wil doen. Ook ‘n tyd waar jy dalk die pad moet gaan voorberei in iemand anders se lewe om bewus te word daarvan dat God in hulle lewe betrokke is en wil wees.

2e Advent

Net soos wat die Jode in afwagtig was op die koms van die Messias, so is ons in afwagting vir Christus se wederkoms

(Joh 14:3)  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.









                                                           

No comments:

Post a Comment