Saturday, December 12, 2015

Advent - week 3

“The word ‘advent’ means expectation,” Giglio explains. “It is building into our framework of Christmas the confidence that God is going to come through for us.” – Louis Giglio

Wat beteken Advent vir my?

Kersfees ‘n tyd van hoop, ‘n Redder vir die mensdom. Hoe meer ek myself herinner aan dat ek ‘n Redder nodig het hoe meer vier ek Sy geboorte.
Kersfees ‘n tyd van vreugde, Christus wat mens word sodat ek en jy in oorwining kan leef op hierdie aarde. Dit help my om nader te kom aan die realiteit van Christus se geboorte.

Aansteek van die kers
Kers 1: Pers Kers van die profete en Hoop
Kers 2: Pers Kers van Bethlehem en Voorbereiding
Kers 3: Pienk Kers van die Herders(restorasie) en Vreugde (joy)
Kers 4: Pers Kers van die Engele en Liefde
Kers 5: Wit Kers van Christus en Reinheid

Luk 2:8-15 ANV  Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.  (9)  Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik.  (10)  Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is.  (11)  Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!  (12)  En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.”  (13)  Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê:  (14)  “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!”  (15)  Nadat die engele van hulle af weggegaan het na die hemel toe, sê die skaapwagters vir mekaar: “Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het.”

Herstel van vreugde

Nehemia 8
‘n profetiese prentjie van herstel, herstel van vreugde
Die vyand kom in en breek die mure af en dit steel van hulle
Mure – mure van ‘n stad was belangrik om die stad te beskerm teen die vyand, in ons persoonlike lewens beleef ons dat die vyand breek in, in ons stad en ons herbou nie weer daardie mure nie dan word dit leuens wat ons glo en waarmee ons saamstem met die vyand.
Hulle is depressief en platgeslaan
Nehemia begin om te bid en die koning vra vir hom wat is fout en die Here begin ‘n proses wat in 70 jaar nie kon gebeur het nie en in 52 dae bou hulle die mure
Hulle bou die mure en hulle is besig om die die tempel te herbou in hoofstuk 8 vind hulle die Bybel (Wet van Moses)
Kom die hele volk bymekaar staan hul op aandag (alles in Hebrews – lees die wette van oggend tot aand en dan hardloop die priesters rond en verduidelik dit vir die mense

Neh 8:9 ANV  (8:10) Nehemia die goewerneur, die skrifgeleerde priester Esra en die Leviete wat die gemeente onderrig het, het vir die hele gemeente gesê: “Hierdie dag word gewy aan die Here julle God. Moenie treurig wees nie, moenie huil nie.” Dit was omdat die hele gemeente gehuil het by die aanhoor van die wet.

Wat gebeur, ‘n oomblik van genade (ou testament praat baie van verlore kondisie), die woord word gelees mense sien God se standard hier en hulle lewenswyse hier en hulle het nooit geweet daar is ‘n verskil nie, dan begin hulle te huil.
Wat intressant is die priester hadloop ronde en dan sê hulle vir die ouers moenie huil nie.
Hierdie dag is heilig – ek het altyd gedink heilig en ween is in dieselfde kategorie, Dit is wat jy doen om heilig te word, jy vertel vir almal hoe sleg jy is hang jou skouers, sit ‘n ernstige gesig op, dit is heilig. Moenie die heilige dag opmors met geween en klagtes nie

1Pe 1:15-16 MSG  As obedient children, let yourselves be pulled into a way of life shaped by God's life, a life energetic and blazing with holiness.  (16)  God said, "I am holy; you be holy."

Neh 8:10 AMP  Then [Ezra] told them, Go your way, eat the fat, drink the sweet drink, and send portions to him for whom nothing is prepared; for this day is holy to our Lord. And be not grieved and depressed, for the joy of the Lord is your strength and stronghold.

Die woordjie “grieved” beteken om pyn te beleef – hy se stop om daardie pyn te beleef. Hoekom want die vreugde van die Here is jou sterkte. Ons gaan fees vier. Hier is my standard, hier is God se standard, ek moet my sondes bely ek is nie goed genoeg nie, Nee jy het nodig om my te aanbid, ek kan net ‘n liedjie sing of ek kan met vreugde aanbid. Dit is moeilik om Sy goedheid te besing as jy nie weet jy is aanvaar nie. Vreugde in die storie is ‘n keuse.

Neh 8:11-12 AMP  So the Levites quieted all the people, saying, Be still, for the day is holy. And do not be grieved and sad.  (12)  And all the people went their way to eat, drink, send portions, and make great rejoicing, for they had understood the words that were declared to them.

In die wêreld verbly(rejoice) ek my omdat ek blydskap(joy) beleef
In die koninkryk het ek blydskap (joy) omdat ons onself verbly (rejoice)

Php 4:4 ANV  Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
(cheerfulness)

Stop om seer en skuld te voel, kom ons hou partytjie.
Blydskap volg wanneer ek myself verbly in die Here. Vreugde is ‘n werk aan die binnekant van my en jou. Ons is mense van geloof om uitdrukking te gee aan geloof het ek nodig om myself te verbly (rejoice).
Die wolk van negatiwiteit en skuld en seer kan nie bly as ek myself verbly in die Here nie
Wanneer begin ek hier vreugde beleef ? Wanneer ek verstaan wat Hy sê, wanneer Hy met my begin werk dan is dit wanneer ek vreugde beleef, nie wanneer Hy klaar is met my nie, wanneer ek klaar is met die krisis of deur dit is nie maar wanneer Hy met my werk in dit.
Hier is Sy standaard, hier is my lewe…
Laat ek erenstig wees oor vreugde…rich in spirit, will lead to richness on te outside.


“I find joy in every day, not because life is good, but because God is good.”

Skrifte om te lees
Psalm 126:1-6
Zephaniah 3:14-20
Philippians 4:4-7

Bediening
Miskien op jy die plek van ‘n doodloopstraat, soos ‘n engel wat verskyn hier is goeie nuus vandag, Hy het jou verlos…verbly jou in Hom.

No comments:

Post a Comment